Sodom en Galilea

23 02 2015

Noudie dag gesels ek met iemand wat saam met my op skool was.  Om eerlik te wees, op skool het ons nie veel vir mekaar te sê gehad nie, maar dit is nou ook nie dat ons mekaar nie kon verdra nie.  Tydens die gesprek merk ek op dat haar kinders oulik is.  Sy skryf dit toe dadelik toe daaraan dat hulle op die platteland grootword.  Ernstig?  Sou haar kinders dan nie oulik gewees het as hulle in die stad groot word nie.

Sy is natuurlik nie die enigste Plattelander wat dink dat alles wat goed en heilsaam is uit die Platteland kom nie.  Baie stedelinge stem natuurlik ook heelhartig saam.  Almal in die Platteland is goeie, vriendelike, gasvrye mense en daar is bloot net nie plek vir allerhande onheile nie.  Mense bly daar in vrede saam en kuier oor en weer soos een groot familie.

Ek is egter in die Platteland gebore, ek het in die platteland groot geword en daar gematrikuleer voordat ek Pretoors toe is.  Ek het regtig niks teen die Platteland nie.  In die stad kan ek wel elke dag van die week kerk toe gaan (as ek wil), ek kan omtrent enige stokperdjie of sport beoefen en as ek in protes my inkopiemandjie net so neergooi omdat winkel X nie het wat ek wil hê nie, hoef ek nie ‘n 100 km te ry na ‘n ander winkel met die hoop dat hulle dit wel het nie.

Ek het egter geen illusies oor die wonder van die Platteland nie.  Ek weet al van menige mense wat wreed ontnugter was met wat hulle in die Platteland gekry het.  Want sien, in die Platteland is die “Adellikes” en die “little people (ek bedoel die gepeupel)”.  As jy nie as ‘n adellike is nie, is jy nie regtig deel van die gemeenskaplikheid van die platteland nie.  Die adellike kring word ook baie jaloers bewaak om te verseker dat dit eg en onverdund bly.  As jy nie in die adellikes van die dorp gebore is nie, moet jy van die adellikes van ‘n soortgelyke dorp afstam.  Ek wonder soms of hulle troues onder mekaar reël net om te verseker dat dit nie met gepeupel bloed vermeng raak nie.

Die Platteland is basies ‘n klein dam.  Die adellikes het alleenreg tot die dam en die ander moet verkieslik buite sig bly.  Die meerderheid van die paddas wat dink hulle is groot, is objektief gemeet heel gemiddeld.  Hulle weet dit, maar verseker dat hulle nie ontmasker word nie.

Beteken dit dan dat die Stad vry van klieks is?  Geensins nie.  Die kliek by die kerk is egter nie dieselfde kliek by die skool en die sportklub nie.  Die paddas wat regtig groot is, kan bekostig dat mense dit vir hulleself uitmaak.  Hulle hoef dit nie af te dwing nie.  Bowenal hoef hulle nie in elke liewe dam te kwaak nie.

Soos reeds gesê:  al bly ek lekker in die stad, sal dit darem nie geweld vat om my terug in die platteland te kry nie.  Ek sal egter nie teleurgesteld wees nie.

Breinvasbrand:  Watter plattelandse dorpie het AG Visser en Eugene N. Marais huis genoem?

Breinvasbrand:  Gananja Sadrag, Miseal Mesag en Asarja Abednego.


Aksies

Information

18 responses

24 02 2015
scrapydotwo

Ja, ek ken ook daardie “neersien” van gegoedes wat op skuldbult bly en dink die son skyn uit hul … uit. Die stad het ook sy eie bekoring. Mens is aanpasbaar maar hierdie ek is beter en weet beter as almal is maar n pyn.

24 02 2015
Xena Phoenix

Hi Scrapy! Wat natuurlik baie interessant is, is dat die adellikes nie noodwendig ryk is nie. 😉

24 02 2015
scrapydotwo

Dis ook waar. Het seker verkeerde woord gebruik. Adelik is tog eintlik goedgesind is dit nie?

24 02 2015
Xena Phoenix

In die geval, is dit die vertaling van Noble (soos in peerage)😉 Meer ‘n “status”, nie soseer ‘n karakter nie.

24 02 2015
Olga

Is Heidelberg Gp al in die platteland?

Ai, jai, jai. Ek het al stad en platteland en sommer net plein plaas ook al gedoen. Ek ken die die gewoel en rumoer van die stad en die ongerief, klieks, gatkruipery en verafgoding van die platteland ook, om nie tevergeet van die niks van die plaas nie. ek dink die verskil le in die mens se mentaliteit. Jy sal verbaas staan oor die “vrot” in die plattelander se samestelling wat hulle self heel gerieflik nie raakgesien het nie. Maar, elkeen vir homself. Solank ek my leef skoon leef, het ek vrede met die res.

24 02 2015
Olga

Eksksuus Plattelander, ek het bedoel die “Adel” se vrot kol. Ek sien immers myself ook as ‘n plattelander.

25 02 2015
Xena Phoenix

Olga, jy sal verbaas wees wat gaan alles deur as “Platteland”. Ek moet sê, hoe kleiner die poel hoe groter die politiek.

24 02 2015
Sonlig

Ek is ook op die platteland gebore en het daar groot geword. In ons plaasgemeenskap kon die hoeveelheid skape wat jou pa vir die skoolbasaar geskenk het bepaal of jy ‘n leerlingraadwapentjie op jou skoolbaadjie dra of nie. Ek het egter wonderlike kinderjare daar in die “onderdorp” beleef en het eers as volwassene te hore gekom van die ryk ooms en tannies van die dorp wat soms partytjies gehou het waar almal hulle motorsleutels in ‘n hoed gegooi het…

Ek het tot ‘n paar jaar terug nog soms gewonder of ek my kinders van iets kosbaars ontneem deur hulle in die stad groot te maak. Ons het selfs planne gemaak om terug te keer platteland toe, maar dankie tog – daardie deure (glo ek) is deur ‘n Hoër Hand vir ons toegemaak en vandag weet ek ons is waar ons veronderstel is om te wees – in die hartjie van die goudstad. My kinders is wonderlik volwasse en selfstandig en ek is baie opgewonde oor die jong grootmense wat hulle besig is om te word – “city sleekers” of te nie.

25 02 2015
Xena Phoenix

😉 Ek vind dit interessant dat die Adellikes altyd terug vaar na die Platteland. Dit is nie enige plattelander wat in die stad kan aard en floreer nie.

Ek glo dat jy van ‘n plek ‘n huis maak. ‘n Plek bepaal nie iemand se waardes nie, jy doen dit self.

24 02 2015
klippie

Mens hoor baie keer van die verskriklike onheilige goed wat op klein dorpies aangaan en dan is jy verbaas, juis omdat mens ‘n soort van onskuld aan die platteland koppel. Natuurlik gebeur sulke dinge sekerlik meer in die stad, maar niemand word daardeur ontnugter nie.

25 02 2015
Xena Phoenix

Ledigheid is die duiwel se kopkussing. Ek spot altyd dat daar in die platteland net twee vermaak aktiwiteite is: Drink en teel.

24 02 2015
Zirkie

Ja, die plattelandse adel dink hulle is baie vernaam! Ek kan maar net vir mense wat hulleself so “hoog ag” lag!

25 02 2015
Xena Phoenix

Welkom Zirkie. Ek vind dit interessant hoe hoer iemand hulleself ag, hoe laer is hulle objektief gemeet. Mense wat werklik waardig is om hooggeag te word, is gewoonlik baie nederig.

25 02 2015
Klip

En dan is daar Witbank…………….

25 02 2015
Xena Phoenix

Wel . . . . Het Witbank ook Adellikes? Of net skoolhoofde wat leerders bobbejane noem?

26 02 2015
Spokie sny spoor

Hiehie – oulik geskryf. Ek is ook maar van die plattelanders se kant af …

26 02 2015
Xena Phoenix

😉 Is jy van die adelstand af?

27 02 2015
Spokie sny spoor

My antwoord lê verskuil in ‘n opmerking wat jy self hierbo gemaak het. Ek kies nederigheid. Adelikheid of geld gin my geen status. My status is alleen vasgevang in God. Ek is ‘n Koningskind.
So, JAAAA – ek is ‘n dogter van ‘n Groot Koning! En is deel van Sy ergename … (Eks dus skatryk met adelike afkoms)

Ek like jou ‘drink en teel’. Goedgestel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: