Lyding na Rand en Sent

10 03 2015

Aaron Motsoaledi het onlangs aangekondig dat Suid-Afrika ‘n mediese ombudsman gaan kry.  Die doel daarvan is om mediese hofsake te beperk waar dit moontlik is.  Daar was ‘n 573% toename in mediese litigasie eise.  Dit lei daartoe die dokters amper te bang om  aan ‘n skapel te raak.

Motsoaledi reken dat daar ‘n paar aasvoëls is wat die stelsel melk (nou natuurlik nie sy presiese woorde nie).  Daar is mense wat daarop uit is om mediese voorvalle te melk vir elke moontlike sent wat hulle kan kry.  Of hulle geregtig is op die sente is ‘n bysaak.  In die proses word nie net die slagoffers bevoordeel nie, maar elke professionele persoon wat hulle in die pad gehelp het.  Behalwe die arme oorwerkte dokters wat hulle lewe in die staatshospitale waag vir ‘n appel en ‘n ei.

Ek dink nie dat Motsoaledi ver van die pad af is nie.  Vandat die ANC elke tweede week hof toe gesleep word, is Suid-Afrikaners deesdae vinnig om hof toe te hol.  Eintlik moet ek nie politiek blameer nie, ons is mos besig om meer Amerikaans as ‘n Amerikaner te word.  Ek hoor gereeld advertensies van prokureurs wat hulle hulp aanbied aan diegene wat met ‘n mediese prosedure gely het. Dit het beslis ‘n winsgewende bedryf geword.

Aan die ander kant, maak (staats?) hospitale dit ook net so maklik.  Party mense het regtig rilverhale wat hulle in ‘n hospitaal oorgekom het.  Soos die 23 jarige vrou wat in vroeër vanjaar in Baberton geboorte geskenk het.  Die dokters het haar meegedeel dat sy besig is om ‘n miskraam te hê.  Die vrou is toe basies alleen gelos om vir 33 uur in kraam te wees.  Teen die tyd wat die baba tussen haar bene vir asem gehyg het, moes sy hom maar self uittrek.

Die personeel het toe die baba op ‘n bloeddruk monitor gesit en hom toegelaat om te sterf.  Die lykie is toe aan die ma terug besorg met ‘n voorstel dat sy hom in haar vrieskas moet bêre tot ‘n lykshuis hom kan kom haal.  Die ma het gevra dat die baba in die hospitaal lykshuis gebêre moet word.  Teen die tyd wat die begrafsnis ondernemer die baba kom haal het, moes daar eers gesoek word.  Hy is toe in ‘n stoorkamer gekry.

Met sulke stories, verbaas dit enige iemand dat eise aan die toeneem is?

Is die antwoord regtig ‘n ombudsman?  Daar is duidelik ‘n probleem in die hospitale.  As dit aangespreek word, behoort die eise mos ook af te neem.  Die ombudsman kan dan die koring van die kaf skei.  In die tussen tyd, sal hy / sy moet kop hou soos ‘n weeluis om te doen wat gedoen moet word.

Breinvasbrand:  Wie was Aaron Motsoaledi  se voorganger as Minister van Gesondheid?

Breinlosbrand:  Olga was reg met mini en hotpants

 


Aksies

Information

27 responses

10 03 2015
Olga

Eerste. Zuma se vorige vrou? Wat is haar naam nou weer?

10 03 2015
Olga

Jammer om jou bubble te bars Aaron Mosoaledi. Maar om georganiseerde werk in hospitale of enige ander instelling te maak werk, het jy wit opsigters nodig. ‘n Swart mens werk nie vir ‘n ander swart mens nie. Ek het ook gehoor van ‘n geval in Vereeniging waar die vrou hulle gesê het die baba is oppad, toe was sy vertel: “Gaan kak in die toilet, nie in my fokken ore nie.” Gevolg? Dooie baba wat tussen haar bene gehang het.

Nee, daar was iemand anders tussen Zuma se x en Motsualedi. Een wie nie suurlemoene en knoffel voorgeskryf het vir vigs nie. Was wit tannie. Nie Marcus nie, ek dink sy was Barbara Hogan.

11 03 2015
Xena Phoenix

Met sulke growwe nalatigheid, moet die skuldiges sommer van moord aangekla word.

11 03 2015
Olga

Hulle het gemoor. Die babatjie is dood.

11 03 2015
klippie

Ek dink die probleem le by die bestuur, veral van verpleegsters. Waar’s die dae toe almal vir die matrone bang was? Toe my kleindogter haar hospitaaljare gedoen het, het sy gereeld gekla dat die verpleegsters eerder le en slaap of sit en brei of tv kyk as om hulle opdragte uit te voer.

11 03 2015
Xena Phoenix

Is daar nog so iets soos ‘n matrone?

Daar is nog verpleegsters wat puik werk doen. Helaas word hulle verdring deur die gespuis.

11 03 2015
scrapydotwo

Toemaar hier gaan dit ook nie te rooskleurig nie. As staatspasient wag tot drie jaar vir n bed as jy n heupvervanging moet kry. Met kanker moet jy na ander spesiale hospitaal gaan wat enigste is om chemo te kan gee

11 03 2015
Xena Phoenix

Die koerante was nou die dag vol daarvan gewees dat iemand vertel was om in 2021 terug te kom vir ‘n heupvervanging.

Dit is amper asof daar 300 000 ander probleme aangespreek word. Die kern word blatant geignoreer.

11 03 2015
scrapydotwo

Netso!

12 03 2015
Olga

Nou sien ek waar ‘n vriendin aan haar 2023 wag vir ‘n heupvervanging kom.

12 03 2015
scrapydotwo

J jong. Klink my hul moet nog eers die staal ontgin en dan dit verwerk in n knie/heup en in tussentyd gaan jare verby.a

11 03 2015
Spokie sny spoor

Liewe hemel – die storie oor die baba is skokkend! En daar is seker baie ander ook. Dat die beheerstelsel oor mediese fondse en medici nie gesond is nie, stem ek saam.

11 03 2015
Xena Phoenix

Die ombudsman is seker nie ‘n slegte idee nie. Mediese fondse word alreeds streng gereguleer. Mammon is natuur ‘n ander vark.

11 03 2015
Olga

Kollega van my Nolie het Sondag Oupa geword. Die baba was/is in nood. (Bid asb vir haar, Claurissa) Die medies weier om meer as drie dae hospitalisasie te betaal of om die ambulans te betaal om die baba, op ‘n hartlong masjien is, na ‘n gespesialiseerde hospitaal te neem. Wat help dit mens het medies? As R14 000 op mediesefonds bydraers se rue gegroei het, sou hulle nie medies nodig gehad het nie. WEier om vir ambulans te betaal maar kan ‘n aidsgat se doeke betaal? HELLO? Hoe rym dit?

11 03 2015
Xena Phoenix

Screw if you do and screw if you don’t. Ek hoop hulle gaan nie die saak daar los nie. Ruik ek dalk Discovery?

11 03 2015
Olga

Spot on.

11 03 2015
Klip

Kry ek ook n oproep van n indian minor om n polis uit te neem om daai 300 tot 600% gap wat dokters en hospitale ekstra vra, wat mediese fondse nie dek nie , uit te neem. Nou spring almal op die trein om ons nog meer te laat betaal.

11 03 2015
Xena Phoenix

Dit maak my siek hoeveel ek elke maand aan In-geval betaal.

11 03 2015
Klip

My dokter se kleim van meer as R700 net vir n besoek en n katspeentjie te vries……..hy sien my more oggend ………….ek gaan sy speentjie afdraai, of die girl s’n by die rekening afdeling

11 03 2015
Olga

Gee hulle gas Klip.

11 03 2015
HesterLeyNel

Ek wonder nou – Is ‘n katspeentjie nou daai groeiseltjie wat my man ‘n muistepeltjie noem?

12 03 2015
Klip

Dink ek ook word dit genoem. Ek sien my dokter more ( moes vandag kanselleer) , maar se die dametjie, vir my toe ek vra…Het hy nie die goed uitgesny nie? Nou wag ek maar vir sy verduideliking .

11 03 2015
rondomtaliedraai

Daardie einster minister was eers my provinsie se minster van onderwys!

12 03 2015
Xena Phoenix

Wel, daar was beslis erger gesondheidsministers al in SA gewees.

12 03 2015
rondomtaliedraai

Ja ek stem maar min slegter onderwys manne

12 03 2015
Sparkle

Dis baie kommerwekkerd as jy luister wat in die staatshospitale aangaan. Verlede jaar se kant was daar mos tot mense in ‘n staatshospitaal wie nie kos gekry het nie, as ek reg onthou. Familielede moes vir hul kos bring?

Ek ken iemand wie se hand geamputeer moes word nadat hy in ‘n ongeluk was. Toe sit hulle die verkeerde hand af!

12 03 2015
Xena Phoenix

Ek kan net dink hoe moordagtig kwaad daardie person moes gewees het. Met goeie rede. Ek neem aan die eintlike hand is ook afgesit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: