En een vir die pad

4 03 2015

Almal weet dat ‘n bakkers dosyn 13 eenhede is.  Of anders gestel:  Koop 12 brode en kry een verniet.  Die gebruik kom basies van ‘n tyd wat ‘n bakker erg verkwalik was as hy met sy brode verneuk het.  Brode was mense se hoof voedselbron en dit was nie aanvaarbaar om die brood uit iemand se mond te neem nie.  In Egipte sou ‘n ‘skelm’ bakker se oor aan sy bakkery vasgekap geword het en in Babilon sou hulle sommer die bakker se hand af kap.  In die dertiende eeu kon ‘n Engelse bakker ‘n stewige boete kry en op plekke ook sy hand verloor het.

Terwyl ‘n mens kan verstaan hoekom die gemeenskap so streng op hulle brood was, moet ons ook simpatie met die bakkers hê.  ‘n Handvol meel is beslis nie so akkuraat soos ‘n koppie meel nie.  Al het hulle die beste bedoelinge op aarde, kon die brood met tye te kort skiet.  Die bakkers moes hulle self op een of ander manier beskerm het.

Vandaar die Bakkers Dosyn.  Hulle het ‘n ekstra item aan die koper besorg (wat 12 gekoop het) om te verseker dat hulle nie te kort skiet nie.

Vandag is ons in die situasie waarin die koste van ‘n item nie net meer raak nie, maar die hoeveelheid ook dikwels verminder.  Die kwaliteit word ook dikwels aangepas.  Nie noodwendig altyd ‘n beter kwaliteit of selfs ‘n gesonder kwaliteit nie.  Natuurlik het jy as ‘n verbruiker ‘n keuse:  Vat dit of los dit.  As genoeg mense saam met jou los, sal die nodige veranderinge vinnig genoeg omgeswaai word.  Gaan vra maar vir Coke.  Hoewel, die meeste verskaffers doen dit stilletjies en hoop niemand kom dit agter nie.  Die hoop word selde beskaam.

Ek koop gewoonlik nie ‘n dosyn brood op ‘n slag nie, maar ek het nog nooit ‘n ekstra rolletjie by my dosyn rolletjies gekry nie.  Ek kan nie met sekerheid sê of dit ooit ‘n gebruik in Suid-Afrika was nie.  Ek het wel al op televisie gesien dat ‘n kind ‘n lekkertjie kry as hulle saam met hulle ma gaan inkopies doen het.  Of ‘n stukkie droë wors as hulle saam slaghuis toe gaan.  Dit is nie iets wat ‘n mens sommer in ‘n kettinggroep sien nie.

Aan die ander kant, mens kry tog soms nog ietsie ekstra.  Ek het al gratis items by my gunsteling restaurant gekry.  Gewoonlik wanneer ‘n nuwe Woolworths tak oopmaak, deel hulle gratis muffins of iets uit (jy gaan die res van hulle bestaan daarvoor terug betaal).  Baie kere het winkels ook ‘n kry een gratis promosie.

Almal hou van daardie ietsie verniet.  Kan daardie ietsie te groot of te veel raak?  Soos ‘n oorsese reis as jy X aantal van ‘n mediese produk koop?  Is dit skelm of net goeie bemarking?  Daardie ietsies of IETSE se kostes moet tog van iewers verhaal word.

Breinvasbrand:  Wie is die Kompetisie Kommissaris van Suid-Afrika?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Brümilda van Rensburg.

 


Aksies

Information

26 responses

4 03 2015
Olga

EERSTE!

4 03 2015
Olga

ker die een of ander vaseline koppie.

4 03 2015
scrapydotwo

Hier kry jy koop een en betaal halfprys vir tweede een. Dit trek nogal mens se aandag. Die lekkertjie of stukkie wors was nog in my kindejare die in ding! Dis is ook soos jy se, kettingwinkels doen nie sulke toegewings nie.

4 03 2015
Xena Phoenix

Die meeste laat jou darem op ‘n Saterdagoggend die wors proe. Ek sien ook deesdae dat hulle vrugte soos waatlemoen beskikbaar het sodat jy kan proe dit is nie suur nie. Nie dat dit dieselfde ding is nie.

Kettingwinkels het omtrent al wat ‘n onafhanklike winkel (soos kafee, slaghuis, groentewinkel, apteek) oor gevat. Daarmee saam is persoonlike aandag ook van die baan.

4 03 2015
Olga

Tembinkosi Bonakele

En hy het beslis ‘n vaseline kop. Ek het al dikwels in groot maat brood gekoop. Dikwels tot ses dosyn op ‘n dag en glo my, ek het nog nooi een ekstra gekry nie. Ek weet nie of jy al Clicks se “But two and get a third free” gesien het nie. JYsal Dinsdag by Clicks iets koop se vir R39,99. Saterdag kom jy daar en daardie selfde ding is skielik nou R54,99 en op ‘n “buy two….” promosie. Ek het al dikwels iets in die winkel gesien met die normale prys van R49, 00. Dan kom dit op “special” vir R59, 99 dan koop Suid Afrika asof dit van die mark af gaan. Ek sal die mens se mentaliteit nooit verstaan nie.

4 03 2015
Xena Phoenix

Ek het dit beslis al by Clicks opgetel. Hulle koop twee produkte is gewoonlik heelwat duurder as die normale prys. Ek oefen dan maar my brein en werk uit of ek regtig ‘n winskoop kry of nie. Dit is nou die dag as ek wel in ‘n Clicks is.

4 03 2015
Olga

So het Spar ‘n rukkie gelede ‘n “koop twee” special gehad wat ek gemis het. Cheasnaks was koop twee vir R20. Maar die kaart het afgeval en al wat die Olga gesien het, was die R8,99. Toevallig twee geneem. Kyk, ek staan by en ek kyk as my goed opgelui word. Ek sien dit skandeer vir R8,99 en toe skielik wys dit R20. Ek vra wat gaan aan en die Siesie raak opsternaat met my. Sê ek het dit gevat. Dis die prys. Kry later die bestuurder. Dieselfde. Maar wie ken dan nou nie vir Olga nie? Links van die regering en wes van die maan. Het hom later omtrent aan sy oor beet en sleep hom na my gunsteling rak. aar gekom, pryk net die R8, 99 prys teen die rak. Wee jy! Kos my toe twee keer betaal. Eers vir die een pakkie saam met my ander goed. Toe die tweede pakkie apart. Tjk. Suid Afrikaners en hulle mentalilteit.

4 03 2015
Xena Phoenix

Ek het al ‘n fles Jacobs gekoop, teen R20 minder as die gewone prys en dan ‘n pakkie koekies saamgekry. Checkers is nogal lief vir die tipe promosies. Mens moet maar net jou sommetjies maak en seker maak jy val nie vir stront nie.

Begroot om duur / luukse goed in die middel van die maand te koop. Dit is dan wanneer die prys soos klippe val. Wanneer hulle weet niemand het geld om te koop nie.

4 03 2015
Olga

Toe Brian nog gelewe het, het elke kind van ons dorpie altyd vir oom Brian gaan hello sê. Al was dit ‘n ketting winkel, het hy altyd ‘n paar centimeters droeëwors gehad om aan ‘n kind af te staan. Hy wou egter nooit glo dat ek steeds my ma se kind is nie.

4 03 2015
klippie

Toe ek ‘n kind was, het ons nie supermarkte gehad nie. My ma het ‘n lysie by mnr Yudelman ingegee en later die dag was al die items in ‘n boks verpak. Bo-op was ‘n kardoesie lekkers. ‘n Pasella vir die kinders.

4 03 2015
Xena Phoenix

Nou dit is mos diens. Het mnr Yudelman afgelewer ook? Ek sou wragtig elke dag iets gekoop het vir die kardoesie lekkers.

6 03 2015
klippie

Dis seker waar my soettand vandaan gekom het

4 03 2015
Sonlig

Al wat ek weet is dat mens moet oppas vir die groot ketting groentewinkels wat so graag 3 van alles vir R10 verkoop. Jy DINK jy score , maar as jy nie al 3 daardie pakkies of items DIESELFDE dag nog kan gebruik nie – hou verby. Gewaarborg is daardie groente of vrugte stokoud en binne 48 vol muf. Ons het die winkelreeks lankal herdoop na “Vrot en Voos”.

4 03 2015
Xena Phoenix

Ek koop baie by Vrot en Voos. Ek doen nogal behoorlike inspeksie van alles wat ek koop sodat dit darem ‘n week kan uitstaan. Ek het redelike sukses daarmee.

Ek het wel eendag by hulle ‘n tert gekoop wat teen die aand ‘n mufkol gehad het. Ek het hulle tert vir hulle terug geneem en hulle het dadelik my geld teruggegee. Hulle het ook vir my nog ‘n tert ook gegee as ‘n verskoning. Daardie tert het ‘n week lank in die yskas gehou sonder probleme.

4 03 2015
Olga

As ek reg raai met vrot en voos, koop ek dikwels daar wanneer ek in GP kuier. Tog kan ek julle verseker Nelspruit se tak doen Sonlig se naam eer aan. As hulle enigsins daardie specials het.

4 03 2015
Sonlig

Ons het wel al van ‘n aanbod gebruik gemaak van ‘n bootreis waar kinders onder 18 gratis saam met hulle ouers gaan. Hulle deel nou wel jou kamer maar dit was nie vir ons ‘n probleem nie – dit was ‘n heerlike paar dae wat ons gevoel het ons kry teen “halfprys”. My kinders het weggelê aan die lekker kos op die boot en as mens in ag neem dat ons niks vir hulle betaal het nie, was dit ‘n uistekende pasella!

4 03 2015
Xena Phoenix

😉 Kinders kan ook die kabelkaartjie by Tafelberg gratis ry, mits daar een betalende ouer by is. Toegegee, dit kos ‘n fortuin, so hoekom nie? Niemand word daardeur benadeel nie.

4 03 2015
Sparkle

Ek het die bakker geskiedenis geniet dankie!

Ek sien nou julle praat so van Clicks, ek vind dat hulle oor die algemeen ietwat duurder as ander winkels is. Het geleer om maar by die inkopie lysie te hou en as daar ‘n spesial is wat ek in elk geval moet koop – bonus!

By die kwekery naby my kry die kaart lede darm almal elke maand ‘n geskenkie. Die 2 basilie plante wat ek gekry het groei nog mooi.

5 03 2015
Xena Phoenix

Clicks is gewoonlik ‘n nes om in en uit mee te kom. 😉

Vir die duur items probeer ek so beplan, dat ek dit kan koop wanneer dit op special is. Die meeste goed is een keer ‘n maand (soms elke tweede maand) op special. Wanneer dit die rakke tref, is ek daar om genoeg te koop tot die volgende special. As dit uitverkoop is, is dit nog beter. Ek kan dan ‘n “rain check” kry wat geldig is vir wanneer hulle dit weer kry.

4 03 2015
rondomtaliedraai

Sug… nee wat so ekstra broodjie gaan sit net op mens se boude en ek kan dit nie bekostig nie

5 03 2015
Xena Phoenix

Helaas, ook waar. Dit geld mos gelukkig nie vir koekies ook nie?😉

5 03 2015
rondomtaliedraai

Dream on dear!

5 03 2015
Klip

Ek het geleer ………. niks is verniet nie. Die een week se afslag word volgende keer weer by gereken. So van Jacobs koffie gepraat, ek sien die winkels terroriseer my geestelik. So n ruk terug het n mens R60 (R95.99)n bottel betaal ( op special) dan is die prys weer R80 (R79.99).die volgende twee weke, en as dit weer afgemerk is R60 dan dink n mens dis nou n moewiese bargain. As Jacobs nie op special is nie (R79.99) dan is dit R109.99 tot R120 . Ek het al begin dink as dit net onder n R100 is , is dit n bargain. Nou verkoop hulle ook hervul pakkies wat na n special lyk , maar dis heelwat minder koffie.

5 03 2015
Xena Phoenix

Niemand koop Jacobs as dit nie op ‘n special is nie. Wie sal nou R120 ‘n vir ‘n fles koffie betaal?

5 03 2015
Klip

Stap op n Satergag middag net voor sluitings tyd by n Checkers in, dan sien jy hoe afgemerk is die kos wat nie kan oorstaan na die volgende dag nie. Maar wie wil nou daai tyd van die middag kos koop?. G’n wonder die ladies by die kos toonbank rol so lekker nie..

5 03 2015
Xena Phoenix

Oe! Presies die regte tyd as jy sushi goedkoop soek. Helaas is daar op ‘n Saterdagmiddag nie veel oor nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: