Die liewe TV liksens

1 02 2015

Was ek die enigste mens wat gekreun het oor die SABC se nuwe TV-lisensie veldtog?  So asof dit nou die regte tyd is om vir geld te vra.  Hlaudi Motsoeneng wat aan die hoof van die SABC staan, het volgens beweringe gejok oor sy kwalifikasies.  Ek wonder as hy nie eers matriek het nie, hoe is hy gekwalifiseerd om ‘n multibiljoen organisasie te bestuur?  Ja, ek weet, ek is ‘n snob.  En suur.  Dit sit nie in my broek om R1.5 miljoen ‘n jaar te verdien nie en dan nog boonop ‘n R2.4 miljoen verhoging in een jaar te kry nie.

Kom ons praat eerder oor die R3.39 biljoen waarvan die SABC nie kan rekenskap gee nie.  Vir die vierde agtereenvolgende jaar is daar reuse vraagtekens oor hulle geldsake.  In die 2013 / 2014 finansiële jaar het die SABC R900 miljoen vermors.  In konteks gesien, die SABC het R927 miljoen uit TV lisensies gemaak verlede jaar.  Dit is blykbaar 30% van die huishoudings wat televisies het.  Duidelik het hulle nie regtig daardie geld nodig gehad nie.  TV lisensies is ongeveer 13% van die SABC se inkomste jaarliks. 

Met die ongeruimdhede in die lig, sien Motsoeneng nog wragtig kans om oor TV lisensies te kom kerm.  Die SABC het boonop verlede jaar begin teem vir ‘n verhoging.  Motsoeneng het vining wal gegooi dat TV lisensies nie gebruik word om salarisse betaal nie.  Dit word blykbaar aangewend on plaaslike programme te ontwikkel en om almal toegang te gee met wat uitgesaai word.  Ek wonder of Motsoeneng sy TV lisensie betaal?

Sover dit toegang betref, is dit net regverdig dat diegene wat betaal het, toegang kry.  Of beter gestel:  as jy nie betaal het nie, kan jy nie toegang kry nie nie.  Dit is nou natuurlik as jy wil toegang hê.  Persoonlik, kan ek daarsonder lewe.

Die plaaslike programme kan dalk my arm draai.  SABC 1 het 64% plaaslike programme – waarvan 25% glo nuusprogramme is of heruitsendings.  Soveel as 21% van die SABC se programme is heruitsendings.  Sien julle hoekom is ek nie besonders lus om TV lisensie betaal nie?

Ek gaan beslis nie iets op televisie kyk wat ek nie nie verstaan nie.  As ek wil lees, gryp ek eerder ‘n boek.  Deesdae is al die Afrikaanse programme heruitsendings.  Nie dat ek noodwendig my neus optrek daarvoor nie, maar gee dit eerder op DVD uit en ek kan die koop wat ek oor en oor wil kyk.  Ek het al lankal ‘n gly in 7de laan gekry.

Ek is verder onpatrioties genoeg om eerder ‘n Amerikaanse reeks te kyk as ‘n plaaslike Engelse program.  Die plaaslike programme het altyd een of ander verskuilde agenda.  Vermaak is ‘n bysaak.  Vertel my asseblief as ek verkeerd oordeel.  Ek kyk deesdae regtig baie min TV.

Die SABC se plaaslike ontwikkeling gaan eintlik oor die ander 9 amptelike tale.  In alle regverdigheid, verdien hulle ook hulle programme.  In tye wanneer ‘n mens graag wil TV kyk.  Maar is dit regverdig om lisensiegeld van iemand te verhaal wat nie voordeel daarvan trek nie?

Die SABC moet dus dink hoe hulle al 11 taalgroepe gaan gelukkig hou.  Hoe moet hulle aan almal se behoeftes voorsien, sonder om iemand anders te na te kom?  Moet die programme die taal demografie van die land weerspeël of moet dit die demografie van die houers van TV lisensies weerspeel?  As dit die land se demografie weerspieël, is dit regverdig dat ‘n Venda (2.4% van die bevolking) dieselfde prys betaal as ‘n Zoeloe (22.7%)?

Is dit dalk nie tyd dat SABC ontbind nie?

Wat dink julle?  Ek voel net bitter elke keer as ek my TV lisensie moet hernieu.

Breinvasbrand:  Wat kos ‘n TV lisensie tans?

Breinlosbrand:  HesterLeyNel was reg met die Vry Messelaars.

Advertisements

Aksies

Information

9 responses

1 02 2015
Olga

eerste!!!!!

1 02 2015
Olga

Ai weet jy, ons het onlangs ‘n nuwe tv stel gekoop. Toe, na twintig jaar van “nie-deelname” aan die sport, het Homer ‘n tv lisensie gekoop. (Ek dink hy raak nou oud.) So Merrie, ek dink dit was R275 of was dit dalk R265. In daardie lyn.

2 02 2015
Xena Phoenix

Ek dink nie mens kan van die staat steel nie. Jy vat net terug wat hulle eerste by jou gesteel het.

1 02 2015
seegogga

As mens baie vinnig lees staan daar: Die liewe TV bliksems.
Ek se; Gee vir elkeen sy eie klein kanaaltjie, al is hy nie heeldag besig nie. Sekere kanale is mos op dstv net sekere tys oop , so maak genoeg tkanale vir al 11 tale dan kan elkeen nuus in sy eie taal op dieselfde tyd kyk

2 02 2015
Xena Phoenix

‘n Baie beter opskrif, reken ek. Ek hou val elkeen sy eie kanaal. Ek sidder egter as ek daaraan dink wat dit gaan kos.

2 02 2015
seegogga

Welvolgens hulle salarisse het hulle mos baie geld. En advertensies sal kom….

1 02 2015
Olga

Ek dink die “ontwikkeling” moet geskiet volgend die geldige lisensie houers. Kom ek wed julle, die grote meerderheid gaan Afr sprekend wees. (Ek is mos nou ‘n wettige lisensie houer.) Daarom mag ek maar ‘n baksteen optel en gooi. Goeie aarde onlangs het die sabc weer ‘n heruitsending van Meeulanders begin. Sommer so tussen neuse en ore het dit van die tv af verdwyn. Ek kyk ook nie meer na plaaslik vervaardigde Eng programme nie. Dis al genoeg my kerk oorspeel hulle hand aan “RECONCILIATION” ek wil nie nog die kak op tv kyk nie. Dis vir ontspanning. Of dis veronderstel om te wees.

2 02 2015
Xena Phoenix

Afrikaans is die taal wat die derde meeste in Suid-Afrika gepraat word. Vet weet wat van Meeulanders geword het.

Weet die draaiboekskrywers nie meer hoe om ‘n storie te skryf nie? ‘n Storie wat oorspronklik is en nie vol bybedoelings nie?

2 02 2015
Olga

As dit nie die boere vergrype oorspeel nie, kan dit blykbaar nie geskryf word nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: