Toeka Tokkel 8: Balkon is ‘n stoep in die lug

17 02 2015

Scrapy se onderwerp van die week is Stoepstories.

Ek kan nie juis veel onthou van die stoepe van die huise waarin ek groot geword het nie.  Siende dat ek my skedel op die buite trappe gekraak het (het nou nog die eier), is dit seker geen wonder nie.

Ons het wel op Varsity ‘n lekker stoep by ons koshuis gehad.  Self het ek nie juis tyd op die stoep deur gebring nie.  Daar was wel ‘n paar eerstejaar kamers wat op die stoep uitgekyk het.  ‘n Eerstejaar mag onder geen omstandighede ‘n man in haar kamer hê nie.  Verder mag ‘n Eerstejaar nie na middernag buite die koshuis wees nie.  Eerstejaars in ons koshuis moes ook kamers gedeel het.  Dit kan nogal ‘n gevryery vreeslik belemmer.  Een van die meisies het wel ‘n antwoord op die probleem gehad.  Sy het saans na inkomtyd deur haar venster gevry.  Hoe lekker die gevryery was, sal ek nou nie kan sê nie.  Daar was gewoonlik elke week ‘n ander ou gewees.

Wie wil nou in elk geval op die stoep sit as daar ‘n balkon was?  Ek kan nie onthou of Eerstejaars die balkon verbied was nie, maar ons het die balkon soos die pes vermy in ons eerste week in die koshuis.  Elke los semi en senior was daar geplak gewees om gegroet te word.  Om in of uit die koshuis te kom, moes jy verby die balkon loop en dan was hulle reg vir jou.  Jy kon ook nêrens heen gaan tot jy elke liewe meisie op die balkon volledig en op haar naam gegroet het nie.  Bewaar jou siel as jy nie een se naam geken het nie.

Ons het gewoonlik ook op die balkon gekamp wanneer die mans ons koshuis kom serenade het.  Dit was gewoonlik enige tyd tussen 11 nm en 6 vm.  Dit was veral hoog waardeer as die manskoshuise tougestaan het om te kom sing.

Daardie balkon het heelwat van my hoogtevrees besweer.  Kyk, dit is lekker om op die balkon te staan, maar soveel beter om daarop te sit.  Eers doer ver op die punt waar niemand jou per ongeluk kan afstamp nie, maar later het jy sommer in die gedruis gesit.  Ons het met tye sommer bo-op die balkon se reeling gestaan of gedans.  Ek het selfs al van stories gehoor waar mense matrasse onder die balkon gesit het en van dan van die balkon af daarop gespring het.  Ek dink egter nie dat ek dit al ooit gesien het nie.

Ons het wel ‘n paar kere as dit versegend warm was op die balkon (of een van die ander balkonne) geslaap.  Ons het ook dikwels op die balkon gewerk of geverf.  Ek is seker daar was al ‘n balkon-gly ook iewers gewees.  Al het dit net van die gang af op die balkon oorgeloop.

Eendag as ek groot is, soek ek ‘n huis met ‘n balkon.

 


Aksies

Information

10 responses

17 02 2015
HesterLeyNel

O nou het jy my ‘n idee gegee – ek gaan blog oor my nuwe balkon-stoep. Dis die eerste keer wat ek so hoog in die lug woon en dis ‘n belewenis! Met jou serenade-storie laat jy my nou ver terugverlang.

17 02 2015
Olga

Nie vir my nie, dankie.

18 02 2015
‘n Toilet met ‘n uitsig | Dis Ekke

[…] Ek het nou nie juis eerstehandse ondervinding van stoepe en hulle stories nie, maar toe sien ek Herriemerrie sê in haar blog oor hierdie onderwerp, dat ‘n balkon net ‘n stoep in die lug is. Toe […]

18 02 2015
rondomtaliedraai

So koshuis kan ook baie stories vertel.

18 02 2015
Delia Rabie

Daardie balkon lyk so na die een waarop my koshuis uitgekyk het laasjaar. Ek was bitter jaloers op “milner house” en hulle mooi balkon.
Plak net ‘n paar potte met plante bo op ‘n balkon en jy het ‘n lekker boeklees-wegkruipplekkie.

18 02 2015
Xena Phoenix

😉 Die foto is van Vergeet-My-Nie (deel van Asterhof). Dit is die oudste dames koshuis op Tuks.

22 02 2015
Delia Rabie

AH! dis juis dat dit so bekend lyk. Ek boer elke week daar saam my vriendinne🙂

19 02 2015
19 02 2015
Spokie sny spoor

Mmm – jou storie bring nogals baie herinneringe terug van my koshuis dae …

23 02 2015
Kameel

Nou hoekom dink ek nou aan Romeo en Juliet?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: