Dan wil ons kinders leer

16 02 2015

Ek het Rondomtaliedraai nuuskierig gemaak oor onderwysers wat nie altyd hulle vak ken nie.  Dit is seker onregverdig om te verwag dat ‘n onderwyser al die kennis en pag moet hê.  Ek sal egter dink dat hulle ‘n goeie fondasie moet hê om ‘n vak aan te bied.  As hulle te kort skiet, behoort hulle ten minste vir Google op die regte manier te nader om te help.

Dit laat my dink aan die Wetenskap onnie wat ons op hoërskool gehad het.  Sy het ‘n standaard antwoord gehad as daar ‘n vraag was wat nie in die handbook verduidelik was nie:  “Mmmm, baie goeie vraag.  Kom ons maak dit jou verantwoordelikheid om vir ons te gaan uitvind.”  Glo my, die volgende dag wou sy geweet het wat jy uitgevind het.  Bewaar jou siel as jy nie ‘n antwoord gehad het nie.  Sy sou dan ook verder verduidelik het as dit nodig was.  Dit was dan ook gewoonlik iets wat jy nie gou weer vergeet het nie.

Ek sal haar enige dag ‘n goeie onderwyser noem, hoewel sy nou nie iemand was met wie jy gaan skoorsoek het nie.  Helaas, is alle onderwysers nie so nie.  Die onderwyseres waarna ek verwys het die nodige antwoord gehad, sy wou ons net leer om self goed te gaan opsoek.  Baie onderwysers weet nie, wil nie weet nie en gee ook nie regtig om nie.  As dit nie in die handboek staan nie, is dit nuttelose inligting.  Nog meer skokkend is dat hulle algemene kennis ook maar gevaarlik naby aan nul is.  Dan is hulle die mense wat die jeug moet inspireer om te wil leer.

My suster is ‘n hele klompie jare jonger as ek en was ook in ‘n ander hoërskool as wat ek was.  Eendag bel sy my (ek was toe reeds op universiteit) om haar te help dink oor ‘n wetenskaptaak wat oor uitvinders gegaan het.  Nou kyk, ons Phoenix’e is bekend vir ons luiheid.  Die taak moet dus maklik, goedkoop, vinnig en nie iets wees wat almal anders sal doen nie.  Ons besluit toe op telescope en Galileo Galilei.

Daar het haar wetenskap onderwyser nog nooit van Galileo Galilei gehoor nie.  Sy erken dit boonop nog sonder om te blik of te bloos. Hy is maar net die vader van Fisika en dan praat ons nie van sy werk in Astronomie nie.

Breinvasbrand:  Hoekom het Galileo sy dogters Virginia en Livia as ontroubaar (kan nie trou nie) gesien en hulle aangemoedig om nonne te word?

Breinlosbrand: Olga was reg met Mannemarak


Aksies

Information

17 responses

16 02 2015
rondomtaliedraai

Jy is ongelukkig reg. Die ander kant van die munt is dat daar onderwysers is, wat die ekstra myl loop vir die swakker kinders en ook die die wat ‘n groter uitdaging moet hê

17 02 2015
Xena Phoenix

Al lyk dit nie dikwels so nie, weet ek jy is reg. Ek haal my hoed enige dag vir ‘n goeie onderwyser (nie net met kennis en aanbieding van ‘n vak nie, maar ook met omgang met die kinders) af. Hulle kry te min erkenning vir wat hulle doen.

Jy was mos ook voorheen in die onderwys, nie waar nie? Ek let op dat jy nooit “vandag se kinders” of hulle gedrag blameer vir die prestasie van onderwysers nie. Dit vertel my nogal dat jy een van die goeies was (is).

17 02 2015
rondomtaliedraai

Ek dink werklik dis die stelsel wat die kinders en die onderwysers faal … Selfs kindwees is vandag nie meer vir sissies nie. Hulle moet aan soveel vereistes voldoen dat hulle skaars kop bo water hou

16 02 2015
Olga

Eisj. Jy kry onderwysers, dan kry jy onderwysers. Wie eerder die ekstra myl sal loop met die “top presteerders” en die kind wie die saamloop nodig het, sal ignoreer. Dan staan hulle voor ‘n klas vol leerlinge.

Omdat sy dogters buite egtelik was?

17 02 2015
Xena Phoenix

Ek moet erken dat die wetenskap onnie wat vir my skool gegee het, haar nie juis aan die wat swak gedoen het gesteur het nie. Sy het ons volgens punte in die klas laat sit. Die wat die beste presteer het, het heel voor gesit. As jy haar vrastel gedruip het, was jy heelagter in die lab gedeelte gesit. Dan het jy haar tyd gemors en het sy haar hande gewas. Sy was (is) nogal ‘n bitch – in meer as een opsig. Maar ons het goed klaar gekom.

Terloops, daar was baie van die sogenaamde Top Presteerders wat maar eerder na ‘n ander vak gaan soek het.

16 02 2015
scrapydotwo

Olga gee n mond vol!
Ek het self jaaare skool gehou – ho-er en laer skool. Daar is baie voorbereiding nodig om reg te laat geskied aan jou vak. Ek het n tydperk in n biblioteek gewerk. Die lekkerste was die studie afdeling. Daar kon ek na hartelus leerlinge met hul werk help. Ons het opgesoek dat ons blou in die gesigte word. Maar dit was lekker, veral as die kind/student se liggie skielik aangaan en verstaan waaroor dit gaan. ( dit was nog voor mnr/mev Google se tyd, hulle het pas hul opwagting begin maak. Ons het nog boeke en fotostate gebruik)

17 02 2015
Xena Phoenix

Kan jy onthou wat daardie kabinet waarmee jy boeke in die bib gesoek het genoem?

Ek wil nog regtig eendag die voorbereiding sien. Ek het nogal baie vriendinne wat onderwyseresse is en ek het al dikwels gehelp vrastelle nasien. Maar van die veelbesproke voorbereiding, het ek nog nooit iets gesien nie.

17 02 2015
scrapydotwo

Liaseer kabinet of rak. Ek het daarvan gehou om my goed kortliks opte som of vir twee weke voor te berei. My tema/onderwerpe het meestal oor twee weke gestrek. Daar is dan genoeg tyd om behoorlik navorsing te doen en op einde te toets of daar darem vordering is.

17 02 2015
scrapydotwo

o die liaseer kan onder Outeur, Titel of onderwerp wees

17 02 2015
Olga

Kaart katalogus? Of soos som mense sê keTAlogus.

17 02 2015
Olga

Behalwe dat ek self skool gegaan het, het ek vier kinders op skool gehad. Twee was toppresteerders, twee was nie. So ek suig nie wat ek sê uit my duim nie, ek praat uit ondervinding.

17 02 2015
scrapydotwo

Ek weet presies waarvan jy praat. Driekwart van onderwysers is nie die naam onderwyser werd nie. Veral in vandag se tyd. Ek het self ook kind grootgemaak wat baie aanmoediging en hulp van my kant moes kry omdat…..

17 02 2015
Toortsie

In enige beroep is dit so: Daar is goeies en daar is slegtes… dokters…advokate… tandartse… straatveërs… melkers…

17 02 2015
Xena Phoenix

Dit is ook waar. Dalk moet ek volgende keer oor die slegte dokters en tandartse kla.

17 02 2015
Toortsie

Of admin personeel… sekretaresses…

17 02 2015
Xena Phoenix

Ek kan darem nou ook nie elke dag die heel dag oor almal se werk kla nie. 😉

19 02 2015
Spokie sny spoor

Ek dink in vandag se dae met ons nuwe SA is daar vele wat nie werklik ‘n sertifikaatjie agter hul naam liewer moet plaas nie …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: