Reik na die sterre

9 03 2015

Daar is vrouens wat hulle siele vir die regte paar skoene sal verkoop.  Ek?  Wel ek is ‘n meisie wat eerder agter die blink klippies aan is.  Ironies genoeg kan ek klere nog versaak om ‘n diamant halsnoer in die openbaar te verskyn.  Dit sal egter heeltemal onvanpas wees om sonder skoene te verskyn.

Hoekom sal g’n mens weet nie.  Dit is egter ‘n feit dat ‘n mens moet skoene dra.  Toegegee, die teer kan nogal seer brand in die somer en die klippies kan nogal geniepsig wees.  Yskoue tone is ook nie plesierig nie.  Skoene het dus hulle doel.  Veral as jy ‘n nuwe paar in die hande kan kry.

Ek beskou myself nie as ‘n veeleisende mens nie.  Al wat ek van die skoenrakke soek is ‘n netjiese stel sandale in die somer en ‘n goeie paar stewels in die winter.  As dit nie te veel te vra is nie, kan ek verkieslik iets geskik in swart en bruin kry?  Verkieslik in verskillende ontwerpe.  ‘n Paar informele skoene sal ook gaaf wees.  Dit is seker ook nie te veel gevra dat dit ‘n seisoen lank moet hou en netjies lyk nie?

My vereistes is nie verregaande nie.  Ek het nie ekstra lengte nodig nie en ek soek iets waarmee ek kan ronddraf as dit nodig is.  Ek is nie ‘n aanhanger van pyn nie en ek betaal beslis nie vir iets wat my pyn gaan besorg nie.  Ek gaan ook nie ‘n paar skoene net vir skou aantrek nie.

Ek dink my verwagtinge is redelik.  Helaas!  Om skoene te kry waarvan ek hou, is soos om wors in ‘n hondehok te soek.  Die logiese gevolgtrekking is dus dat ek vol strooi is.  Dit bring my by die tweede krisis.  Daar is nie skoene in my grote nie.  Deesdae is dit ‘n onbegonne taak om ‘n skoen groter as ‘n 6 te kry.  Alle vrouens dra mos ‘n nommer 4 of 5.  Of die groter skoene word eerste opgeraap.

Die winkels koop die groter skoen grotes nie aan nie of dit is die eerste grotes wat gekoop word.  Ek wonder egter of winkels regtig hulle mark goed navors.  Weet hulle wat die populasie se skoengrotes is?  Weet hulle wat die populasies se bragrotes is?  Weet hulle hoe lank die gemiddelde vrou is of waar haar borste sit?

As die inligting nie vrylik beskikbaar is nie, kan dit met ‘n eenvoudige steekproef bepaal word.  Dan sal daar skoene en klere wees wat pas.

Is ek die uilspieël of sukkel julle ook om skoene en klere te koop?

Breinvasbrand:  Watse kledingstuk word met Mary Quant geassosieer.

Breinlosbrand:  Olga was reg met 9 Augustus.


Aksies

Information

21 responses

10 03 2015
Toortsie

Ja, ek verkies ook ‘n gemaklike skoen. Eerder gemaklik as mooi. As dit mooi ook kan wees, is dit natuurlik ‘n bonus.
As jy ooit in Hermanus kom, daar is ‘n wonderlike skoenwinkel met GROOT voorraad, veral ook in die groot groottes.

10 03 2015
Xena Phoenix

Ek soek juis ‘n verskoning om Hermanus toe te gaan. Enige verskoning om daarheen te gaan, is ‘n goeie verskoning. Waarvan het ons weer gepraat? 😉

10 03 2015
Sparkle

Ek koop ‘n skoen ek dra hom klaar. Dan koop en die volgende skoen en dra hom ook klaar! Met al in made in China skoene is ‘n nommer 6 ook nie meer ‘n nommer 6 nie bygese.

Plums is vir my die gemaklikste skoene, en dit pas omtrend by alles.

Hier is ‘n dame by my werk wie 27 paar skoene het. Sjoe!

10 03 2015
Xena Phoenix

Dit is natuurlik die ideaal. In die somer is stewels te warm en in die winter is sandale weer te koud.

Ek sal eerder nie gaan tel hoeveel pare skoene ek het nie.

10 03 2015
Olga

It was an itzy bitzy yellow polka dot O, nee! Die mini. Ook destyds se hotpants. Wat later shorts en nog later net eenvoudig die kortbroek geword het. Ek weet daar was destyds, in my tienerjare ‘n grimering reeks ook wat haar naam gedra het.

Ai, jai, jai. Skoene! Vir my ‘n baie hartseer saak. Ek het ‘n vreeslike paar kleitrappers aan my. Dra ‘n allermintige no 8. Altyd eerste “uitverkoop.” Ek sê vandag vir julle, “uitverkoop” se MOER! Dis omdat Tembi en Thandi alle groot skoene gebêre het vir hulle familie en vriende by die huis. Mog die donnerse goed breek net hulle van die bus afklim in die stad. of uit daardie BMW of Merc. Of wat ookal. Solank myne nie breek nie.

Wat ‘n stryd. Nog al die jare. As Homer al hoor ek sê “skoene” dan sê hy al hy kan nie saam gaan nie.

10 03 2015
Xena Phoenix

Ek koop sommer mans tekkies en kry klaar. Ongelukkig kan ek nie net tekkies dra nie.

Ek wens ek kan iemand stuur om vir my skoene en sommer klere te gaan koop. Ek plaas die bestelling en die goed kom sommer so van self in my kas. Dit pas dan boonop ook.

10 03 2015
Klip

Onthou ek nou nog die bata tekkies , wat wit gemaak was met shoeshine. Dan het die oumense ook mos n gesegde gehad van tekkies laat jou voete stink en brasso laat jou ……………..iets in daai lyn..

10 03 2015
Xena Phoenix

Mans se tekkies kan behoorlik vrot. Vet weet hoekom?

10 03 2015
scrapydotwo

Ek koop ook liewers een paar skoene wat pas en gemaklik sit al kos hul duurder. Dra ook die skoene op voordat ek nuwes koop. Ek begin egter vroegtydig vir nuwes soek

10 03 2015
Xena Phoenix

Ek sal duur vir ‘n paar skoene betaal, mits hulle ‘n paar jaar lank sal hou. Duur ondervinding het my egter geleer dat duur skoene net so lank as goedkoop skoene hou.

10 03 2015
Klip

Crocs!!!!!!!!! met die gaaitjies waar jou ‘dignity’ kan uitloop.

10 03 2015
Klip

Vrouens met klein voetjies het n voordeel ……… hulle kan nader aan die opwasbak staan om skottelgoed te was

10 03 2015
Xena Phoenix

En swaarder kry met geboortes om hulle mans verder te plesier? 😉 Gelukkig kom gif in klein botteltjies.

10 03 2015
Klip

Het my een kollega n fantasie oor dames wat sulke deurskynende hoe hak skoene dra ( strippers), maar se hy, dit laat hulle voete vreeslik stink

10 03 2015
Spokie sny spoor

Mmmm – ek dink Nr 6 skoen is dalk mees gewildste. Ek sien dit nie rerig as ‘n ‘groot’ size nie. Ek sukkel net so, en is dit altyd uitverkoop. Stem, waarom kan hul nie meer nr. sesse aanhou nie.

Wel, ek het al gehoor van vrouens wat verslaaf is aan skoene koop. Dit bly in bokse en word opmekaar gestapel onder in die kas.

10 03 2015
Xena Phoenix

Weet jy, om groter skoene vol te staan is niks. Dalk nie gemaklik nie, maar doenbaar. Probeer egter jou voete in ‘n kleiner skoen kry? Tyd dat daardie idioom verander.

10 03 2015
HesterLeyNel

Ek dra net skoene wanneer dit regtig noodsaaklik is, maar ek volg die maklike uitweg – as ek iets kry wat gemaklik pas, koop ek meer as een paar. Skoene koop is regtig ‘n pyn … in die groottoon.

10 03 2015
Xena Phoenix

By my is die pyn aansienlik hoër.

11 03 2015
klippie

Skoene is ‘n teer onderwerp. Niemand in ons huis kan maklik skoene vind nie. My dogter dra ‘n 5 maar haar voete is te nou vir die skoene wat hier verkoop word.. Ek dink die Sjinese het almal baie bree voete. My kleindogter dra ‘n 9 en kan net skoene by WW kry want niemand anders hou dit aan nie. Ek self moet maar manstekkies dra. Maar my hart begeer ‘n paar pragtige fyn skoene. Blykbaar is groter skoene makliker op die platteland verkrygbaar. Ek wonder hoekom?

11 03 2015
Kameel

Ek voel soos jy oor klere en skoene koop. Wens iemand wil alles gaan koop en net in my klerekas kom neersit. Daar is geen plesier aan nie.

13 03 2015
Operasie Skoene Koop | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

[…] Xena skryf oor skoene en Scapydo oor operasie. . […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: