Toeka Tokkel: Seisoene

17 03 2015

Scrapy se uitdaging van die week is Seisoene.  Ek het nie eintlik veel te sê oor seisoene nie.  Ek meen:  dit kom, dit gaan en dit is die verloop van die lewe.  Ek is te vlak om dit dieper betekenis te gee en om eerlik te wees, soveel mense oor die eeue heen het dit soveel beter gedoen as wat ek ooit sal kan.

Ironies genoeg het iemand my nou die dag vertel dat Suid-Afrika nie seisoene het nie.  Bedoelende, daar is nie regtig ‘n spesifieke karakter wat elke seisoen vir ons inkleur nie.  Op die oomblik is dit Herfs – maar die meerderheid van bome is immergroen.  Ons sien selde massas bome wat in hulle herfskleure getooi is.  Die dae raak korter en skielik kom jy in die donker by die huis.  Dit is egter nie iets wat ‘n besoeker dadelik vertel dat dit Herfs is nie.    Bokant die Vaalrivier is ons somers sonnig, maar so ook ons lentes, herfse en selfs winter.  Die lug het net soms ‘n byt in en daar is tye wanneer ons meer reën verwag as ander tye.

Seisoene is egter nie net ‘n verwysing na ‘n sekere tyd van die jaar nie.  Daar is byvoorbeeld beslisde kommersiële seisoene.  Vroeg in Januarie is dit “Terug Skool Toe”, wat binne ‘n paar weke rooi geverf word vir die “Valentyns-seisoen”.  Nadat die sjokolade lus aangewakker is, is dit om dit behoorlik te voer met die “Paasseisoen.”  Dan kom die seisoene vir Moeders, Vaders, miskien jeugdiges en beslis vrouens onderskeidelik.  Lente word haastig in ‘n dag gedruk en dan is die Erfenis seisoen op ons voordat die Kers-seisoen die kroon oor alle seisoene span.  “It’s the season to be jolly . . . .”

Sport word ook gewoonlik in seisoene gespeel, al strek die rugby seisoen van Februarie tot einde Oktober.  Opvoerings word ook gewoonlik vir ‘n seisoen aangebied wat nie noodwendig met die natuurlike seisoene ooreenstem nie.  Vermaak (veral flieks) op televisie volg ook spesifieke seisoene.  So is daar ‘n Menseregteseisoen in Maart, Junie en September.  Die manlike seisoen is in Junie en die vroulike seisoen is in Mei.  Die riller seisoen is in Oktober en soms November.

Seisoene verwys na ‘n tydperk waarin jy sekere goed te wagte kan wees.  Al is Suid-Afrika nou nie ‘n poskaart advertensie vir die verskillende seisoene nie, is daar wel seisoene waarna ons kan op- / uitsien.

Wat is jou gunsteling seisoen?


Aksies

Information

8 responses

17 03 2015
HesterLeyNel

Daai warm een waar ek kaalvoet kan loop en so min as moontlik klere dra. Ek het seker nog so ‘n bietjie van die barbaar in my. Goed geskryf – daar is beslis meer “seisoene” as net dit wat verwys na die weer.

17 03 2015
Olga

As ek ‘n seisoen moet uitsonder is dit lente. Al die nuwe ontwakings in die natuur. Die weer is dan ook heerlik gematig. ‘n Seisoen waarin mens LEWE die beste kan waarneem. Herfs is so ‘n hartseer seisoen. Die vekleuring van die plante wat sê dis besig om te vrek. Beslis lente.

17 03 2015
rondomtaliedraai

Lekker gelees dankie

18 03 2015
scrapydotwo

Jy kan jou op jou skouer klop. Dis nou rerig n baie goeie seisoen beskrywing. Ek hou daarvan dat jy sport in seisoene opdeel en dan daardie begin van skoolloopbaan elke jaar wissel ook telkens mekaar af. Uitstekend geskryf. Baie dankie vir jou deelname. Ek waardeer dit baie

18 03 2015
Spokie sny spoor

Mmmm – en iemand het gesê: “Geen seisoen (goed of sleg) is verewig.” Hieroor was ek al baie dankbaar …

18 03 2015
Sparkle

Jy is aan die woel ne?🙂

Baie oulik geskryf Merrie

Herfs is my gunsteling seisoen. Hier by ons verkleur die wingerde mos in ‘n kaleidoskoop van geel, bruin en rooi. Dis ‘n romantiese gesig.

19 03 2015
19 03 2015
Kameel

Toe ek sien hierdie stuk val onder huiswerk, toe glimlag ek. Dan is ek nie so verkeerd om vir scrapydo te laat weet my “taak” is ingehanding nie🙂
Somer was altyd my gunsteling seisoen, toe kom bly ons in Pretoria en skroei byna dood. Nou hou ek van herfs…. die mooiste mooi wanneer die blare so lê. Dit is die tyd om Midlands toe te gaan….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: