Wragtig alweer?

25 02 2015

Rondomtalie het dit genoem en gister was dit orals nuus:  Die poskantoor gaan staak.  Alweer!

Net om julle geheue te verfris, hulle het in 2014 vir 3 maande lank gestaak.  Die staking is 3 maande terug eers beëindig.  Aanvanklik het dit nie juis gepla nie.  Totdat jy iets van oorsee af bestel en eers later onthou die poskantoor staak.  Gelukkig het jy die versekering opsie gevat, maar jy sal nogal verkies dat jou aankope nie uit beginsel verwoes word nie.  Skielik ontvang jy rekeninge per MMS en / of epos.  Jy besef ook dat koeriers baie meer gerieflik as die poskantoor is.  Boonop is hulle nie so duur as wat jy gevrees het nie.  Jy sien amper nie meer die nodigheid van ‘n poskantoor in nie, behalwe vir jou internasionale pakkie wat gyselaar gehou word.

Tel dit werklik as ‘n staking as daar in elk geval nie veel gedoen word nie?  Nadat die staking opgeskort was, het dit nog 2 maande geneem voordat my pakkie afgelewer is.  Twee poskaarte wat ek in dieselfde tyd gestuur het, het een letterlik drie dae gelede sy bestemming bereik en ‘n ander is nogsteeds ‘oppad’.  Ek het in 2011 vyf kalenders in die pos gegooi.  Net twee het hulle bestemming bereik.  Julle sal verstaan hoekom ek nie veel vertroue in die poskantoor het nie.

Alhoewel, die werkers het tydens die staking bewys al doen hulle min, is dit skadelik as hulle absoluut NIKS doen nie.  Koerante het gepraat dat die land lam gelê is met die staking.  Skade is beslis gedoen, maar wie het nou regtig die meeste gely?  Epos / MMS state is nie net meer betroubaar en gerieflik om te ontvang as geposte state nie, maar aansienlik minder moeite en goedkoper.  UNISA wat nie take en studentebriewe kon uitstuur tydens die staking nie, het hulle kontrak met die poskantoor beëindig.  Daar word ook gepraat van ‘n reddingspakket vir die poskantoor.  Afriforum voer aan dat die SAPO verbruikers R180 miljoen skuld vir kompensasie vir die laaste staking.

Dinge lyk nie goed vir die poskantoor nie.  Wanneer ding nie goed vir die organisasie lyk nie, lyk dit beroerd vir die werkers.  In plaas om hand in eie boesem te steek en te besin oor die skade wat hulle reeds aangerig het, beplan hulle nog ‘n staking.  Hulle is selfs verwaand genoeg om ‘n 15% verhoging te eis.  Die nuwe hoof wat na die staking aangestel is, moet al klaar weer wyk.

Gaan hulle wegkom daarmee?  Waarskynlik!  Die staat het alreeds aangedui dat hulle ‘n groter pond vleis van belasting betalers gaan eis.  Hoekom word dit toegelaat?  Vet weet.  Ek hoop dat van die private maatskappye kan hand op steek en dalk die poskantoor nietig maak.  Almal weet tog dat jy nooit ‘n afperser gee wat hulle wil hê nie.  Waar kan jy in elk geval meer geld eis as jy weet jy verdien dit nie.  Dalk moet ons ‘n kultuur skep van bewys eers wat jy werd is en eis dan.

Wat dink julle?

Breinvasbrand:  Wanneer is Telkom van die Poskantoor geskei?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Heidelberg


Aksies

Information

8 responses

25 02 2015
scrapydotwo

Die liewe poskantoor. Gelukkig het ek net voor Kersfees twee belangrike posstukke gekry. Die derde een het my suster saam Australie toe gestuur met vriendin wat dit van daar na my gestuur het. Ek het seker amper 4 jaar terug aan my suster n kwilt gestuur wat net nooit by haar opgedaag het nie. Hul kon hom netnie opspoor met die ophoping van pos gedurende die stakings toentertyd. Ooo ek kan sommer gal braak hieroor. Pos is in n mate steeds belangrik. Ek moet bv my lewenssertifikaat elke jaar laat sertifiseer en dan aan die pensioenfonds stuur. Hul aanvaar nie afskrifte per epos nie. Hierdie jaar het ek n b-dame gehad wat gehelp het en sy het die epos aanvaar en my verlenging vir nog n jaar gedoen.
Sjoe ek het n hele geskrif vir jou geskryf.

25 02 2015
Xena Phoenix

Ek het heeltemal opgehou om belangrike dokumente in die pos te gooi. Ek koerier dit en klaar. Ek vra die mense met wie ek besigheid doen om dieselfde te doen.

Terloops, jy weet Paulus het ‘n tweede brief aan die Romeine geskryf? Die Romeine (Italianers) wag nog net dat dit afgelewer moet word.

25 02 2015
scrapydotwo

NOOIT! Nou vertel jy my n ding ha ha! Probleem is selfs die koerier weet nie aldag waar om af te lewer nie. Het n boek laat koerier na Pietersburg(Okay, ek het posadres gebruik) en by die poskantoor kon hul dit nerens vind na aflewering. Kein poskantoor het dit na groot poskantoor gestuur sonder om dit in bus te sit! Hoe nou gemaak!!!!

25 02 2015
Olga

1991?

Niemand hou die spul verantwoordelik vir die skade wat hulle gestakery berokken nie, so hoekom werk as jy kan dans en rondhang? Laat hulle betaal. Dieselfde met die etter wat so staak en verwoesting saai omdat hulle munisipale dienste en GRATIS huise eis, hoe de fok kan jy diens eis as jy nie betaal nie? hoe de fok kan jy ‘n huis eis wat jy nie kan bekostig nie? Hoe de fok kan jy TERSIERE OPLEIDING eis as jy nie geld het om te BETAAL NIE? Fok daai kak. BETAAL BETAAL BETAAL!!!!!!!!!!

25 02 2015
Xena Phoenix

Dalk moet die stakers wat goed vernietig wat nie aan hulle behoort nie, met dwangarbeid daarvoor opmaak. Sommer oor naweke tot elke sent verhaal is.

25 02 2015
Spokie sny spoor

Ja praat waar, Herriemerrie – die werkers gaan die swaarste ly.

25 02 2015
Xena Phoenix

Hoe sê die Engelse? Cut off your nose to spite your face?

25 02 2015
Olga

Dan moet hulle nie kla nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: