Toeka Tokkel: Geluk by die ongeluk

5 03 2015

Scrapy se voorwerp van die week is Geluk/Ongeluk.  Nou nie juis die maklikste iets om in ‘n inskrywing te beitel nie, maar nou ja, my bang hare het al lankal uitgeval.

Hande op wie nog nooit antibiotika nodig gehad het nie?  Wel, nodig is ‘n heel ander storie.  Wie het nog nooit antibiotika gebruik nie?  Seker net die ongekontaktes.  Die meeste ander sterflinge het waarskynlik deur verskeie kursusse gedraf voor hulle vyfde verjaarsdag.  Skree asseblief as ek ‘n growwe veralgemening maak.

Interessant genoeg was daar ‘n 100 jaar gelede nie iets soos antibiotika gewees nie.  Goed, die mense het darem oorleef om hulle kleinkinders te sien, maar die lewensverwagting was aansienlik laer as wat tans die geval in die meeste ontwikkelde lande is.  Alexander Flemming word as die ontdekker van Penicillin beskou.  ‘n Ontdekking wat aan ‘n ongeluk te danke was.

Op 28 September 1928 het Flemming sy Petri plate met Stapphylcoccus nagegaan.  Hy het een ontdek wat oop gelaat is en was op die punt om dit weg te gooi, toe hy die kringetjies (halo) om sy baterieë opmerk.  Hy het besef dat die die muf wat sy plaat gekontamineer het, die bakterieë op een of ander manier dood maak.  Een ding het na ‘n ander gelei, maar op die ou einde het hy Penicilin uit die Penicillium notatum geïsoleer en gebruik om bakteriese infeksies te beheer.

Alles te danke aan ‘n ongeluk, wat tot die die ontdekking van antibiotika gelei het.  ‘n Groot geluk in die mediese wêreld.

Is ons nie te geneig om iets wat geflop het, af te skryf en so gou as moontlik te vergeet nie.  Ons is dikwels so besig om onsself te verontskuldig, dat die geluk by die ongeluk heeltemal misgekyk word.  Die ontdekking van Penicilin is maar een voorbeeld.  Daar was egter baie ander wetenskaplike ontdekkings wat uit ongelukke ontstaan het.

‘n Ongeluk is nie (altyd) ‘n mislukking nie.  Dikwels is daar iets om te leer, iets wat die wêreld kan verander.  Mits dit net van nader beskou word.

Wetenskap is maar net een veld.  Waar het jy al ‘n geluk in die ongeluk gehad?

Breinvasbrand:  Wanneer is Flemming met die Nobel prys vir Medisyne vereer vir die ontdekking van antibiotika?

Breinlosbrand:  Tembinkosi Bonakele

 

 


Aksies

Information

14 responses

5 03 2015
scrapydotwo

Dankie vir jou geluk by die ongeluk! Ek sit juis hier en wag of daar nie iemand is wat die pen/skootrekenaar/foon gaan opneem met n bydrae. Dis regtig waar van ongelukke wat op gelukke uitloop. Goeie voorbeeld. Nog n keer dankie vir deelname

5 03 2015
Xena Phoenix

Hopeloos te veel moeite om iets op ‘n foon te tik. Buitendien annekseer die heks mos my foon.

5 03 2015
Klip

HIV/Vigs werk te stadig…………Mediese wetenskap verleng n pasient se lewe, net om n las vir die staat te wees, dink ek………….(praat ek nou van iets waarvan ek niks weet nie)
n Dokter skryf in elkgeval antibiotika voor al is dit n virale infeksie.

5 03 2015
Xena Phoenix

Baie goeie punt wat jy hier aanraak. Dokters wat antibiotika vir elke bakatel voorskryf veroorsaak dat antibiotika meer oneffektief raak. Vandaar die ontstaan van die superbug.

Tyd vir ‘n nuwe ongeluk om mediese wonderwerke te verrig.

5 03 2015
Olga

Sommer vir verkoue ook. Weet jy, op ‘n stadium het ek meer betaal aan mediesefonds bydrae vir my pakkie hipertensie pilletjies was wat die goed gekos het. Maar die spesifieke man, het maand vir maand by die dokter se spreekkamer met ‘n sak pille, onder andere vitamines en weggooibare doeke vir volwassenes, sonder dat hy een donnerse sent bebetaling op sy mediesefonds, dieselfde as myne, gehad het. Viva fokken aids!

5 03 2015
Xena Phoenix

VIGS is die enigste siekte wat polities beskerm is en nie hand en tand beveg is nie. Kom daarvan.

Een ongeluk waar daar geen geluk is nie.

5 03 2015
5 03 2015
Sparkle

Ek mag verkeerd wees maar ek dink fudge het ook as ‘n toffie flop in Amerika ontstaan. Gaan verseker nie daaroor klaar nie!

5 03 2015
Xena Phoenix

Sien? Goeie dinge kom van flops. 😉 Nou is ek lus vir Fudge.

5 03 2015
Kameel

Volgens ek verstaan het Alexander Fleming, Ernst Boris Chain en Howard Florey die Nobelprys in 1945 gedeel.

5 03 2015
Xena Phoenix

Jy is heeltemal reg.

Flemming het die kolletjies verbind, maar Chain en Florey het die eintlike medisyne gemaak. Sonder Flemming se bydra sou hulle nie iets gehad het om medisyne van te maak nie.

5 03 2015
Spokie sny spoor

Mmmm , die ander ongeluk nou is, ek hoor dat antibiotika baie sleg vir mens is. Vermy waar jy kan?
Oulik geskryf.

5 03 2015
Xena Phoenix

Of kies jou dood. 😉

5 03 2015
rondomtaliedraai

Daar is maar dr’s wat dit misbruik

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: