Die liewe mens

10 02 2015

Ek vind dit nogal interessant dat daar Menseregte is en Vroueregte.  Alhoewel, dit behoort eintlik geen verrassing te wees nie.  ‘n Vrou is mos nie ‘n mens nie.

Nee, regtig!  Dit staan in die Bybel.  Gaan lees maar self.

Aan die einde van die skepping is die mens geskape om ‘n oog oor alles te hou.  Dit is nou wat ons vandag ‘n man noem.  Natuurlik het hy nie alleen die mas op gekom nie.  Daarom het God die mens geneem en ‘n diep slaap oor hom gebring.  ‘n Ribbebeen is geneem en die vrou is daaruit geskep.  Die mens het toe ‘n maat gehad.  Daar was dus ‘n mens en ‘n vrou.

Sien julle nou?  ‘n Vrou is dus nie ‘n mens nie.  Dit is ‘n goeie ding ook.

‘n Paar hoofstukke verder staan dit juis dat God spyt is dat Hy die mens geskep het.  Njannies, gaan lees maar self.  Maar ek het nog nie die stuk gekry waar dit stand dat God spyt is dat hy die vrou geskep het nie.

Terloops, die Bybel vermeld ook nie dat God die mens weer wakker gemaak het nie.


Aksies

Information

9 responses

10 02 2015
vuurklip

Daai ding in die prentjie is nie man óf vrou nie!

11 02 2015
Xena Phoenix

Man! Die prentjie is polities korrek. 😉

10 02 2015
KarinA

Ja nee kyk ek weet ni of dit ‘n kompliment is of belediging ni! Ek wou eers op my perdtjie spring en toe voel eK goed! Ek ht dit geniet!

11 02 2015
Xena Phoenix

LOL! Ek het dit die eerste keer by ‘n man gehoor.

10 02 2015
seegogga

Mmmm skerp se ek jou, skerp!

11 02 2015
Xena Phoenix

Dankie. So oud soos Olga en die berge.

11 02 2015
scrapydotwo

Ja, wyse woorde! Wie kan stry

11 02 2015
Xena Phoenix

Presies

11 02 2015
Spokie sny spoor

hahaha! Oulik. Sit jou slim kind. (Ek moet die een onthou as ek weer by huwelikskampe praat! )

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: