En jy kry hulle op die pad

18 03 2015

Die goue reël van die pad is “Hou links”.  Die reël se status kan dalk  verlaag word.  Ek meen, baie paaie het meer as een baan en dit is onmoontlik vir almal om links te hou.  Dit is ook heeltemal wettig om onder die regte omstandighede regs verby te steek.  Partykeer is dit net veiliger en logies om regs te hou.  Buitendien bestuur alle lande nie links nie, dus sal ‘n universele reël meer van toepassing wees.

Ek het ‘n voorstel.  Maak die goue reël van die pad “Moenie ‘n poephol wees nie.”  Die reël is goed genoeg vir daaglikse gebruik in enige omstandighede, maar ja, Rome is nie in eendag gebou nie.  Dit is seker maar in die mens se DNA om dan en wan ‘n poephol oomblik te hê.  Die ongeluk is dat party mense heeltemal misbruik daarvan maak.  Sommige kom net nooit uit hulle poephol oomblik uit nie.  Natuurlik voel hulle ‘n veer daaroor, ‘n poephol kan nie omgee hoe dit ander mense beinvloed nie.

Terug na die pad.  Gestel nou jy moet van ‘n dubbelbaan by ‘n stopstraat regsdraai.  Die enkelbaan waarin jy moet draai is vol.  Daar is basies twee keuses.  Opsie poephol:  Draai regs en sny sodoende die verkeer wat reguit kan aangaan af.   Dit is mos jou beurt om te ry.  Dit is nie baie hoflik nie.  Die ander opsie is om solank die mense wat kan ry, toe te laat om so te doen terwyl jy vir ‘n gaping wag.  Wat natuurlik deur die linksdraai-steler poepholle uitgebuit word tot die gevolg dat jy self lus is om ‘n poephol te word.

Dit bring my by die poepholle wat net nie hulle beurt kan afwag nie.  Hulle sal opsluit die noodbaan, sypadjie of teenoorgestelde baan gebruik om 100 m verder in te druk.  Natuurlik kan jy die poephol wees wat weier dat hulle indruk.  Nie dat hulle ‘n gatjie verdien nie, maar die kar aan die ander kant het niks verkeerds gedoen nie.  Hulle verdien nie om soos ‘n poephol behandel te word nie.  Wat van die poepholle wat van die vorige blok jaag om die verkeerslig op groen, oranje of selfs rooi te vang en daardeur almal wat regs wou draai afsny?  Of die poephol wat gesien het wat gebeur en dan opsluit wil storm wanneer die lig groen raak, ongeag die karre wat in die middel van die kruising hulle rybeurt afwag?  Ek praat nie hier van verkeersligte wat pyltjies het nie.

Parkeerareas floreer ook van poepholle.  Daar is mense; jammer, ek bedoel poepholle; wat doodeenvoudig sal weier om op ‘n besige Saterdagoggend iemand uit ‘n parkering uit te laat kom.  Wel, behalwe as hulle verseker is dat daar geen ander parkering is nie.  Of wat van die poepholle wat sommer iemand se parkering onder hulle neuse uitsteel (gewoonlik ‘n linksdraai-steler).  Ek meen regtig?  Gaan kul eerder op jou belastingvorms.

Watter poepholle identifiseer jy op die paaie?

Breinvasbrand:  Waar was die eerste gas verkeersligte gebruik in Desember 1868?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Ou Engelse Skaaphond.

 


Aksies

Information

20 responses

18 03 2015
Olga

Eerste.

18 03 2015
Olga

Ek moes nou eers gaan soek. Dit was voorheen “PADVARKE” maar natuurlik soweto en bosbokrand het daarvan uitgevind en nou is dit: http://www.roadhogs.co.za Hulle het ‘n shamewall. Mens moet eintlik ‘n saak van kwaadwillige pligs versaking teen die dept van vervoer maak. Waar is die spietkops? Hulle word nog salarisse betaal maar skitter in hulle afwesigheid. Het jy al gesien hoe doen die taxies en die busse, ook die donnerse erdwurm busse die afsny ding? Dit word heel blatant toegelaat en deur die anc regering aangemoedig, Daarom dat verkeerspolisiëring net betrekking het op witvroue met selfone teen die ore. Ek weet hulle kan nie by elke kruising wees nie. Maar hulle kan elke dag ‘n paar kruisings dek. Dit sal egter beteken dat hulle vroeg moet opstaan en werk.

21 03 2015
Xena Phoenix

Padvarke! Dit is die eintlike woord.

Ek hoor hulle wil die spietkops rekrute van ‘n 100 na ‘n 1000 verhoog. Hopelik is dit nie die self aangestelde spietkops wat almal ook poepholle is.

Het ‘n mens ‘n poephol nodig om ‘n poephol aan te vat?

18 03 2015
Olga

Seker in London. Gebeur alles behalwe elektriseteit en hartoorplanting nie daar nie?

21 03 2015
Xena Phoenix

En penisoorplantings. 🙂

18 03 2015
Spokie sny spoor

Hehehe! Ek like dit as jy soms sommige van ons se gedagte hard uitspreek met jou reguit woorde!

Ek dink Limpopo is siek-vol van al hierdie poe ….. (sorry, ek sukkel nog om te leer vloek). Vloek? Nooit – maar moord? Baie.
Hier strip die moere baie in die strate en die kakkerlakke is die hele dorp vol. Lisensie is bekombaar vir ‘n paar rand en die padreëls is voorwaar in hul moe… in!
Ek breek nie graag padreëls nie, maar as ek dit nie elke dag breek nie, was ek al lankal oorle’ Spokie.

21 03 2015
Xena Phoenix

Hey! Die meeste ander mense sou hulle ‘n 4 letter D woord noem. Of soos Olga sal sê – ‘n sool. Gaan vra haar maar hoekom. 😉

18 03 2015
rondomtaliedraai

hehehehe… ek moet seker erken ek sukkel soms om nie p****** te wees nie. Op my ouderdom word daar mos voorsiening vir pensionarisse gemaak?

21 03 2015
Xena Phoenix

Wat? Is jy ‘n linksteler? Of steel jy ander mense se parkering? Jaag jy aan die verkeerde kant van die pad? Dit is GROOT sonde! Steel eerder Nkandla onder Zuma se stert uit.

21 03 2015
rondomtaliedraai

hehehehehe… ek sal soms ingedagte en ry dan stadig in ‘n vinnige baan, maar op my ouderdom vergewe sekere mense my en ander ander vloek my, maar ek stu dapper voort

19 03 2015
scrapydotwo

Nee wat suster daar is geen salf aan te smeer nie. Ouderdom is geen verskoning nie(dis nou vir rondomdraai). Ek hou van jou poephol dit gee krag aan die gevoel.

21 03 2015
Xena Phoenix

Hoor hoor!!!!

21 03 2015
Xena Phoenix

Dit laat my dink toe ek ‘n “public speaker” kursus moes doen. Ek het iets effens sterk uitgedruk en die kursusleier vertel my toe dat die baas nie daarvan sou hou nie. Duidelik ken sy nie die baas nie. Hy sou iets aansienlik sterker en krasser gebruik het as ek.

22 03 2015
scrapydotwo

Ha ha lekker man

19 03 2015
Sparkle

Poepolle vir wie ek op die uitkyk is:
Afleweringsvoertuie en Sekuriteitsmaatskappy karre. Hulle ry somtyds meer varklik as die taxis.

As iemand wat daagliks op ‘n motorfiets ry probeer ek so hoflik as moontlik wees. As mense vir my plekmaak in drukverkeer om verby te kom loer ek sommer by hul vensters in om dankie te se.

Gelukkig is my uitlaatpyp BAIE hard en enige kar kan hoor ek is agter hulle. Om so kort paar toete te gee as jy sien iemand wil bane verwissel en hulle weet nie jy is agter hulle nie help ook baie.

Julle moet asb se wat pla julle van die baaaikers.

(Ek skree sommer vir ‘n ou hy’s ‘n poepol as hy onverantwoordelik ry)

21 03 2015
Xena Phoenix

As ek moet begin kla oor baaikers, gaan jy skuiling soek. 😉 Of jouself so wip dat ons jou nooit weer sal sien nie.

19 03 2015
Kameel

Ek kry nie die antwoord op jou verkeerslig nie. Tik robot… dan gee dit sommer die geskiedenis van “slawe” beddoelende robotmannetjies, dink ek.

21 03 2015
Xena Phoenix

Hie Hie Hie. Robot is Suid-Afrikaans. Probeer traffic lights.

19 03 2015
HesterLeyNel

Flikkerligte, of liewer, ‘n gebrek daaraan. BMW’s wat dink hulle kan vinniger as ek teen ‘n heuwel uitry (hulle kan nie). En daai rasende uitlaatpype – sorry Sparkle!

21 03 2015
Xena Phoenix

Oe! NOu begin jy ‘n ding. 😉

Die muskiet bestuurders. Hulle dink hulle karre is kaas en jaag altyd met ‘n groot gejubel verby op ‘n afdraande of ‘n gelyk pad. Helaas, wanneer die opdraande verskyn kan hulle nie die spoed handaf nie en sak hulle ver uit. Amper soos ‘n muskiet wat zoem in die donker. Sien hulle nooit as jy die lig aansit nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: