Wat is in ‘n datum?

5 02 2015

Ek het noudie dag by Fakkel vertel van my rys wat al etlike jare verby die vervaldatum is.   Die rys is seker al oud genoeg vir ‘n biografie.  My kamermaat van die tyd se selfoon het in die toilet geval.  Sy het toe my pakkie rys gebruik om haar selfoon mee droog te maak (terloops, die truuk werk).  Die pakkie rys se roeping is toe gevestig vir selfoon herstel.  My kamermaat het toe genope gevoel om die rys te vervang.

My kamermaat het intussen verhuis en haar rys agtergelaat.  Ek gebruik dit nou maar om my yskas te laat vol lyk.  Dit is ook natuurlik gerieflik naby as ek die dag rys wil / moet kook.  Die rys voel darem nie soos ‘n uilspieël nie.  Dit word geselsskap gehou met vervalde meel, bruismeel, konfyt en botter.  Waarvan ek weet.  Daar kan nog vervalde goed elders wegkruip.

Hoekom?

Ek kook selde en bak nog minder.  Soms tref ‘n bevlieging my en dan moet ek die nodige bestandele koop as ek dit nie reeds het nie.  Alles word nie op een slag gebruik nie en dit is groot sonde om kos te mors.  Dus bêre ek tot ‘n volgende keer, as daar ooit ‘n volgende keer is.

Die enigste keer wanneer ek my aan ‘n vervaldatum steur is wanneer ek in ‘n winkel is.  Ek probeer gewoonlik die item met die langste vervaldatum koop.  Wanneer dit eers ingetrek het, bly dit.  Tot tyd en wyl dit hare groei, sleg ruik of af lyk.  Die vervaldatum is ‘n riglyn, maar ek is instaat om self te kan oordeel of dit nog veilig is vir gebruik.  So het ek al melk gehad wat 10 dae nadat dit ‘verval’ het bruikbaar was.  Dieselfde geld vir eiers, vleis, groente en vrugte.

Ek het iewers verlede jaar gelees dat Suid-Afrikaners meer as R300 miljoen / jaar se goeie kos weggooi.  Net omdat die vervaldatum bereik is.  Hier is darem een euwel waaraan ek onskuldig is.  Vervaldatums word konserwatief geskat sodat die vervaardigers so min as moontlik vir bederfde ware te betaal.  Dit is dus nie iets  wat ‘n mens blindelings kan vertrou nie.

Daar is natuurlik uitsonderings.  Ek sal nie die vervaldatum op vis of medisyne bevraagteken nie.  So waaghalsig is ek nie.

Volg jy vervaldatums blindelings?  Waarmee sal jy nie kanse vat nie?  Is dit werklik nodig dat alle kos soorte ‘n verval datum moet kry?  Skroef jy die winkel op as die goedere bederf voordat die vervaldatum bereik is?

Breinvasbrand:  Waarvoor staan HACCP?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Manhattan.

Advertisements

Aksies

Information

14 responses

5 02 2015
scrapydotwo

Dis waar van vervaldatums wat jy hier noem. Hier by ons is een kettingwinkel wat altyd n waentjie met “vars” vervalde groente/vrugte in het, wat hul vir $1 verkoop. Daar is soms regtig pap/muwwe goed tussen. Ek koop gereeld my slaai, spinasie, selfs aardbeie of enige vrugte daar.

6 02 2015
Xena Phoenix

Dit is wel waar ek die lyn trek. Ek koop nie vervalde goed nie. Die winkels hoef nie uit alles ‘n pennie te maak nie. Hulle kan dit weggee.

My PnP gee naby toemaaktyd die sushi verniet weg. As jy net na die sushi kyk, is hulle vinnig om jou ‘n aanbod te maak. Gewoonlik koop een en kry een gratis. Dit pas my goed. 😉

6 02 2015
scrapydotwo

Sal maar nie antwoord hierop nie. Vir my is n vervalde slaai beter as geen slaai.

6 02 2015
Xena Phoenix

Seker ook waar. As ek ‘n winkel gehad het, het ek vervalde goed verniet weggegee. Dit is dan seker goed dat ek nie ‘n winkel het nie, ek sou seker binne die eerste maand bankrot gegaan het.

6 02 2015
scrapydotwo

Is so. Daar by julle is daar so baie wat nie regtig gesonde kos kan bekostig nie dat die gratis weggee hul sal help. Hier sit hul vervalde yskasgoed ook op spesiale prys voordat hul dit weggooi. Dis vir jou om te besluit of jy dit gaan gebruik(dis nou kaas, yogurt diesoort)

6 02 2015
Olga

Hazard Analysis & Critical Control Points

Soos jy sê, ‘n riglyn is bloot dit, ‘n voorstel. Ek het eenkeer fudge gemaak. Man, ek sê onbeskaamd, die beste nog gewees. Ek en Tumi het weggelê, ons kon nie opgehou het nie. Toe moes ons uitvind wat het die fudge so lekker gemaak. Later die leë blik uit die asblik gaan grou. Toe agtergekom dit was omtrent vyf JAAR na die verval datum. Wys jou ne, dit het met ouderdom verbeter. Kon nog nooit weer sulke lekker maak nie. Bewys dat die verouderde produk beter as die varse was. (Was in alle waarskynlikheid nog ‘n NP beheerde produk.)

6 02 2015
Xena Phoenix

Kondensmelk is soos goeie wyn seker? 😉 Mens sal met ‘n weerligstraal getref word as jy kondensmelk weggee.

6 02 2015
Toortsie

Hoe het ek dan nie ‘n kennisgewing gekry dat jy van my skinder nie?
Hoop darem jy het die pakkie selfoonrys weggegooi! En nee, ek steur my slegs by bederfbare goed aan die vervaldatum, en eintlik gebruik ek maar my eie oordeel.

6 02 2015
Xena Phoenix

Is jy laf? 😉 Waarin anders moet ek my selfoon sit as dit in die water val? Die selfoon rys is in die kas, die kookrys is in die yskas.

6 02 2015
Toortsie

Pasop dat jy deurmekaar raak…

6 02 2015
Xena Phoenix

Nie maklik nie. Buitendien sal kookwater al die selfoon kieme doodbrand.

6 02 2015
Toortsie

Die KIEME dalk, maar nie die GEDAGTES nie…

6 02 2015
Spokie sny spoor

Mmmm – vervaldatums? ek dink mens moet die kossoorte afsonderlik hanteer. Familielied van my werk as hoof van Checkers, en bring hy baie kossoorte huistoe wat se datums verval het. Dan is daar niks fout met dit nie. Ons gebruik dit.

Mens kan mos maar proe ook aan die goed? Jou stukkie is oulik geskryf, hoor. I Like.

7 02 2015
Xena Phoenix

Dit gesê, maar weet jy hoe sleg is ‘n onverwagste mond vol suurmelk? 😉 Daar is ‘n rede hoekom ‘n mens eerste moet ryk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: