Raakvatgoeters

4 02 2015

Haar hande staan vir niks verkeerd nie.

Dit is die laaste ding waarvan ek beskuldig kan word.  Dit is ‘n gesonde kombinasie van twee linker hande, luiheid en algehele gebrek aan belangstelling.  Boonop hou ek nie daarvan om my hande vuil te maak nie.  Nee wat, my vaardighede lê in my kop en nie in my hande nie.

Alhoewel, mens kan nou nie eintlik ‘n elektrisiën bel as ‘n gloeilamp die gees gee nie.  Nou nie almal is poppies wat weet hoe om wimpers te fladder om die buurman in ‘n ridder te om skep nie.  Daar is dan net een genade:  doen dit self.  Dit is mos nie veronderstel om ‘n gespesialiseerde operasie is nie.

Dus moes ek al beide my linkerhande inspan om die nodige herstelwerkies te doen.  Weet julle wat is die moeilikste daarvan om ‘n gloeilamp te vervang?  Dit is nie om die ou een uit te haal en met die nuwe een om te ruil nie.  Dit is nie om ‘n redelike delikate voorwerp versigtig genoeg te hanteer sonder om dit te breek nie.  Dit is nie eers om bo op ‘n leer te klim nie.  Die moeilikste is om die nuwe gloeilamp aan te skaf.  Dit vat my soms weke, indien nie maande nie.

Dit is moeite om die vervlakste ding te gaan koop.  Eerstens moet jy verder as jou daaglikse brood en melk dink as jy in die winkel is.  Die dag wanneer jy wel onthou dat een van jou vertrekke in die donker is, is daar die dilemma van watter gloeilamp jy nodig het:  inskroef of pennetjies.  Glo my, dit is altyd die een waarsonder jy huis toe gaan.

Onderhoudswerk strek verder as net gloeilampe vervang.  Om ‘n gloeilamp te vervang het jy gewoonlik nie eers gereedskap nodig nie.  ‘n Bottermes en ‘n stewel strek ook maar net so ver.  Dit help net mooi niks vir as jy ‘n knoop moet aanwerk nie.  Die ‘doen’ gedeelte is eintlik niks; mits jy die nodige voorrade en gereedskap het.

Ideaal gesproke, moet ‘n selfstandige huishouding (een wat nie ‘n loodgieter vir ‘n wasser wil bel nie) sekere voorrade en gereedskap aanhou.  Ek dink nou bevoorbeeld aan ‘n naald, verskillende kleure gare, ‘n tang, die nodige gloeilampe ens.

Wat reken julle moet in elke huishouding wees?  Sonder watter gereedskap en apparaat kan ‘n huis nie?  Waarvan sal ‘n slim mens altyd ‘n bietjie ekstra aanhou?  Wat is die absolute minimum wat iemand vir hulle self moet kan doen?  Wat doen jy op jou eie en waarvoor kry jy eerder professionele hulp?

Breinvasbrand:  Waar was Thomas Edison se eerste kragstasie?

Breinvasbrand:  Olga was reg dat Oom Kallie sy vrou met die besemstok geslaan het.  Wel, net tot sy haar gat gewip het.


Aksies

Information

11 responses

4 02 2015
Olga

Eerste!

4 02 2015
Olga

Manhatten indien ek dit nie mis het nie. Wonder nou nog hoe Sammy Marx se huis elektriseteit kon hê voor Londen.

4 02 2015
Olga

Weet jy, ek het ‘n broertjie dood aan die “professionele hulp. In die eerste plek kom hulle met ten minste een handlanger. Dan bogger hulle off en die handlanger(s) moet opsnork tot hulle uiteindelik onthou van die handlanger. So hoekom betaal mens hom ‘n kleinhuisie vol geld as sy handlanger die werk gaan doen? ‘n Tang en ‘n skroewedraaier vir my.

5 02 2015
Xena Phoenix

Dit is so. Ek weet byvoorbeeld van patoloë wat net die uitslag teken en 10 keer meer betaal word as die wetenskaplike wat die werk doen. Dit is nie eers elke dag seker of die patoloog die verslag lees nie. En dit werk met ander beroepe maar dieselfde.

5 02 2015
scrapydotwo

Probleem met al die handige ding is dat as jy dit in voorraad het het jy dit nie nodig nie. Hoekom dus spesiale dinge koop om te help vir ingeval iets gebeur. Ek het self ook die probleem van as ek by winkel is onthou ek nie daarvan en as ek tuis is het ek vergeet om dit te kry.

5 02 2015
Xena Phoenix

Des te meer rede om die goed in voorraad te hê. Jy slaan Murphy bloedneus en hoef nie jou hande vuil te maak nie.

5 02 2015
scrapydotwo

Mmmm nogal waar.(het darem met die tyd alles wat nodig is bymekaar gemaak om self d werkies te doen!)

5 02 2015
HesterLeyNel

Ek hou ‘n man aan. ‘n Handige man. Hy maak al 40 jaar (of daar rond) alles reg wat verkeerd gaan in my huis.

5 02 2015
Xena Phoenix

Werk jou man ook knope aan en some in? Dan is hy ‘n absolute wenner. 😉

5 02 2015
HesterLeyNel

O hel nee, vir daai deel het ek ‘n baie handige dogter – sy aard gelukkig na haar pa. EN albei van hulle kook en weet hoe hoe werk die skottelgoedwasser, wasmasjien en so aan.

5 02 2015
Olga

My handige man glo as hy die goed gekoop het, is die job gedaan. Vir elektriese herstel-werkies wag tot my noolste Nolie tuis is, of ek span oom Ridder in.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: