Dood

11 02 2015

Die ergste ding van vlieg is om soos ‘n sardientjie styf teen ander mense sit.  Ek hou baie van my persoonlike spasie.  Alhoewel, ek sit enige dag eerder styf teen iemand sit wat baie sweet en boonop stink as langs ‘n lyk.  Ek dink ek spring by die venster uit as iemand langs my sterf.  Ja, ja – ek is nie verniet die leier van die Paashaas bende nie.

Met miljoene mense wat jaarliks vlieg, is dit onvermydelik dat iemand van tyd tot tyd sy laaste asem op ‘n vlug gaan uitblaas.  British Airways het ongeveer 10 sterftes ‘n jaar aanboord.  Daar is altyd die moontlikheid dat iemand gaan verstik of onbepland ‘n hartaanval gaan kry.  Dit het al meer as 1 keer gebeur dat ‘n vlieënier in die middle van ‘n langafstandvlug aan ‘n hartaanval gesterf het.  Dit is hoekom daar ten minste twee vlieëniers op kommersiële vlugte is.  Terminaal siek mense onderneem ook dikwels ‘n laaste reis, wat hulle nie altyd kan voltooi nie.  Daar is ook natuurlik diegene wat nie eintlik moet vlieg nie, maar nogtans die kans vat.

Wat gebeur egter wanneer iemand op ‘n vlug die tydelike met die ewige wissel?

Omdraai of onbeplande landings is gewoonlik nie ‘n opsie nie.  Dit kan die hele situasie vir die familie moeiliker maak.  Veral as hulle in elk geval oppad huistoe was.  Dit is baie makliker om begrafnisreëlings te tref in ‘n bekende omgewing as by die eerste, beste plek waar jy kan land.  Verder kan dit die paar 100 ander passasiers se planne lelik befomfaai.  Dus druk die meeste lugrederye maar deur met hulle vlugplan.

Verskillende lugrederye het verskillende planne.  Singapore Airlines het blykbaar body bags (wat is dit in Afrikaans?) op van hulle vlugte.  As iemand dus op ‘n vlug sterf, kan hy daarin gesit word en gebêre word in ‘n kompartament wat daarvoor ontwerp is.

In die verlede was die lyk glo gewoonlik op gestel dat dit kon lyk of hy slaap.  Die vlugpersoneel sou ‘n kombers oor die persoon gegooi het, vir hom ‘n drankie en koerant gegee het en sy oë met ‘n slaapskud bedek het.  Deesdae skuif hulle (as hulle kan) die persoon na ‘n minder besige deel.  Wat gewoonlik Eerste Klas of Besigheidsklas is?  Hulle laat weet die passasiers rondom die lyk en bytvas tot hulle land.  Die lyk word tot by die nek met ‘n kombers bedek, maar die gesig word oopgelos.  Die sitplek waarop die lyk was word blykbaar voor die volgende vlug vervang.

Die lyk mag egter onder geen omstandighede in die toilet gehou word nie.  Eerstens kan ‘n lyk nie in die toilet vasgegordel word nie.  As die lyk dus net verkeerd val in die hokkie, sal hulle omtrent die hele vliegtuig uit mekaar moet haal om dit daar uit te kry.

Terloops – het julle geweet dat die toilet die plek is wat die meeste sterftes na ‘n bed het?  Blykbaar voel die mense wat op die punt is om ‘n groot hartaanval of bloedklont deur die longe kry dikwels asof hulle maag moet gaan.

Ek het nogal kop gekrap oor hoekom die kop oop gelos moet word.  My boesemvriendin het my hier in die steek gelaat.  Ek het al weer vasgevang geraak in ‘n paar begrafnis rituele.  Ek het al vantevore gepraat van die Oosterlinge se doodsgebruike wat Satï en Jauhar insluit.  Ek moet egter die Dani’s van Wet Papua, Nieu Guinea noem.

Vrouens en kinders wat aan die afgestorwene verwant is se vingers word afgesny.  Daarmee stel hulle blykbaar die geeste tevrede gestel en weggedryf.  Die vingers word eers afgebind met ‘n tou voordat dit met ‘n byl afgekap word.  Die fisiese pyn is ‘n blykbaar ‘n uitdrukking van die smart en verlies wat hulle voel.  Nou wonder ek regtig – hoekom nie die afgestorwene se manlike verwantes nie?

Breinvasbrand:  Waarvoor staan André P. Brink se P?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Persoonlike Identifikasie Nommer.


Aksies

Information

10 responses

11 02 2015
Olga

Phillipus

Eerste.

Se moer in ‘n mandjjie. My vingers is my vingers. Die kop word oopgelos om dit minder eerie te maak. Dink net hoe almal sal sit en staar as die kop toegemaak word. Maar die sitplek vervang? Ek vind dit bietjie dik vir ‘n daalder. Klink amper na ‘n anc feit.

13 02 2015
Xena Phoenix

Daardie vingers is dankie tog verbied. Wie de hel dink sulke strooi uit?

Dit is redelik vinnig om die sit gedeelte van ‘n vliegtuig se sitplek te vervang. Dit is dikwels los. Die lyk het ook nie noodwendig geknyp toe hy/sy sy/haar laaste asem uitgeblaas het nie.

11 02 2015
HesterLeyNel

Okei, dankie vir die nuus omtrent die maag wat wil gaan voor ‘n hartaanval of bloedklont; nou gaan ek paranoïes knyp elke keer as my maag wil gaan.

13 02 2015
Xena Phoenix

😉 Een dood is jy skuldig en wie laaste lag is die Skoppensboer.

12 02 2015
Spokie sny spoor

Aardeland Herriemerrie! Waar kom jy aan al jou oulike griffeltjies! Jy laat my glimlag … en nogals interessant ook geskryf.

13 02 2015
Xena Phoenix

Is iets ouliks as dit nie interessant is nie?

Al wat ek kan sê: sterk strepe nuuskierigheid en ‘n goeie vriendin google.

12 02 2015
Olga

Dood kan baie scary wees op die beste van tye. Bid jou aan as daardie lyk nou daar in eerste klas (?) sit, met die kombers oor die kop en daar is turbulence? (ken nie die Afr woord nie.) Mense gaan voel die lyk het hulle gejinx. Maar dink hoe gaan dit vir Olga raak? Ek sal ‘n sagte warm sit sit.

13 02 2015
Xena Phoenix

Turbelensie? Vieslike anglisisme. Daar is altyd turbulence in ‘n vlug, darem nie altyd ‘n lyk nie.

12 02 2015
coetzee2014

Interessante blog. Daar slaap deesdae soveel mense op vliegtuie, met die kombersie oor die kop, dat hulle daardie ongelukkige passasier se kop, maar gerus kan bedek.

13 02 2015
Xena Phoenix

Ek het ook al gesien hoe mense met die kombers oor die kop slaap. Hoe sal g’n mens weet nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: