Toeka Tokkel 7: Almal dra jeans

6 02 2015

Scrapy se onderwerp die week is klere / mode.  Of jy nou ‘n modepop, fat of ‘n droeë bokkom is, almal dra denims.  In plein Afrikaans is dit sommer jeans, alhoewel die HAT reken dit is jannas.  Dit is seker ook die veelsydigeste kledingstuk van almal.  Dit doen om in die huis te werk, maar kan ook opgetert word vir iets meer formeel.  Dit kan sommer mos stukkend ook wees.

Maar hoekom sal ek die deugte van ‘n denim besig?  Daar is soveel mense wat dit beter as ek doen.

Goed, goed – die “Hippy Hippy Shake” het seker niks met ‘n jeans uit te waai nie, maar ek kon die Swinging Blue Jeans nie met die inskrywing ignoreer nie.

Wanneer gaan iemand sing van ‘n Adonis in Blue Jeans?  Met of sonder ‘n hemp.  Wag, ek dwaal af.

Wel, ek hoef seker niks meer te sê nie.

Denims is mos amper sinoniem met rockers.

Voordat ek van seksisme aangekla word.

Ek neem aan hy is nie meer so oulik nie, maar ek sou graag saam met David Dundas in sy jong dae gaan motorfiets ry.

Die beste word natuurlik vir laaste gebêre. 😉

Hoe hou jy van jou jeans?  Is daar nog jeans liedjies waarvan ek nie weet nie?  Het ek jou gunsteling jeans liedjie gespeel?  Hou Afrikaanse sangers nie van jeans nie?

Breinvasbrand:  Vir watter handelsmerk was Jeans On geskryf vir hulle advertensie?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Hazard Analyses and Critical Control Points.


Aksies

Information

13 responses

7 02 2015
scrapydotwo

Gee wizzzz maar jy het n versameling “jeans” liedjies gekry. Dankie vir die saam gsels vir Toeka-Tokkel se klere. Ons het hul op n stadium denums genoem. Ek het altyd Penny Coelen se “jeans” gekoop omdat sy vir die bietjie frisser ouer dames n goeie snit gehad het. Vandat hul nou”made in China” is kom my been in maar my se boepie word nie ingetel by die maat nie!

7 02 2015
Xena Phoenix

Penny Coelen soos die een wat Mej Wêreld was? Was sy ook ‘n ontwerper?

7 02 2015
scrapydotwo

Jip, einste! Sy het n hele reeks vir die voller vrou ontwerp. Toe dit “Made in China” word was dit nie meer dieselfde nie. Edgars het dit verkoop

7 02 2015
Olga

Penny C Grieters? Ek het dit nog onlangs by Edgars gesien.

7 02 2015
Xena Phoenix

😳 Ek het nooit gewonder waar Penny C vandaan kom nie. Of Merien Hall of Kelso of Adidas nie.

7 02 2015
HesterLeyNel

Oe Dr Hook! Ek wens ek het nog sulke boude gehad; ek sou hulle GESWAAI het en jy kon vir my gesing het. Jeans is al wat ek dra wanneer ek koud kry. Die dag toe ek opgehou het met werk, het ek al my netjiese “power dressing” klere ook opgegee.

7 02 2015
Xena Phoenix

Ek wonder of ek my kan verstout om te sê dat ‘n denim die een ding is wat almal inpak as hulle reis?

Wat ek die meeste van Dr. Hook se video geniet, is hoeveel pret almal in die video het. Daardie blinde man wat skielik kan sien as sy verby stap. 😆

7 02 2015
Olga

Ek hou ook van my jeans soos in die Dr Hook video. Dit reik bo-oor die bulte en knoppe en sal alles bymekaar nie. Niks kan dan soos ‘n tjoepie uithang bo-oor die jeans se band nie. Die “lowriders” is nie vir ons nie. Ek het altyd Stringbeans jeans verkies, dit was ideaal vir die langer bene. He he he. Die Afrikaanse liedjie skrywers wil eerder sex self besing.

7 02 2015
Xena Phoenix

Die enigste Afrikaanse liedjies wat ook klere gaan wat ek so vining kan onthou is “Dans met die rooi rok” en “Die Witbroek”. Ironies genoeg, altwee van Randall Wicomb.

9 02 2015
Spokie sny spoor

Lekerrrr . Moet sê: “I love my jeans too!”

12 02 2015
12 02 2015
Kameel

Sit op die oomblik met kopseer oor die einste denim. My dogter trou en dit is ‘n denim en “stewels” – soos jy my so mooi geleer het -troue. Waar vind ek op hierdie aarde ‘n ordentlike jean vir my lang bene?

8 10 2015

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: