Trouklokke / Doodsklokke

13 02 2015

Waaroor kan ek vandag, Vrydag die 13de Februarie 2015 praat?

State of the Nation Address?  Piesang Republiek.

Vrydag die 13de?  Het al alles wat ek kan daaroor gesê.

Dit laat ons dus seker met die 14de Februarie.

Een of ander Facebook funksie het nou die dag bereken dat ek op 5 Desember 2018 gaan trou.  Ek volstaan daarby dat ek ‘n gebore enkeling is.  Ek doen nie liefde nie en ek doen veral nie Valentynsdag nie.  Maar ek het dit al tot vervelens genoem.  So kom ons beweeg aan tot fiksie.

Die meeste programme het een of ander spanningslyn tussen die manlike en vroulike hoofkarakters.  Die spanning van wanneer hulle nou uiteindelik by mekaar gaan uitkom, kan oor vele seisoene spoel.  Hulle sal een stap vorentoe neem en twee terug.  Die een sal ewige liefde verklaar, maar dan is die ander persoon nie reg nie of in ‘n ander verhouding.  Hulle sal saam in die bed opeindig, maar dan besluit dat dit ‘n fout is.  Oor en oor en oor – tot by die punt van geen omkeer nie.

Dit is dan waar ‘n sprokie sal eindig met “They married and they were together happily everafter”.  Waar daar kontrakte en kykersgetalle te sprake is, is dit selde die gevolgtrekking.  Gelukkige lewens is nie goeie kyk materiaal nie.  Wie stel eerlik belang dat die booswigte tot verantwoording gebring word of die aarde gered word.  Die persoon op die operasietafel gaan dit in elk geval nie maak nie.  Daar is dus min om die kykers vasgenael te hou.

Vervaardigers doen dan een van twee dinge.  Die sprokiespaar se huwelik (samesyn) begin verbrokkel.  Hy kul of sy oortree ‘n groot morele kode van hom.  Anders probeer hulle ‘n ander paartjie, waaroor die storie nie gaan nie, se leë harte of beddens te vul.  Dit werk wel soms, maar dit raak dan soort van vuil.  Nie meer sprokie materiaal nie.

Ek verstaan dat baie mense wel van die uitmekaar tuimel en vas sukkel hou.  Dit is glo nader aan die werklikheid as gelukkige huwelike, maar ek is te veel van ‘n optimis daarvoor.

Dit is hoe romanse gewoonlik aan die einde opgeduiwel word.  Dit is nou te sê as hulle dit van die begin af reggekry het.  Ek verstaan dat akteurs en / of aktrises dikwels met mekaar getoets word om te sien of daar aanklank (chemistry) is.  Ek dink hulle jaag dikwels daarmee aan.  Neem Grey’s Anatomy as ‘n voorbeeld.  Ek dink dat Callie Torres en Mark Sloan die beste (enigste) vonke op die stel afgegee het.  Helaas het daar niks daarvan gekom nie.  Meredith Grey en Derrick Sheppard is so flou soos verdunde Coke.  En beide van hulle het klein oë.  Sal hulle kinders ooit kan sien?

Toegegee, ek is geen kenner van chemistry nie.  Sal dit nie herken as dit my oor die kop slaan nie.

Hoe voel julle?  Wie is julle gunsteling TV / Fliek / Vermaakkunstenaar paartjie?  Watter twee kan jy nooit uitpluis hoe hulle bymekaar kon uitkom nie?  Behoort sprokies te eindig by die Eureka oomblik of is daar nie meer plek vir sprokies nie?

Breinvasbrand:  Wie is Shrek se groot liefde?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Phillipus


Aksies

Information

11 responses

13 02 2015
Olga

Ek weet ek weet ek weeeeeet! Dis Fiona.

13 02 2015
Olga

Jy sal dit nie glo nie want sulke dinge krap my mos om, maar ek dink Derek Morgan en Penelope Garcia van Criminal minds hoort saam. ook Olivia Dunham en Peter Bishop van Fringe. Hulle moes “Meredith Grey” eerder Derrick Sheppard se maiden aunt gemaak het. Nes hulle eerder vir die vervelige tandsuigende Paula eerder Altroos se ma moes gemaak het. Die vrou werk net nie tussen die jonger mense as sy so duidelik 28 is nie. Maar ek dwaal alweer af. Mense kan net so maklik in die bed spring sonder die kommersiële sirkus rondom Valentyns dag. Laat ek maar volstaan daarby.

14 02 2015
Xena Phoenix

Olga, hoe moet die winkels nou oorleef tot en met Paasfees. Januarie, nadat die skoolbehoeftes gekoop is, is lankal verby.

13 02 2015
Spokie sny spoor

Hehehe, ai Herriemerrie, dat so ‘n briljante brein soos joune nou moet stof word. Oulik geskryf.

Jy is ‘n gebore enkeling? ja – daar is nogals so ‘n gawe (aangesien ek hierdie naweek ‘n gawe-kursus moet aanbied) Hul noem dit die gawe van onthouding. Daarom doen jy nie liefde nie en ook nie Valentysdag nie. (Glimlag – totdat daardie ruiter op die perd jou voete onder jou uitslaan, wees gewaarsku, dit gebeur vinnig!)

En jys in die kol met jou fiksie-stories. Oor en oor dieselfde ou gebeure.

14 02 2015
Xena Phoenix

Stof? Eers gaan die wurms dit eet en dan seker uitbollie voordat dit stof raak. 😉

Ek het van die talent / gawe gehoor. Weet nie of ek heeltemal daarmee saamstem nie. Party dinge is net, dat hoef nie verweer of verdedig te word nie. 😉 Iemand het my eendag vertel dat ek die gawe het omdat ek ‘n slegte ma sal wees. Uhm? Ek dink nie regtig sy weet waarvan sy praat nie.

14 02 2015
scrapydotwo

Afgesaag, oor en oor en oor dieselfde. Ek dink ons moet weer terug na sprokiestyd beweeg dis baie meer “romanties” as hierdie gedurige in die bed spring van almal.

14 02 2015
Xena Phoenix

Deesdae is monogamie iets wat al hoemeer ‘n onrealistiese verwagting gemaak word. Iets wat net sotte sal verwag. Wel, ja.

14 02 2015
scrapydotwo

Netso!

14 02 2015
rondomtaliedraai

Hehehehe… ek het vandag ‘n Valentyns ete so reg met hartjies en rooi en wit gedoen… vreemd ho0e min mense ooit daaraan saamgedoen het so dit was ‘n eerste vir baie. Ons het altyd die dag gebruik om lekker fondse in te samel. Ek dink mens moet dalk meer as een Valentynsdag per jaar doen – net om mense te heriinnder dat mens maar kan lief wees vir ander?

15 02 2015
Xena Phoenix

Ek is maar ‘n bitterbek betreffende valentynsdag. Ek volstaan by elke dag behoort Valentynsdag te wees.

16 02 2015
rondomtaliedraai

Dis waar maar hier by die aftreeoord is ietsie ander vir ete lekker om die dag bietjie op te kikker. Baie mense ry nie meer nie en die vermaak is mos maar skaars. Ek dink op die oomblik aan Menseregte dag in Maart, maar sal versigtig in die pietersielie moet trap want dit kan ‘n teer sakie word … het jy nie ‘n blink plan nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: