Pipperella Koors

20 02 2015

Ek weet ‘n mens mag nooit ‘n goeie storie met feite bederf nie.  Alhoewel, ek dink nie dat radio’s, joernaalprogramme, nuus of natuurlik koerante hulle aan stories moet skuldig maak nie.  Hulle maak hulle lewe uit aktuele en nuusgebeure uit.  Let op!  Lewe.  Dus hulle word betaal om nuus en aktuele gebeurtenisse te dek.  Hulle is nie veronderstel om amateurs te wees nie.  Sovel my kennis strek, het radiostasies ook navorsers wat seker maak dat die aanbieders nie strooi praat nie.  Helaas, die aanbieders gebruik die navorsing as toiletpapier of die navorsers is nutteloos.

Noudie dag – om presies te wees, op 10 Februarie – het ek op die radio gehoor hoe hulle beplan om Bobbi Kristina Brown se masjiene af te skakel.  Dit speel natuurlik TRAGEDIE soos min ander dinge.  Eerie om die minste te sê.  Om mee te begin is Brown bewusteloos in ‘n bad gekry, netsoos haar ma Whitney Houston.  Daar was vermoed dat daar dwelms by Brown se toestand betrokke is, weereens soos haar ma Houston.  Brown is breindood verklaar en daar was beplan om die masjiene op 11 Februarie 2015 af te skakel.  Dit sou dan presies 3 jaar na haar ma se dood wees.

Groot is my skok vanoggend om te hoor dat dieselfde, kamstige breindooie, Brown se asemhalingspypie verwyder is en dat sy nou deur haar keel moet asem haal.  Dit is basies gedoen omdat sy nog vermoedelik vir maande op ‘n ventileerder sal moet staat maak.  Die dokters wil ook blykbaar haar mediese koma begin verlig.  ‘n Heel ander storie as wat op Jacaranda verkondig is.

Sulke goed maak my rooi sien.  Genade, hoe kan ‘n kommersiële radiostasie met meer as 2 miljoen luisteraars sulke snert gaan verkondig?  Deesdae moet jy ook eers alles wat jy hoor, sien of lees self gaan navors om dit te bevestig.  Mens kan geen vertroue in die tradisionele media meer plaas nie.

Dit bring my by ‘n volgende irritasie:  die aanbieders wat deesdae hulle menings en veroordelinge in almal se kele wil afdruk.  Is daar nog plek vir professionele joernalisme?  Ek gun ‘n aanbieder sy / haar mening, maar dit behoort nie almal anders s’n te oorskadu nie.  Dit is amper asof aanbieders almal deesdae hulle agenda of hartsake deur ‘n openbare platform.  Nie dat dit my soseer pla nie, maar enige ander mening word nie gerespekteer nie.  Dit word verkleineer of afgelag – sonder om die mening op meriete te oordeel.  Is dit professioneel?

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wanneer is Radio Uitsendings in Suid-Afrika begin?

Breinlosbrand:  Olga was reg met China.


Aksies

Information

11 responses

20 02 2015
Olga

Eerste.

20 02 2015
Olga

Nou weet jy hoekom ek nie meer radio luister nie. Ek kry nie my radio ingestel op Radio Hoeveld of laeveld nie. Ek kry basies RSG en Kakaranda. Dan ook die 320 BBBEE stasies tussenin. Loud and clear. Terwyl dit klink of RSG en Kakaranda deur kreukelpapier uitsaai. Ek hou nie van RSG nie, hulle praat heeltemal te veel. Elke liedjie wat hulle speel breek op 45% af. Soos in klaar, midnoot in sy moer sodat die omroeper kan praat. Ek luister radio vir die musiek en nuus. As ek na ‘n gepratery wil luister, kan ek gaan kuier of dr Prul op tv kyk. Kakaranda met al hulle Engelse bemarking, Engels gepratery en BBBEE aanbieders vertel my presies wie die luisteraars is wie hulle teiken. So bogger hulle. Ek luister noodgedwonge na Kakaranda as ek saam met Homer in sy bakkie ry of as ek iewers kom waar hulle Kakaranda uitsaai. Die aanbieders doen dit nie vir my nie. So jammer RMFM het nog nie hulle eie stasie nie. DAn weer, ek sal dit seker nie kan opvang nie.

22 02 2015
Xena Phoenix

Highveld doen dit ook. Ek dink die meerderheid radiostasies doen dit. Dit is amper asof objektiwiteit nie meer bestaan nie.

Ek kan veral die stuipe kry as hulle dink hulle is kaas en dan sekere feite uit die oog verloor. Soos die omroeper op RSG wat reken dat Freddie Mercury so wonderlik sing in No-one but you. Freddie is goed, maar nie eers hy kan ‘n lied sing wat na sy dood geskryf is nie.

Op Highveld noudie dag het hulle weer verkondig hoe veelsydig Liam Neeson is, en al hulle voorbeelde eindig met ‘n geveg. Liam Neeson wat ‘n Oscar benoeming gekry het vir Shindler’s List? Ek dink nie hy het enigsins daarin baklei nie. Of wat van sy rol in Nell? Hy is beslis meer as ‘n aksie held.

Jacaranda het noudie dag weer eers ‘n ou aangemoedig om sy meisie te vertel hy het haar verneuk. Natuurlik het sy hom onder sy gat geskop. Toe is sy die vark in die verhaal, want almal kan verneuk.

22 02 2015
Olga

Jy weet mos, mense wie dink hulle is so donners smart, is nie so donners smart nie.

20 02 2015
Olga

Die enigste tyd dat ek nie ‘n saak het met Homer se bakkie wat Homer se bakkie is nie, is wanneer Rian op is. Dan druk ek gou die knoppie wat “CD” se of ek druk die stokkie ding in.

20 02 2015
rondomtaliedraai

Op my ouderdom luister mens RSG … as jy mooi na die stemme luister is amper al die uitsaaiers/aanbieders my ouderdom… meeste van ons dink dieselfde so dis geen probleem nie

22 02 2015
Xena Phoenix

Nadat hulle Freddie se sang in No-one but you bewonder het (die lied is eers in 1997 na Diana se dood geskryf, 6 jaar na Freddie se dood) is dit verby. Ja, ja – ek het dubbel standaarde. 😉

23 02 2015
rondomtaliedraai

hehehehe … mens moet mos maar alles met ‘n korrreltjie sout vat?

21 02 2015
carolredelinghuys@Losbek

Ek luister RSG. Radiostasies behoort eers doodseker te maak van feite voor hulle dit as evangelie verkondig!

22 02 2015
Xena Phoenix

Sal ‘n mens hoop. Die omroeper se persoonlike gevoel of belangstellings is egter belangriker.

23 02 2015
Klip

Ek luister ook nie rerig radio nie. Kan die klomp boudkappers van kakaranda se gepraat nie hanteer nie. (Seker doen hulle maar die ding vir die ander span)

Ek het genoeg omroepers in my kop om na te luister………..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: