Wie verdien opleiding?

8 03 2015

Jaarliks word Internasionale Vrouedag op 8 Maart gevier.  ‘n Dag waarop vroue se ekonomiese, politiese en maatskaplike prestasies gevier moet word.  Natuurlik is dit ook ‘n dag waarop daar op vroueregte en opheffing van vroue oor die wêreld gefokus word.  Een van die doelwitte wat bo aan die agenda is, is die opleiding van vroue.

Ek, Xena N. Phoenix, is ‘n selferkende feminis, maar ek verpes die bewegings wat spesifiek op vroue opleiding gefokus is.  Ek kan nie sien wat geslag enigsins met opleiding te doen het nie.  Die dae wat mans voorkeur geniet het met verdure opleiding is dekades terug verby.  Ek het vandag iewers gesien dat wêreldwyd daar meer vroue as mans by tersiêre instellings studeer.  Dit is dus min of meer in verhouding met die aantal vroue wat die aarde bewandel.  Hoekom word daar dan alewig daarop gehammer dat meer gedoen moet word om vroue op te lei?

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is nie teen vroue opleiding nie.  Ek glo sterk daaraan dat vroue finansiël op hulle eie bene moet kan staan en nooit ten volle van ‘n man afhanklik moet wees nie.  Terselfde tyd glo ek nie aan huismans nie.  Mans het net soveel reg tot opleiding en ‘n beroep as Eva’s.  Netsoos ek nie glo dat ‘n man bo ‘n vrou bevoordeel moet word omdat hy ‘n man is nie, glo ek ook nie dat ‘n vrou bo ‘n man bevoordeel moet word net omdat sy sit as sy piepie nie.  Ek glo aan regverdigheid.

Baie mense glo dat opvoeding en opleiding ‘n reg is.  Ek stem saam, maar tot op watter vlak?  Ek dink die meeste mense sal toegee dat die reg tot een of ander beroepopleiding moet strek.  Dit is die ideaal.  Die realiteit is egter dat almal nie professionele beroepe kan volg nie.  Verder is daar dikwels net ‘n beperkte getal mense wat vir ‘n spesifieke kursus opgelei kan word.  Ek weet toe ek geswot het, het ons klasgeld omtrent ‘n derde van die koste van jou opleiding gedek.  Ek is nie seker wat die situasie vandag is nie, maar ek is seker dat klasgelde net gedeeltelik gedek word.

Dus:  as daar vir ‘n sekere kursus net ‘n beperkte aantal plekke het, vir wie moet die plekke toegeken word?  Veral waar dit vir ‘n baie gespesialiseerde beroep gebruik word.  Moet dit summier net vir vroue beskikbaar wees?  Dalk net vir mans, wat immers nie swanger kan word nie?  Dalk net vir die top presteerders of diegene wat die kursus kan betaal?

Moet dit nie diegene wees wat die meeste gaan terug ploeg nadat hulle gekwalifiseerd is nie?  Soveel as wat opvoeding ‘n reg is, is dit regverdig om ‘n beperkte plek op te eis, as jy geen planne het om die beroep te volg nie?  Dit is goed en wel om ‘n veiligheidsnet te soek, maar moet die net met status gepaard gaan?  Daar is tog soveel kursusse wat altyd plek vir nog een het, moet dit juis iets wees waarvan daar ‘n tekort is en daar net ‘n beperkte hoeveelheid opleidingsmoontlikhede is?

As jy beplan is om gholf vir ‘n lewe te speel, is dit regverdig teenoor die gemeenskap om medies te gaan swot?  Net sodat jy jou gholfstokke as ‘n dokter kan gaan swaai?  Terwyl daar dalk iemand ander is wat uitgeskop word, maar wat bereid is om mense se pyn en ellende daagliks te gaan aandurf?  Dit is maar net een voorbeeld.

Wat dink julle?

Breinvasbrand:  Wanneer word Vrouedag in Suid-Afrika gevier?

Breinlosbrand:  Kameel was reg met 1945


Aksies

Information

17 responses

8 03 2015
Olga

Eerste.

8 03 2015
Olga

as daar nie ‘n verskil is tussen vrouedag en nationale vrouedag nie, dan is dit 9 Aug. So nie, sal ek aanneem dis ook 7 Maart. Met opleiding, meen jy seker tersiere opleiding. Ek dink hoe gouer mense, die swart jeug besef dat tersiere opleiding ‘n luukse is, nie ‘n basiese mensereg nie, hoe gouer kan universiteite op opleiding fokus. As daar net ‘n beperkte aantal plekke is, dink ek dit mag dalk regverdig wees om diegene wie kan betaal te vat. Dan weer mag daar iemand met potentiaal wees, wie nie varsity sien as ‘n gholf / rugby / tennis arena nie, wie dit nie kan bekostig nie, tog reg aan sal doen. Dis ‘n moeilike vraag. Ek is bly ek hoef nie die almag te speel en kwota eerste te stel nie. Mag sulke bliksems oes wat hulle saai.

8 03 2015
Xena Phoenix

Kom ek gee ‘n praktiese voorbeeld😉

Daar word jaarliks 30 (as ek reg kan onthou, die beginsel bly wel dieselfde) studente in Suiderlike Afrika gekies om veearts en nykunde te swot. Daar is Sarel wat 80 % vir Wiskunde, 90 % vir Skeinat en 75% vir Biologie gekry het. Helena het 99% vir Wiskunde, 93 % vir Skeinat en 100% vir Biologie. Helena word gekies om ‘n veearts te word.

Sarel gaan swot iets anders. Hy prober ‘n paar kere, maar kry nooit toelating nie. Hy sou ‘n praktyk in Vergetendaal begin het en die enigste veearts in ‘n 100 km radius gewees het. Hy sou dag en nag gewerk het om almal te help.

10 jaar later werk Helena vir ‘n stadspraktyk saam met 13 ander veeartse. Sy werk net twee middae ‘n week, maar dit bring vir haar genoeg inkomste om ‘n splinternuwe Merc te ry en om ‘n meenthuis te koop. Verder spandeer sy al haar tyd in ‘n gym.

Wie sou die beste opbrengs vir die opleidingbelegging gewees het?

9 03 2015
Sparkle

Dis presies wat my ook boosaardig maak. En dan praat ons nie eers daarvan dan sommige studente 90 % moet he om te kwalifeer om te studeer, teenoor ander se 70 % nie.

9 03 2015
Xena Phoenix

Persoonlike ondervinding?

Dit is egter waar wat jy sê. Hoër punte is nie altyd ‘n deurslaggewende factor by keuring nie. Dan praat ons nie eers spesifiek hier van ras nie.

8 03 2015
Xena Phoenix

In SA word mense gekeur op grond van ras en punte (as jy die verkeerde ras is). Toegegee, daar is geen goeie manier om te bepaal wat iemand gaan doen as hulle gekwalifiseer is nie. Mense se beroepe verander ook oor tyd.

8 03 2015
Olga

Sowaar. Ek onthou die enigste keer dat die staats veearts ons diere kom spuit het vir hondsdolheid op die bosbou-reserwe waar ons gewoon het. Die bliksem was te bang om naby die hond te kom. Te bang sy swart handjie word vuil as hy ‘n vou hondepels gaan saamvat om die inspuiting makliker te maak.

9 03 2015
scrapydotwo

Dis n tamaletjie.Sekere punte werk as dit toegepas kan word maar ongelukkig werk dit nie so in werklike lewe nie.Ongelykheid sal daar maar altyd wees. Waar trek mens die streep. Dis ook maar menslike keuses.

9 03 2015
Xena Phoenix

Daar is seker nie ‘n perfekte model nie. Veral omdat niemand al ooit probeer het om ‘n perfekte model te ontwikkel nie. Ek haat Kannie.

9 03 2015
Spokie sny spoor

Ja (sug) wat sal ek sê. Het so met manlief oor die naweek baklei en sy finansies-bestuur. (Dankie tog – eks heel onafhanklik as vrou en kan my eie finansies swaai.) Dis wat ek alle vroue aanbeveel!

9 03 2015
Xena Phoenix

Ek stem 100 % saam met jou – onafhanklikheid is koningin. 😉 Oor die algemeen dink ek nie vroue het spesiale behandeling nodig nie. Hulle kan op eie stoom hulle man (vrou?) staan.

9 03 2015
rondomtaliedraai

Ek hou van mense wat goed is in hulle werk ongeag hulle geslag maar ek erken dat sekere goed beter by mans pas en ander by vrouens. Ek stem ook vir onafhanklikheid van beide geslagte.

10 03 2015
Xena Phoenix

Ek is nie mal oor die idee dat sekere beroepe vir mans is en ander vir vrouens nie. 😉 Dan moet ek erken dat ek in ‘n beroep is wat deur vrouens gedomineer word. Daar is niks wat ‘n man verhoed om die beroep te volg nie, maar hulle verkies eerder om iets anders te doen.

Ek dink as die vooraf bepaalde idees wegval, gaan daar natuurlike geslag en selfs ras verdelings wees. Daar sal die uitsonderings wees, maar die uitsonderings is gewoonlik beter as die reel.

10 03 2015
rondomtaliedraai

Ja ek voel net dat vroue nie gemaak is vir werke soos dokwerker of werke waar daar die fisiese sterkte van ‘n man voor nodig is. Dan sal ek sukkel om ‘n manlik vroedvrou te kan vertrou Ja, ja ek weet dat mans alles kan doen maar ek sal verkies dat ‘n vrou die babatjie vang as ons nie naby die hospitaal … ooooo ek praat nou baie twak… ek wil nie babtjies vang of ‘n dokwerker word nie – ook nie ‘n ruimtereisiger want ek wilsit as ek piepie

10 03 2015
Xena Phoenix

Jy raak nou ‘n baie interessante punt aan. Mans wat nie vroedvroue moet wees nie. Ek dink dieselfde argument kan gegee word oor ginekoloë? Terselfde tyd weet ek daar is vroue wat verkies as iemand daar onder moet krap, moet dit eerder maar ‘n man wees.

Ek sien nie ‘n man wat vir jong kinders skoolgee nie. Ek weet ook nie hoekom enige vrou ‘n loodgieter wil wees nie.

10 03 2015
rondomtaliedraai

Ek stem maar mans kan jongkinders leer … hulle word nie beperk nie maar kies dit en daar is vroulike loodgieter en ingeneurs van enige aard.

hehehe ek verkies weer ‘n vrou as ginekoloog en dr. Sy ken vroulike pyne en mans kry mos nie gloede nie hoe sal hy nou empatie kan hê

10 03 2015
Xena Phoenix

Ek het doodseker gemaak dat my kat se veearts vroulik is. Eerstens is ‘n vrou se hand kleiner en tweedens is dit asof vroue makliker vertroue by diere wen.

Ek moet erken dat ek bietjie skepties is oor ‘n vroue motorwerktuigkundige. Nie omdat ek dink sy nie ‘n kar sal kan reg maak nie. Sy sal net aan my moet bewys dat alles vas genoeg is dat ek nie gaan verongeluk nie. Mans kan goed net stywer vasdraai.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: