Hier kom die Enkeling weer

3 03 2015

Ek het gister belowe dat ek my sê oor Ballade vir ‘n Enkeling sal sê wanneer ek die boek klaar gelees het.

Ek het dit al geonderneem en ek onderneem dit weer:  Die dag wat ek die TV reeks Ballade vir ‘n Enkeling (Seisoen 1 & 2) op DVD raakloop, koop ek dit dadelik.  Daar was ook niks om te oorweeg toe ek die boek raakloop nie.  Dit is deur Leon van Nierop geskryf wat ek darem geweet het vir die TV storie ook verantwoordelik was.  Wat kan verkeerd gaan?

Ek het wel getwyfel toe ek die volgende beskrywing op die agterblad lees:  “En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir vandag.”  Dit het my laat sidder.  ‘n Mens torring nie met ‘n goeie storie nie!  Dit is ‘n misdaad teenoor die mensdom.

Daar was ‘n paar goed wat my grensloos in die boek geïrriteer het.  Leon van Nierop is ‘n vooraanstaande fliek resensent.  Ek het verwag dat hy sou seker maak dat sy storie klop.  Daar is ‘n paar foute wat ‘n mens nie kan miskyk nie.  Die ergste is dat dat ‘n dagboek na 14:00 op 7 April gesteel word.  Die ‘dief’ gaan speel dan muurbal 16:00, net om daarna doodluiters om 12:00 middagete by haar huis te eet en die dagboek verder te lees.  Word boeke nie meer geredigeer nie?

Carina neem ook die N14 na Emalahleni en gebruik die N14 om van Delmas af weg te ry.  Die N14 gaan beslis nie Witbank of Delmas toe nie.

Van Nierop het ook droog gemaak toe hy die storie vir vandag aangepas het.  Jacques is in 1980 gebore.  Ek en hy sou nou nooit saam in dieselfde klas gesit het nie, maar ek is selfs ‘n kind van die 80’s.  Daar was ten minste 3 Jacques’s wat saam met my in die klas iewers was.  Jacques is (was ten minste) nie so ‘n ongewone naam soos Van Nierop dit uitmaak nie.

In die 90’s sou ‘n onderwyser nie openlik op ‘n kind neergesien het oor waar sy ouers werk nie.  Ek het twee vriendinne gehad wie se pa’s vir die spoorweg gewerk het.  Een van hulle het toevallig langs ‘n ander vriendin wie se pa ‘n prokureur was gebly.  Die ATKV voorsitter in ons dorp het ook vir die Spoorweg gewerk (sy een dogter was saam met ons in die klas).  Niemand het ooit ‘n skewe woord gehad oor die kinders van Spoorwegwerkers nie.  In die 90’s sou geen onderwyser dit meer gewaag het om ‘n kind stukkend te slaan nie.  In die tyd was dit al reeds taboe.  Terselfde tyd was onderwysers ook maar traag om hulle latte weg te pak toe die nuwe wet deur gekom het.

Verder was die tyd van stoomtreine al in die 80’s verby gewees.  In die 90’s was dit alreeds net vir die aardigheid vir toerisme gebruik.  Passasiersstasies in die platteland was die eerstes wat in ongebruik verval het.  As ek dit nie mis het nie, lank voor die 90’s.  Kinders wat verbeteringskool toe gestuur is, sou met ‘n kar daarheen vervoer geword het.  Beslis nie saam met ‘n polisieman op die trein nie.

Dit tersyde, wanneer jy daarby verby kom, is die boek heel aangenaam om te lees.  Dit is noodwendige aanpassings tussen die TV reeks en die boek.  Gavin Greeff is byvoorbeeld Carina Human se baas.  Liebet Rynhard is nogsteeds ‘n yskoue teef, maar daar is tog ‘n tikseltjie meer genaakbaarheid aan haar as in die Televisie reeks.  Sy toon ten minste teen die einde belofde dat sy aan die bypik is.  Klaus Rynhard sterf nog steeds aan stupidgeid, die verkeerde persoon word gestraf daarvoor, maar die boek gee dalk beter konteks van hoe dit kon gebeur het.

Baie van die karakters lus hulleself ook in ‘n koma in agter Jacques aan.  Wie kan hulle blameer?  Jacques en Jan-Paul het ‘n Dawid en Jonathan verhouding wat net op vriendskap gebou is.  Ek het dit verfrissend gevind.  Die boek is ook wel donkerder as op TV, maar dit is realisties gegewe die omstandighede waarin die karakters hulle bevind.  Dit raak nie ‘n verstrengelde put waaruit geen mens ongeskonde kan ontsnap nie.  Ek hou ook van die einde.  Al Jacques se drade word netjies bymekaar gebring, ek hoef nie my eie einde uit te dink nie.

Oor die algemeen het ek die boek geniet, ten spyte van die foute wat ek reeds genome het.  Ek sal dit 3.5 sterre uit 5 gee.  Ek sidder as ek aan die fliek dink, maar ek sal vir Sonlig wag om vir my terugvoer te gee.  Dalk word ek aangenaam verras.

Breinlosbrand:  Wie het die rol van Alicia Francke in Ballade vir ‘n Enkeling II gespeel?

Breinvasbrand:  Dalenatjie was reg met Lisbeth Salander

En voordat die fliek met mag en mening alles oorvat.  Hier is die oorspronklike musiek wat in die reeks gebruik is.


Aksies

Information

23 responses

3 03 2015
Toortsie

Ek het nie die foute agtergekom nie. Ek dink nie ek lees so “fyn” nie. My man het net met die Karretjiemense ook gesê die pad wat die donkiekar in ‘n dag afgelê het, was onmoontlik…
En ja, nes die destydse reeks, was almal verlief op Jacques.

3 03 2015
Xena Phoenix

😉 Nie eers hoe Carina ‘n dagboek kan lees twee ure voordat sy dit gesteel het nie? Dit is amper om teen ‘n paal vas te loop.

Ek ry die N14 so 300 keer ‘n week. Ek kan verstaan as mense wat dit nie doen nie, nie die pad se bevraagteken nie. Dit is mos ‘n storieboek, nie ‘n atlas nie. Al is die N14 Wes van Johannesburg en Witbank Oos. . . .

3 03 2015
Toortsie

Waar ek weer ‘n fout agter gekom het in ‘n boek, was by Die Lanternswaaier. Daar was ook ‘n roete gevolg, wat ek gewonder het of die skrywer weet waar sy ry.

3 03 2015
klippie

Ek was nooit ‘n fan van die Enkeling nie. Maar ek weet dis een program wat meeste mense nooit gemis het nie.

3 03 2015
Xena Phoenix

Hulle moet dit nou asseblief nie in die middel van die dag posit nie. Dit is nogal rof om vir 26 weke (of dalk 26 dae) in ‘n ry ‘n verskoning uit te dink hoekom ek vir meer as ‘n uur nie by die werk sal wees nie.

4 03 2015
klippie

Ek is seker dis ‘n aandprogram. Anders moet jy al die episodes opneem en ‘n naweek jouself toesluit en daarna kyk

4 03 2015
Xena Phoenix

SABC saai al die legendaries programme in die dag rondom 12 uur uit. Ek dink hulle noem dit retro hour of so iets. 😉 Natuurlik net die internasionale reekse.

Kan ek die SABC versoek om voordat ons weer Erfsondes of Agter elke man te sien kry, hulle eerder die Ballades sal uitsaai? Ek het seisoen I net twee keer gesien en seisoen II net een keer. 😉

3 03 2015
Olga

Annelien (Glimlag van mooiheid as sy moet huil want sy is so mooi) Kriel.

3 03 2015
Olga

In tipies Nuwe Suid Afrikaanse styl. Vat ‘n ding wat werk en 4k dit op tot net die drek oorbly en dan ploeg jy verder daarmee. Ek is nie ‘n fliekvlooi nie, maar glo as ek die boek onder oë kry sal ek dit lees.

3 03 2015
Xena Phoenix

Ek kan nie die nodigheid insien om die storie tyd te gaan verander nie. As Jacques ‘n 30 jarige in die 80’s was, sou die treinverwysings, skool verwysings ens meer sin gemaak het.

Iets wat ek nogal interessant vind is dat Jacques altyd hoë punte vir sy opstelle kry. Taal opstelle is subjektief en dit voorspel niks goeds as die onderwyser op jou neersien en nie van jou politiek hou nie. Dikkes was dus seker ‘n poephol, maar ‘n regverdige een. 😉

3 03 2015
Sparkle

Dis jammer Gavin het van die map af verdwyn as akteur. (Bygese ek het nie kyknet nie) hy was ‘n maie mooi oom daardie tyd gewees. (Toe was ek nog klein) Al waarvoor ek tyd het is blogs lees, hoe begeer ek om vir ‘n slag in die bad met ‘n boek te kan le!

3 03 2015
Xena Phoenix

Blinkertjie, jy smeek nou vir ‘n dag van rou oor Gavin se verdwyning. Alhoewel, ‘n huidige foto van hom skree vir ‘n week van rou met geskeurde kleure en as op die hoof. Hy was nie net mooi nie, maar ‘n briljante akteur.

Mens moet tog bad, hoekom nie met ‘n boek nie? 😉

3 03 2015
Olga

Ekskuus. In II het hulle mos “ek is minder mooi maar ‘n dem goeie aktrise” Brümilda van Rensburg, gebruik.
ai Sparks, never a truer word, ne. Toe kom Skalla in Meewlanders en mens kon al sien Vader Tyd is nie baie gaaf met oom Gavin nie. Wonder hoe hy nou lyk. Ek HAAAAAt die nuwe tv.

3 03 2015
Xena Phoenix

Wat was die program waarin hy ‘n dwelmslaaf was?

Hy was ook baie mooi as Captain Kerwin. Al hol hy met sy onderbroek rond.

3 03 2015
Sonlig

Ag tog! Ek het Leon van Nierop oor die radio hoor sê dat hy die storie aangepas het om beter in te pas by die huidige, maar ek het nie besef dat hy goed soos datums verander het nie. Soos jy sê, stoomtreine het in die 80’s nie meer daagliks geloop nie, tensy jy een of ander pretrit op ‘n oulike treintjie geneem het.

Sal laat weet hoe is die fliek – ek hoop nie my herinneringe aan ‘n goeie reeks word vertrap nie.

3 03 2015
Xena Phoenix

Ons kan altyd gaan EIS dat die reeks op DVD vrygestel word. Toi-Toi is blykbaar goeie oefening.

3 03 2015
HesterLeyNel

Die musiek was darem maar tops huh?

4 03 2015
Xena Phoenix

Beslis. Ek weet hulle het die musiek (van dit in elk geval) verwerk vir die fliek. Dit is juis hoekom ek sidder.

4 03 2015
scrapydotwo

Het nogal gedink om boek te lees maar nou hoef ek nie want jy het n paar goeie punte uitgelig wat beslis nie te goed klink nie. Laat maar weet hoe fliek lyk asb. Dankie vir bespreking. Nogal insiggewend

4 03 2015
Xena Phoenix

😉 Smaak verskil, Scrapy. Toortsie het nie die foute op getel nie, ek is dalk net te pedanties. Maar noudat ek dit vir almal ingekleur het . . .

Ek gaan in elk geval nog die boek vir my ma gee om te lees. En waarskynlik my suster en een broer ook. Dit was regtig nie ‘n slegte boek nie.

4 03 2015
scrapydotwo

Ek kan beslis verstaan as jy praat van die N14 en dan die treine en selfs die verbetreingskool idee wat nie by daardie tyd hoort nie

4 03 2015
Xena Phoenix

Dit is amper om vir Heidi haar Oupa te laat Skype.

6 03 2015
seegogga

Jy kry wel die reeks op dvd, ek dink by sauk. My dogter het dit vir haar bestel n paar jaar gelede al, en dit weereens baie geniet daar in die verre Holland.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: