Ontvoering Mymeringe

26 02 2015

Deesdae is besoektye in hospitale meestal net ‘n formaliteit.  Die een uitsondering is egter die kraamsaal.  As jy nie die pa of ouma is nie, is daar geen kans dat jy kan ingaan nie.  Dan ook net nadat jy formeel ingeteken het.  Dit is natuurlik ‘n pyn in die agterent, maar niemand wil seker vir ‘n ma gaan vertel dat haar nuwe baba verdwyn het nie.  Veral nie dat iemand net ingeloop het en ‘n kind van die rak afgekies het nie.

Dit het al gebeur.  Ek dink byvoorbeeld aan Michaela Hunter wat in 1994 van haar ma se sorg geneem is vir ‘n bad demonstrasie.  Die vrou, Sonja Combrinck, het egter nooit weer met Michaela terug gekom nie.  Micheala is amper eers twee jaar later gevind nadat Combrinck se vriend haar na ‘n polisiestasie geneem het.  Hy het aanvanklik glo geglo hy is die pa.  Combrink was 12 jaar tronkstraf opgelê waarvan sy 8 jaar gesit het.

Die hele storie moes vir Michaela traumaties gewees het.  Sy was vir twee jaar lank was sy Shannon en sy het skielik ‘n heel nuwe huis en ouers gehad.  As tweejarige kon sy nog maklik aanpas en onthou sy seker weinig van die tyd wat sy ontvoer is.

Daar was vandag ‘n aankondiging dat Zephany Nurse gevind is.  Zephany was 17 jaar gelede, toe sy 3 jaar oud was, uit die Groote Schuur hospitaal ontvoer.  Sy was haar ouers se eerste kind, maar hulle het nog 3 ander gehad.  Een van hulle was vanjaar ‘n groentjie by Hoërskool Kaapstad.  Die kinders saam met die gr 8 meisie, was verbaas dat sy baie soos ‘n sekere matriekmeisie gelyk het.  Sy en die matriekmeisie het vriende geword en toe het haar ouers 1 en 1 bymekaar getel.  Die matriekmeisie se ouderdom stem ooreen met hulle vermisde dogter se ouderdom.  Die polisie is gebel en nadat die Valke ondersoek ingestel het, het DNS toetse bewys dat die meisie wel die vermisde kind was.

Sy was as die enigste kind van mense in hulle 50’s groot gemaak enkele kilometers van waar die Nurse’e gewoon het.  Daar was ‘n paar ongeruimdhede.  Daar is geen rekord van haar geboorte nie en sy is eers as ‘n 6 jarige by binnelandse sake geregistreer.

Ek vermoed dat dit nogal ‘n nagmerrie moet wees vir almal wat betrokke is.  Die meisie is nie ‘n tweejarige wat nie ‘n ton vrae gaan hê nie.  Die persoon wat sy as haar ma geken het, is gearresteer vir haar ontvoering.  Skielik het sy ook ‘n ander familie, maar terselfde tyd is sy ook so te sê ‘n volwassene.

Ek kan my net verwonder wat in haar kop sal aangaan.  Hopelik het die grootmaakouers goed vir haar gesorg.  Maak dit op vir die angs waardeur die biologiese ouers is?  Hulle het elke jaar haar verjaarsdag gevier en nooit opgehou soek na haar nie.  Anders as Michaela sal die meisie kan besluit of sy haar vermeende ontvoerder gaan ondersteun of verwerp.  Sy sal seker ‘n sê hê in wat verder gaan gebeur.  Hoewel sy seker eerder vir ‘n rukkie van die aarde wil afklim om tot verhaal te kom.

Mens kan seker net al die betrokkenes sterkte toewens.

Breinvasbrand:  Wanneer verjaar die misdaad van ontvoering?

Breinlosbrand:  Dalenatjie was reg met C.J. Langenhoven.

Advertisements

Aksies

Information

15 responses

26 02 2015
rondomtaliedraai

Dis angswekkkend as ‘n kind wegraak.

‘n Dogtertjie het eenkeer na ‘n knsert in die stoorkamer aan die slaap geraak en is eers die volgende dag gevind. Kan jy jou die bekommernis van die ouers voorstel.

27 02 2015
Xena Phoenix

Genade! Ek neem aan hulle het reg deur die aand vir haar gesoek.

27 02 2015
rondomtaliedraai

Hulle het gedink sy is saam met ‘n maatjie Nogtans is dit angswekkend S6e nou dit was ‘n Vrydagaand? Ek wil nie eers daaraan dink nie

26 02 2015
Olga

Dit verjaar hopelik nooit nie.

Ai, kan jy jou dit voorstel? Om ‘n kind te steel en “as cool as ice” in dieselfde voorstad groot te maak. Laat my wonder of dit nie toevallig is nie. Geen mens kan tog so dapper wees nie. Maar dis wonderlik dat sy wel opgespoor is. Geen dank aan SAPD nie.

27 02 2015
Xena Phoenix

Die SAPD het glo tot 2010 aktief vir haar gesoek. Toe die ouers hulle kontak, het dieselfde ondersoekbeampte weer in gespring. Die toeval is ongelooflik.

Die ouers was glo baie jonk toe Zephany gebore is; ma was 18 en pa was 20. Die ander vrou het seker gedink sy kan beter doen.

Dit is iets waarvan flieks gemaak word.

26 02 2015
scrapydotwo

Dit moet n geweldige skok wees as so n mens op die einde al die feite moet hoor en dan nog dat haar ouer skuldig is ook. Mens wens dit geen kind toe nie.

27 02 2015
Xena Phoenix

Ek het eendag ‘n Jodi Picoult boek gelees waar die vrou eendag by die huis kom en dan is haar pa vir haar ontvoering gearresteer. Ironies genoeg het die vrou met snuffelhonde gewerk om vermisdes op te spoor. Sy het nooit gedink dat sy ontvoer was nie. Sy was dan by haar pa.

Ek praat onder korreksie, maar ek dink amper in SA is dit nie ontvoering as die biologiese ouer sy / haar kind vat nie.

26 02 2015
scrapydotwo

Het toe my klieke gekliek vanoggend. Laat weet of dit nou reg is asb!

27 02 2015
klippie

Arme kind. Haar hart moet in twee geskeur wees. Ek kan net dink aan al die berading ens wat sy gaan nodig he

27 02 2015
Xena Phoenix

Ek hoop maar dat sy sterk kan staan.

27 02 2015
Xena Phoenix

http://www.pressreader.com/south-africa/cape-argus/20150227/281569469180884/TextView

Pick n Pay het glo ook jaarliks haar verjaarsdagkoek vir die Nurse’e geborg.

27 02 2015
Olga

Ek dink sy sal sterk staan. Bloed is immers dikker as water. Ek kan net nie verstaan dat ‘n man so dem dom kan wees nie. Hoe kan ‘n man nie agtergekom het daar is ‘n drol in die vye as sy vrou wie nie swanger was nie, eendag skielik by die huis aangesit kom met ‘n baba nie?

27 02 2015
Recién

Ek dink nie ontvoering as misdaad verjaar ooit nie.
Nooit as te nimmer sal ek verstaan hoe jy dit aan jouself verontskuldig hoekom jy ‘n ander mens se kind gesteel het nie. Die stomme kinders sit nou skielik met twee van alles en geen benul waar hulle eintlik hoort nie.

2 03 2015
Xena Phoenix

Welkom Recien.

Ek dink nie die ontvoerder het gedink sy sal nog na al die jare gevang kan word nie. Dit moet bittermoeilik wees om te verduidelik.

27 02 2015
Olga

Weet jy, ek kan net nie help om te wonder oor die hele storie nie. Kan julle dink hoeveel keer die moeder?vader se hoendervleis gehad het en nie geweet het dis omdat hulle dogter in die volgende treinwa ry nie? Omdat sy nou net saam met haar “ouers” verby hulle huis gery het? Sy gesit het in die skoolbus wat nou net verby gery het. Hoeveel kere het hulle dalk hartkloppings gehad want hulle dogter het so pas pakslae gekry? So pas ‘n groot geskenk gekry het wat haar vreeslik opgewonde gemaak het?

Hoe dikwels het sy dalk vir geen rede hartseer geword, dalk op haar verjaardag sonder dat sy geweet het dis omdat haar regte ouers haar spesiaal mis en soek op die dag? Dink julle sy kon dalk hoendervleis gekry of haar kopvel gekriewel het want haar regte ma het so pas dig teen haar verby geloop in PnP. Hoe sou sy en haar sussie gevoel het toe hulle mekaar ontmoet het? Sou die bloed nie geroep het nie? (Ek weet ek klink nou soos ‘n toorsangoma met bloed wat roep. Tog laat dit my al heeldag wonder.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: