Wit Veertjie

17 02 2015

‘n Voorwerp is ‘n voorwerp totdat daar ‘n sekere betekenis daaraan verbind word.  Neem ‘n wit veer byvoorbeeld.  Niks om oor opgewonde te raak nie.  Tog is dit ‘n voorwerp wat Britse mans (insluitende die van die Britse Kolonies) laag kon gevat het.  Vir die meeste mans, was ‘n wit veer beslis nie ‘n pluimpie vir hulle hoedens nie.  Dit wat ‘n teken van lafhartigheid, iets wat van ‘n uitgegroeide man ‘n muis gemaak het.  Iets wat hulle ten alle koste wou vermy het.

Wat is nogal besonders aan ‘n wit veer?  Blykbaar is hane met wit stertvere nie as geskikte opponente van haangevegte gesien nie.  Hane met die wit vere was glo as ondergeskikte hane gesien.  In elk geval, in 1914 is die Orde van die Wit Veer gestig deur ‘n Admiraal Charles Fitzgerald.  Hy het vroue gebruik om die wit vere uit te deel aan mans wat nie in uniform was nie.  Die implikasie was dat hulle te bang was om hulle plig vir hulle land te doen.  As hulle regte mans was, sou hulle by die weermag aangesluit het.

Die vernedering om ‘n wit veer te ontvang was genoeg om baie mans te oortuig om by die weermag aan te sluit.  Dit was natuurlik nie oral as ‘n goeie idee verwelkom nie.  Iemand wat byvoorbeeld reeds in die weermag was, het dit glad waardeer om met ‘n veer vereer te word as hulle die dag in gewone straatklere was nie.  Daar was natuurlik ook mans wat geldige en/of mediese redes gehad het hoekom hulle nie kon weermag toe gaan nie.  Boonop het die staatsamptenare so vinnig aangemeld vir oorlog, dat daar min mans oor was om die oorlog te administrateur.  Aan die anderkant was dit vir die pasifiste amper ‘n kompetisie om te sien wie die meeste vere kon versamel.

Ek verstaan die vere het weer in die Tweede Wêreldoorlog kop uitgesteek.  Dit was oor die algemeen, ten spyte van die kritiek teen dit, ‘n baie suksesvolle veldtog.

Ek wonder nogal of so iets nie in Suid-Afrika kan werk nie.  ‘n Simbool wat aan mense toegeken word om aan hulle te bewys hulle is geweeg en te lig gevind.  Iets wat hulle sal aanmoedig of boelie om hulle deel te doen of om te skoert waar hulle simboolloos sal wees.

Kom ons neem onbevoegdheid as ‘n voorbeeld.  Gestel nou ons deel argumentsonthalwe vir hulle toiletrolle uit.  Hulle sal weet dat die gewer dink hulle werk soos hulle gatte.  Hulle het ‘n keuse.  Of hulle bewys hulle waardig vir die pos of hulle verdwyn by die toilet af.  Kan ek my ‘n oomblik verstout om te sê dat Nkandla onder ‘n berg toiletrolle sal verdwyn?  Hopelik sal ons dan ‘n bekwame president kan kry.

Daar is natuurlik net ‘n klein tegniese probleempie.  Het iemand wat ‘n pos vul wat hy nie kan doen nie genoeg trots om hom te beskaam?  Of moet ‘n mens ‘n simbool kies wat selfs die mens wat geen trots het se eer sal kan krenk?

As jy mense op ‘n manier kan beskaam om iets te doen, wat sal dit wees?  Wat sal jy wil aanspreek en wat sal jy as ‘n simbool kies om jou boodskap oor te dra?

Breinvasbrand:  Wie het beweer dat die meisies net wit vere uitdeel om van kêrels van wie hulle moeg is ontslae te raak?  (“idiotic young women were using white feathers to get rid of boyfriends of whom they were tired”. )

Breinlosbrand:  Olga was reg – die dogters is buite eg gebore.


Aksies

Information

16 responses

17 02 2015
Olga

EERSTE!

18 02 2015
Olga

Ai tog, weg is my elelange 5c.

18 02 2015
Xena Phoenix

Jy sal maar moet oortik. 😉 Dit het nie in spam of die modderbad opgeëindig nie?

18 02 2015
scrapydotwo

Sal liewers ie kommentaar lewer nie. My bloed kook sommer

18 02 2015
Xena Phoenix

Ek het geweet baie mense is allergies vir vere, maar dat dit iemand se bloed laat kook? 😉 Ek is nuuskierig.

18 02 2015
scrapydotwo

He he, ek heteers gaan tee drink om af te koel. Sal later weer terugkom hierheen!

18 02 2015
Olga

Ai, ek dink ou Sally is getoor of weer oppad om te crash. Dalkies is ou Fitzgerald agter al my verdwynede 5ce. Maar weet jy wat admiraal, die sal dit weer tik. ‘n Blerrie vierde keer.

18 02 2015
Olga

Nou vir die vyfde keer. Die keer gaan ek na elke sin “copy”. Die staatsmanne kan maklik “OORLOG OORLOG” skree en mense opkommandeer om te veg terwyl hulle self lekker knussies “in the country side” die oorlog gaan uitwag. Mense soos die ou admiraal het dan dom vroue gebruik om mense genoeg te beskaam sodat hulle kon gaan veg en sterf sodat mense soos die admiraal, brigadier en wie weet wat nog, veilig kon bly. Knussies in hulle uniforms agter hulle lessenaars sonder om ooit ‘n gevegsfront te sien nie. So wie moes die vere gekry het, adm? Ek stem saam met Compton Mackenzie, dis dom vroue wie van hulle mans/ kerels ontslae wou raak wie geloop en vere uitdeel het.

18 02 2015
Xena Phoenix

Ek geniet Fenner Brockway weer – wat sy vere met trots versamel het. Hy is ‘n pasifis en trots daarop. Mackenzie was snaaks genoeg wel ‘n soldaat.

So jy sal nie ‘n soortgelyke stelsel in SA insamel nie? Natuurlik nie om oorlog te maak nie. Dalk vir korrupsie of so iets?

18 02 2015
Olga

Ah, met elke oortik, het nog ‘n stuk van my braak weggeraak. Wat gee jy vir die korrupte etters? Jy kan hulle nie ‘n drol gee nie, die drol kan vir jou werk. Al is dit in die molshoop of komposgat. Ja, mens moet hulle op die een of ander manier kan beskaam, maar hoe? Dalk ‘n kers sonder ‘n pit? Dan het hulle dit, maar kan dit nie gebruik nie. Is mos nie meer in die stooise waar die was kan help vuur maak nie. Dalk die toiletrolkarton nadat die papier af is. Die kenteken is moeilik. Maar die idee daaragter het beslis meriete.

18 02 2015
rondomtaliedraai

Ek hou nie my asem op nie …

18 02 2015
HesterLeyNel

Nee, ek ook nie.

18 02 2015
Xena Phoenix

TSK! 😉 Soveel vir positiewe denke.

19 02 2015
HesterLeyNel

😀 Maar nou vra ek jou, as hulle vanuit eie geledere so beledig word soos wat Maimane onlangs gedoen het (http://www.news24.com/Live/SouthAfrica/News/WATCH-5-moments-Mmusi-Maimane-burned-Zuma-20150217) en skaamte skop nog steeds nie in nie, wat sal dan … ?

19 02 2015
Xena Phoenix

Verkoop Spar nog nie skaamte nie? Of moet ‘n mens van taktiek verander. Dalk by die voorvadergeeste gaan draai?

19 02 2015
Spokie sny spoor

Mmmm – vere is eintlik vir my baie interessant. Eks mal oor tarentall-vere en is altyd nuuskierig om te weet watter voel dit is, wanneer ek een optel.

Te lig bevind? Kan interessante onderwerp wees hierdie ook.
(Weereens – baie goed geskryf)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: