Toeka Tokkel: Operasie Herriemerrie

6 03 2015

Scrapy wil die week van operasies weet.  Maklik.  Ek het een operasie in my lewe gehad.  Ek was die oggend ingeboek en die middag ontslaan, minus my verstandtande.  Ek het die narkose vining afgeskud en was amper dood van die honger.  Ons was al amper by die huis voordat ek vaste kos kon sluk.

Ek is nog verveliger as my een operasie.  Ten minste was daar darem met die operasie bloed betrokke gewees en het daar bene gespat.  Dit is al amper genoeg rede tot ‘n fliek.  Met die nodige onderskrifte en regtige lang intense tonele kan dit selfs ‘n kunsfliek wees.  Een wat niemand sal kan deursit nie, maar wat die kritici sal ophemel uit vrees dat hulle dit sal moet kyk.

Ek het nou heeltemal afgedwaal.  Ek het besluit dat vandag Operasie HerrieMerrie is.  As daar enige vrae is wat julle my wil vra, is dit nou julle kans.

 


Aksies

Information

11 responses

6 03 2015
scrapydotwo

Lekker man. Kort en kragtig! Watter kleur is jou hare? Hoe is dit gesny? Kort of lank? Hoeveel vrae mag ek vra?

6 03 2015
Xena Phoenix

Brunet – bruin en met ‘n bietjie verbeelding kan jy ‘n skynsel koper sien. In lae gesny en omtrent skouer lengte. Die lengte wissel op en af deur die jaar, maar dit is altyd lank genoeg om vasgemaak te word.

Dit is jou een kans, gaan vir goud.

6 03 2015
scrapydotwo

He he, het half so gedink dis lae gesny. Net gedog jy het dalk n streep blou of groen ingesit. Ek het sommer net lus gevoel om te weet!

6 03 2015
Xena Phoenix

Ongelukkig moet ek ernstig lyk vir werk.

6 03 2015
scrapydotwo

I see! Eerste indruk is belangrik.

6 03 2015
Spokie sny spoor

Aitsa! Wat ‘n operasie. Oulik geskryf!

6 03 2015
HesterLeyNel

😀

6 03 2015
rondomtaliedraai

Toemaar dit sal nog kom …

6 03 2015
Olga

Daar was bloed betrokke. Jy weet mos, bloed en?of sex is genoeg rede om enige fliek ‘n lokket treffer te maak. 😛

8 03 2015
Sparkle

Ja nee kyk as hierdie kunsfliek nou uit die verstandtand se oogpunt vertel word…..😉

12 03 2015

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: