Leen is iemand se naam

12 03 2015

Daar is ‘n gesegde dat ‘n man nie sy kar, sy geweer of sy vrou uitleen nie.  Ek is nogal geneig om daarmee saam te stem, hoewel ek die laasgenoemde eerder met man / vrou sal vervang.  Sodat dit op almal van toepassing is.  Wie het nou weer gesê ek is nie polities korrek nie?

Op skool was ons geleer dat Leen iemand se naam was.  Dit was nie net om ons te ontmoedig om onder mekaar goed te leen nie.  Die meer korrekte Afrikaans is om eerder iemand se pen / selfoon / wat ookal te gebruik.  Almal op skool het ook goed geweet wat pen / selfoon / wat ookal se naam en van is:  Gee dit terug en gou ook.

Dit is nou presies wat die probleem met leen is; almal vergeet gerieflik daarvan om die geleende voorwerp binne ‘n redelike tyd terug te besorg.  Oor die algemeen moet jy maar aanvaar as jy toestem tot die tydelike gebruik van jou eiendom deur iemand anders, dat die tydelike beslis met die ewige baan verwissel.  Tot jou nadeel.

Dit is eintlik heel eenvoudig:  moet nie goed uitleen waaraan jy verknog is nie.  Skryf dit summier af die oomblik wanneer dit onder jou oë uitbeweeg.  Of die beste raad ooit:  moet nie jou goed uitleen nie.  Jy sal natuurlik die duiwel se eie bloedbroer of suster wees, maar ten minste bly jou goed nog jou goed.

Een of ander tyd gaan ‘n mens tog swig en iemand iets leen.  Al weet jy voor jou siel dat jy dit nooit weer gaan sien.  Veral as ons hier van geld praat.  Daar is tog tye waar jy wil help (of verplig voel om te help) en dus dit nie eintlik terug verwag nie.  Partykeer kan jy op jou kop staan en Jan Pierewiet uit jou stert fluit, maar as die lener nie geld het om jou terug te betaal nie, het hy/sy nie geld nie.

Daar is egter goed wat nie so maklik is om te vang nie.  Hoekom aanvaar mense gewoonlik as jy hulle ‘n boek, DVD, CD of pen leen, dat dit nou aan hulle behoort om te maak soos hulle wil?  Ek wag gewoonlik tot die persoon my pen klaar gebruik het en vat dit terug.  Verder leen ek media (dus boeke, CD’s en DVD’s) net uit aan mense by wie se huis ek kan inbars om enige dag my goed terug te vat.

Hoe voel jy oor leen?  Watter reels pas jy toe as iemand jou goed leen?  Is jy ‘n goeie lener?

Breinvasbrand:  In Engels, wat is die verskil tussen “lend” en “borrow”?

Breinlosbrand:  Oscar Wilde


Aksies

Information

15 responses

12 03 2015
Olga

EErste!!

12 03 2015
Olga

Borrow:- Jy gebruik iets van iemand anders. Lend:- Iemand anders gebruik iets van jou.

12 03 2015
Olga

Met ‘n gelenery, suig altyd aan die agterste speen. In my vriendekring leen ek nie. Daarom leen hulle ook nie by my nie. Tog, as ek sien ‘n vriend het iets nodig, sal ek aanbied. Of eenvoudig opdaag en sê “Gebruik.”

13 03 2015
Xena Phoenix

Of sommer net: Dê! 😉

13 03 2015
scrapydotwo

Olga staan jy spesiaal vroeg op om eerste te kan wees. Ek kan jou net nie wen nie(grappie hoor) Met leenery kom baie kere kwaaivriendskap ook.

13 03 2015
Olga

😆 Vroeg opstaan is ‘n lelike vloekwoord vloekwoord Scraps.

13 03 2015
Xena Phoenix

Wat gewoonlik die versoeking van afskryf versterk.😉 Dalk moet ‘n mens net jou goed terug leen.

13 03 2015
scrapydotwo

Ha dan is dit sommer reeds opgebruik ook

13 03 2015
coetzee2014

Ek was al gereeld in die huis in die moeilikheid, oor die eienskap om mense te help en as ek dit wil gebruik, is dit elders. Ons soek nou juis na ´n boek van Landbouweekblad resepte, wat ons vir iemand geleen het en nie weet vir wie nie. Hoop ons spoor dit op. Dankie vir die blog.

13 03 2015
Xena Phoenix

Dit is wanneer ek rooi sien. Jy het met moeite, onkostes, moeite en ‘n groot skattejag iets aangeskaf. Jy kan dit nie op elke tweede straathoek kry nie. Almal weet dit is wonderlik en wil daaraan deel. Dan trek hulle dit deur of gee dit nooit terug nie. Dit is nie altyd so maklik om die goed weer te kry (as dit nog enigsins beskikbaar is nie).

13 03 2015
Sparkle

I borrow something that you lending to me.

Mens moet leen maar liewerste sien as weggee of vat, want dis wat dit is!

13 03 2015
Xena Phoenix

Dit is presies die rede hoekom ek my “waardevolle” goed net deur iemand gebruik kan word waar ek dit sonder skroom kan gaan uithaal.

13 03 2015
Spokie sny spoor

Ja (koppie-krap) dis nogal ‘n probleem. Ek is baie keer vir myself vies omdat ek so ‘maklik’ uitleen! My vriendin is ‘n baie goeie voorbeeld van iemand wat haar goed oppas. Sy sê reguit (voor die tyd) sy leen nie haar goed uit nie. Moet nie eens probeer by haar ‘n DVD of boek leen nie. So maklik soos dit …

13 03 2015
Xena Phoenix

Ek verstaan haar pyn.

14 03 2015
Klip

Ek laai ook nie daai bobbejaan op my skouer nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: