Kan jy ‘n hond op sy baadjie trakteer?

18 02 2015

Daar is honde en dan is daar Chow Chows, Labradors, Jack Russells, Great Danes ens.  Hoewel daar niks verkeerd is met ‘n baster of gekruisde brak, is daar nou nie veel oor hulle te sê nie.  Hulle is amper soos ‘n verrassingspakkie, jy kan nie juis ‘n voorspelling maak oor wat jy kan verwag nie.

Aan die ander kant, mens kan amper nie uitgepraat raak oor ‘n spesifieke ras nie.  Daar is voorkoms, bou, geaardhede, gewoontes, gesondheidsprobleme, voordele en natuurlik nadele.  Sou jy die dag ‘n hond soek, sal ‘n rasopregte hond keuse jou navorsing aansienlik vergemaklik.  Bloot omdat daar bittermin oor die opregte hond is wat nie gedokumenteer is nie.

Wel, gewoonlik.  Ek het egter nou die dag ‘n bietjie oor Pitbulls opgelees.  Almal het al verskriklike artikels gelees van hoe Pitbulls mense en kinders verskeur het net omdat hulle kan.  Dit is nou nie die honde wat bekend daarvoor is dat hulle vredenliewend is nie.  Natuurlik het die aanhangers vele verskonings.  Somiges kan ‘n mens dalk nog aanvaar, soos dat die telers probeer om meer gematigde temperamente te teel.

Daar was egter diegene wat argumenteer dat onregverdig is om ‘n individuele hond op die ras stereotipe te oordeel.  Ek gee toe dat ek nog nooit ‘n hond gesien boek lees het nie (my kat wel, maar sy is spesiaal).  Dit is dus veilig om te sê dat honde nou nie noodwendig weet hoe hulle moet optree nie.  Dit is ook waar dat elke individuele dier maar hulle eie dingetjies het.  Tog, het julle al ooit gehoor van ‘n Mopshond, Labrador of ‘n St Bernard wat ‘n kind vir middagete opgeëet het?

Tot ‘n groot mate hang ‘n hond se gedrag af van sy eienaar.  Nie alle mense is geskik byvoorbeeld om ‘n Rotweiler te besit nie.  Alhoewel, kan ‘n mens ‘n kans vat met ‘n gevaarlike hond as jy dalk nie opgewasse daarvoor is nie?  Dus kom dit terug na die eienskappe van ‘n sekere ras.  As jy reeds ander diere het, kan jy ‘n kans vat met ‘n hond wat nie juis bekend is om met ander diere oor die weg te kom nie?  As jou persoonlike eie kinders soos ‘n trop bobbejane te kere gaan, kan ‘n mens met ‘n skoon gewete ‘n sensitiewe hond kry?

Wanneer ‘n mens ‘n dier aanskaf, behoort dit tog te wees tot die dood skei.  Om ‘n hond as ‘n individue te oordeel, sou beteken om ‘n hond op voorskou te neem.  Wat sou ‘n geskikte tydperk vir die evaluasie?  Sal so ‘n evaluasie nie meer kwaad as goed doen nie?  Vir die kinders, ander diere, jouself en die hond waarmee die onderhoud gevoer word nie?

Hoe voel julle oor opregte honde?  Is daar rasse waarvan jy besonders baie hou of wat jy nie voor jou oë kan verdra nie?  Hoe oordeel jy ‘n hond?

Breinvasbrand:  Van watter land is ‘n mopshond oorspronklik?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Compton Mackenzie.


Aksies

Information

11 responses

19 02 2015
scrapydotwo

n Pug my liewe merrie!(nie juis mal oor hulle met hul kort snoete en gesnork nie) Ek dink ek moet n stukkie skryf oor “honde” en “honde”. Dis n lekker onderwerp om oor te kuier.
Sal dit hier by jou kom plak as ek klaar is want dit sal beslis uit die oog van Trompie my hond plaasvind!

22 02 2015
Xena Phoenix

Ek is self mal oor ‘n mopshondjie. Eendag as ek groot is.

Hoe spreek die Kiwi’s Trompie uit?

Dalk moet ek ‘n storie oor ‘n hond skryf.

19 02 2015
Olga

Hulle kom van China. Nes Chow chows. Ek verkies Chows of Rifrug. Hulle leer maklik. Nes Mopshondjies snork Chows ook dat hoor en sien vergaan. Dit moet ‘n chinese ding wees. My chows is ontvanklik vir aandag. Ek wens net ek kan meer kinders aan Gemz voorstel. Sy is geneig om skuiling te soek as sy kinders sien. Hulle kom maklik met ander diere oor die weg. Nadat jy hulle goed laat verstaan het dis maatjies nie kos nie.

22 02 2015
Xena Phoenix

Chows doen hulle naam gestand. Chow (eet) hulle lewe om. 😉 My sekuriteitsmaatskappy is versigtig vir Chows. Niemand kom glo in wat ‘n Chow nie toelaat nie.

19 02 2015
Spokie sny spoor

Aaag, die foto is te pragtig! Oulike honne. Jy praat waar dat die eienaar ‘n hond maak. Oulik geskryf. Weet nie of ek ‘n voorliefde vir ‘n spesifieke hond het nie, maar my hubby like bullterriers, want die skelms wat verby loop in die straat hou nie van bullterriers nie – hul loop draaie …

22 02 2015
Xena Phoenix

Dankie. 😉 Ek het die foto persoonlik self van Google gesteel.

Persoonlik dink ek mens kry Terriërs en honde. Ek is nie mal oor terriers nie. As hulle nie blaf nie, baklei hulle.

19 02 2015
rondomtaliedraai

Ek is baie lief vir honde maar nadat ek die laaste een (Boston terrrier) moes laat uitsit, het ek besluit nie weer nie. Ons mag ook nie regtig diere aanhou want ons woonstelle is nie omhein nie

22 02 2015
Xena Phoenix

Dit is regtig hartseer om jou dier te laat uitsit.

Mag julle nie eers katte aanhou nie?

21 02 2015
coetzee2014

My beskeie opinie, is dat daar net 1 ras is wat werklik intelligent is en dit is die skaaphond, goed nie net Border Collies is skaaphonde nie, maar dit is eintlik die enigste ras wat geselekteer word vir wat hulle kan doen. Geslagte lank al. Die meeste ander rasse word net geselekteer vir hulle uiterlike voorkoms en dalk vir hulle vegvermoë, Dankie!

22 02 2015
Xena Phoenix

Is enige herdershond ‘n skaaphond?

Ek het as kind ‘n boek gehad van ‘n hond vir elke huis. 😉 Daar was baie interessanthede oor verskillende honde rasse gewees. Soos dat ‘n bulldog geteel is om bere te jag. Ek dink amper ‘n worshond is geteel om rotte te jag. Dalmasiërs is geteel om mooi te lyk vir koetse. En Chows is geteel om geëet te word.

Daar is natuurlik ook baie nutshonde. Soos ‘n Duitse Herdershond wat dikwels deur sekuriteitsmagte gebruik word. St Bernards wat mense uit die sneeu moet gaan grawe en Husky’s wat vir gevoer gebruik word.

23 02 2015
coetzee2014

Jy vra of enige herdershond ‘n skaaphond is? Dit kan ek nie sê nie, maar ek het altyd gedink dat skaaphonde net soos Border Collies en Kelpies moet lyk. In Nieu Zeeland en Oz honde gesien, wat gladnie so lyk nie en tog baie goeie werkers was.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: