Saamstaan

8 02 2015

Dit is iets wat ‘n mens nogal dikwels iewers raak lees:  Blankes kan nie saamstaan nie.  Of die meer eksklusiewe “Afrikaners kan nie saamstaan nie.”  Gewoonlik wanneer iemand op ‘n seepkis gespring het en massas om hom / haar soek om seker te maak hy / sy val nie.

Saamstaan is seker ‘n dubbele swaard.  Aan die eenkant is vasstaan makliker en veel meer effektief as daar ‘n groep is.  Een stem, hoe logies en opreg dit ookal is, kan maklik geignoreer word.  Dit is nie so maklik om ‘n gedruis stil te maak of uit te doof nie.  Dit is ook so dat ‘n demokrasie die groep wat die meeste mense wat by dit saamstaan laat regeer.  Dit beteken nie altyd dat dit die beste groep om te lei is nie.  Die enigste manier om van die groep ontslae te raak, is om meer stemme op ‘n ander (hopelik beter) groep te vestig.

In die woorde van Ceasar:  Divide and conquer.  Of as jy eerder Griekse wysheid verkies, luister dan na Aesop.  “United we stand, divided we fall.”

Aan die anderkant, word almal nie geleer om weerstand te bied teen groepsdruk nie.  Saamstaan is op die ou einde van dag eintlik ook maar net groepsdruk.  Netsoos saamstaan vir tieners nie noodwendig ‘n goeie ding is nie, is dit vir volwassenes ook nie.  ‘n Groep mense word gewoonlik makliker opgesweep as ‘n individue.  Dink word gewoonlik nie vir saamstaan vereis nie.  Eerder die blindelingse volging van die een wat rigting aan die saamstaan gee.  Dit is gewoonlik waar alle euwels uitbroei.

My gevolgtrekking is dus seker dat saamstaan ‘n goeie ding is, as daar vir die regte redes saam gestaan word.  Is die blote feit dat jy blank of Afrikaner is genoegsame rede om saam te staan?  Maak die blote feit dat jy blank en/of Afrikaner is dat jy met elkeen wat namens blankes of Afrikaners praat moet saam staan?  Al praat hulle snert?

Blank of Afrikaner is nie ‘n doel nie.  Mens moet seker saamstaan om een of ander doel te bereik.  Daar moet seker ook ‘n duidelike plan van aksie wees.  Daarby moet daar seker grense wees.  Mens kan met die edelste en reinste bedoelinge saamstaan, maar as die groep bose dade began, reverdig die doel die middele?

Wat dink julle?

Breinvasbrand:  Watter speelkaart verteenwoordig Julius Ceasar?

Breinlosbrand:  Brutus Jeans


Aksies

Information

14 responses

8 02 2015
rondomtaliedraai

Ek word so moedeloos as die Afrikaners so rassisties wil saamstaan … so as of daar nie Afrikaner diewe en moordenaars is nie – dan is dit ag siestog die arme kind … ek moenie eers begin nie

9 02 2015
Xena Phoenix

Ek kry dikwels die idee dat hulle net wil saamstaan vir saamstaan. Nie om iets te bereik nie. Wel, dalk net om balhorig te wees.

13 02 2015
rondomtaliedraai

Ja dwarswees is ‘n beginselsaak

8 02 2015
Olga

die koning van diamante het ‘n Romeinse byl. So dit kan hy wees.

Enniehoe, ons is oor die algemeen volwassenes wat tot logiese denke in staat is. Tensy dit ook deur assosiasie verlore gegaan het. Ek glo in saamstaan. Soos byvoorbeeld teen die hemelhoë elektriseteit terwyl mense in die lokasies ‘n vasgestelde aantal kw gratis kry. Dis bog. Ons is almal burgers van die land, as een kry, moet almal kry. Of teen die etol. Die blanke gatgabbas soos die tante van Vrydag aand, het die LAER INKOMSTE GROEPE uitgesonder vir wie die etol te duur sal wees. Vir my, is die LAER INKOMSTE al sinoniem met die swart mense. Ek sê weer, dis bog. As een betaal, moet almal dieselfde betaal of niemand betaal nie. Dis groepsdruk wat ek sal aanwakker, Die “moer hom/haar want hulle is anders” is bog wat logika my sê is onaanvaarbaar.

9 02 2015
Xena Phoenix

😉 Nou is die vraag: Gaan ‘n boikot van KKNK ‘n invloed op die elektrisiteitprys hê?

Siende dat ‘n mens in elk geval nie op elektrisiteit kan staatmaak nie, moet ons dalk ophou om elektrisiteit te koop. Hoe gaan elektrisiteit aan die laer inkomste groepe dan befonds word. Buitendien, as almal alternatiewe energie bronne gebruik, wat gaan dan van ESKOM word.

Seker weer ‘n geval van talk is cheap, but money buys solar panels and generators.

9 02 2015
Olga

Weet jy wat kos die solar panele en veral generators?

9 02 2015
Xena Phoenix

Helaas.

9 02 2015
scrapydotwo

Ek dink dis maar n menslike ding. Ander se goed is altyd beter as joune, hoekom hulle en nie jy ook nie? Dis n sirkel wat nasies vernietig en dan weer na vore bring met geweld. Saamstaan bring ook geweld want die groep is meestal opgesweep deur 1 fanatiese spreker met n paar handlangers. Hier gaan dit ook so met die Blankes wat eintlik engelse is en Gekleurdes wat Inheemse volk is wat saam met blankes hier ingekom het en nou ondertrou het sodat daar geen suiwer een is nie en dan al die Oosterse nasies wat oorweldigend baie is.(ek beter ophou ek praat nou in sirkels)

9 02 2015
Xena Phoenix

Dit is daardie opswepers wat my bekommerd maak. Aan die anderkant, dit is seker nie sy skuld as almal hulle ore aan hom uitleen nie.

Ek is nie teen saamstaan soseer nie. Maar ek is beslis teen saamstaan vir iemand se ego.

9 02 2015
Spokie sny spoor

Goed gestel en beredenaar. Sê jou sê!

9 02 2015
Xena Phoenix

Dankie.

9 02 2015
klippie

Ek dink die probleem is dat meeste mense nie vir hulleself dink nie. Dan gaan hulle maar agter die ou aan met die hardste stem

9 02 2015
Xena Phoenix

Dit is seker maar seer om te dink.

9 02 2015
Olga

Of eie denkvermoë het in die drankglas vergete gebly.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: