Jou meisie

11 03 2015

Beledigings is veronderstel om ‘n fyn kuns te wees.  Daar is mense wat dit vervolmaak om iemand hel toe te pos en hulle te laat uitsien na die reis.  Helaas, is dit ‘n kuns wat aan die uitsterf is.  Dit is so maklik om iemand deesdae te beledig, dat dit ‘n vermorsing is om dit netjies te verpak.  Selfs ‘n paar kras vloekwoorde is oorbodig.

Van al die goed wat Zuma vandag aangevang het, was hy onder meer in die moeilikheid omdat ‘n DA lid ‘n “Ntombazana” genoem het.  Dit is glo ‘n teken dat hy ‘n veer vir vroueregte voel.  Die punt is al lankal deur Zuma se ander uitlatings bewys.  Maar regtig?  Is daar regtig so groot storie dat hy ‘n vrou wat aansienlik jonger as hy is ‘n meisie genoem het?  As sy in die gesig gevroetel is daardeur, kon sy hom nie net ‘n ou man genoem het nie?

Goed en wel, as sy dit gedoen het, dan het ons vandag eers sports gehad.  Baleka Mbete het mos juis vandag verkondig dat Zuma en Buthelezi nie die ander lede se gelykes is nie.  Ek wonder of Buthelezi daarmee aanstoot geneem het?  Ek meen, wie wil nou op dieselfde vlak as Zuma wees?

Terug na wat nou regtig kwalifiseer as ‘n belediging.  In die Afrika kultuur is dit ‘n growwe belediging om ‘n (besnyde) man ‘n seun te noem.  Dit verlaag sy status summier.  Is daar regtig ‘n wesenlike status verskil tussen ‘n meisie en ‘n vrou?  Of selfs in die blanke kultuur tussen ‘n man en ‘n seun?  Ek meen, daar word tog dikwels na sport spanne verwys as die “boys”.  Dit is ook gewoonlik ‘n “girls night out” en nie ‘n “woman nights out” nie.  Glo my, geen minderjarige meisie is welkom op ‘n “girls night” nie.

Die erns of status van iemand is tog seker in hulle gedrag en / of woorde.  Wat maak dit tog saak wat ander hulle noem?

Of mis ek heeltemal die punt?  Dit is maar moeilik om my te kan beledig.  Wat dink julle?

Breinvasbrand:  Wie se gevleuelde woorde is dit?  “Some cause happiness wherever they go; others, whenever they go.”

Breinlosbrand:  Olga was reg met Barbara Hogan.

Advertisements

Aksies

Information

20 responses

11 03 2015
Olga

EERSTE!!!!!!!

11 03 2015
Olga

Ai tog. Eers mag jy nie die k woord, wat geslagte lank al tradisie is, gebruik nie. Net swart tradisies is toelaatbaar. Toe is die Hollanders (?) se woord vir meisie ‘n sonder. Kyk waar trek ons nou al. Kyk ou Zum zum het die verkeerde naam. Hulle moes hom “Die Hard” genoem het. Watter oortreding het hy nog nie begaan nie? Die arme Mbeki het nie eers 10% van die kak aangevang wat zum zum al begaan het nie, toe kry hy die trekpas. DIe NP was gelukkig sterker en magtiger as die Presidentjie wat hulle in beheer geplaas het. Wil al te veel lyk of ou Zuma die Anc se baas is.

12 03 2015
Xena Phoenix

Vet weet hoekom daardie man nog nie onder sy stert geskop is nie. En hoekom de duiwel bly stem die Massas hom in.

11 03 2015
scrapydotwo

Mmmm, klink of die komedie al vroliker gaan daar by julle.

12 03 2015
Spokie sny spoor

“Die hard?” Ditsem.

12 03 2015
Xena Phoenix

Wat word ‘n tragiese komedie nou weer genoem? Of is dit nou ‘n komiese tragedie? ‘n Riller?

13 03 2015
scrapydotwo

Hang seker af van watter kant jy dit bekyk of beleef

12 03 2015
Klip

Hier by ons is die neiging van sommige kollegas , om my BOETA te noem. . Ek weet nie waar dit vandaan kom nie , maar ek is niemand se boeta nie.( ek moet dit seker maar verdra, want ek noem almal wat ek tee kom …WHARRA) Want soos die duiwel dit wil he, trek een sy hol in n krul vir my en noem my op my naam( wat ek verkies) .Ek haat dit ook as iemand my op my van noem.

12 03 2015
Olga

Dis mos my broer Spokie. Wie ek nog nooit met ‘n oog gesien het nie.

12 03 2015
Xena Phoenix

LOL. Iemand het noudie dag gedink my naam is Ekspie. Baie van my kollegas noem my XP omdat ons gewoonlik aksie items met ons voorletters noem. Iemand het nie geweet waar kom dit vandaan nie en het sommer aangeneem dit is my naam.

12 03 2015
Spokie sny spoor

Jy en Olga kan my soms lekker laat smile…

12 03 2015
Spokie sny spoor

Ok , hoe lekker giggel ek nou … mag ons jou Klip noem?

12 03 2015
Klip

Natuurlik kan julle my maart Klip noem , dis n naam wat Xena my gegee het.

13 03 2015
Spokie sny spoor

O?! Jinne rerig? Wel – dit spreek baie.

12 03 2015
Xena Phoenix

En mens sukkel nie met ‘n herriemerrie nie. 😉

12 03 2015
rondomtaliedraai

Die komedie raak elke dag meer tragies

13 03 2015
Xena Phoenix

Dit is waarskynlik goedkoper om politici komediante te maak en professionele mense te kry om die land te bestuur.

13 03 2015
rondomtaliedraai

Net so!

12 03 2015
Sparkle

Nou die dag toe gesels ek met een van ons cleaners by die werk en ek maak ‘n “aaaaaggggggg” opmerking. Toe is dit net” haai wena! Ah ah!” Blykbaar is aaaaagggggggggggg in xhosa in vreeslike belediging\vloekwoord. Weet nie of dit waar is nie.

13 03 2015
Xena Phoenix

Goeie ouers. Een van die dae kan jy seker nie ‘n gewone gesprek met iemand voer tensy daar ‘n prokureur is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: