Wie kom beurtkrag toe?

25 01 2015

Ek belowe plegtig dat ek net een keer in 2015 oor hierdie onderwerp sal kerm.

My moermeter spring dadelik verby rooi as ESKOM met hulle dreigemente oor beurtkrag kom.  Julle ken dit:  verminder julle krag gebruik met 10 % of ons verminder dit vir julle.  Ek praat nie eers daarvan wanneer beurtkrag ingestel word of as die kabels (alweer) gesteel word nie.  Waar dit by elektrisiteit kom, is my geduld maar min.  Mense soos Tony Ehrenreich help natuurlik net niks.  Dit is die mannetjie wat eers aangevoer het dat beurtkrag rassisties is en toe weer voorgestel het dat rykes die juk van beurtkrag moet dra.

Is elektrisiteit ‘n reg of ‘n voorreg?

Vanuit my boom lyk dit asof dit in Suid-Afrika ‘n reg en ‘n voorreg is.  Elektrisiteit is jou reg as jy onder ‘n sekere inkomste en/of ‘n sekere ras is.  Anders is dit ‘n voorreg waarvoor jy ten duurste moet betaal.  Ek het eendag gelees dat die sotte in Pretoria omtrent dubbel vir elektrisiteit betaal om elektrisiteit vir die armes te subsideer.  Ek glo dit heeltemal.  Veral nadat ek verneem het dat daar mense is wat presies die helfte betaal per eenheid as ek.

Dit laat my oor drie dinge wonder:

  1. Hoekom kan mens nie elektrisiteit aankoop soos selfoon lugtyd nie?  Almal betaal dus Rx / eenheid ongeag wie jy is en waar jy bly.  Hoekom is die verskillende tariewe nodig?
  2. Hoekom moet diegene vir wie elektrisiteit ‘n voorreg is, betaal om vir ander ‘n reg tot elektrisiteit te gee?  In dieselfde asem:  hoekom moet diegene wat verniet elektrisiteit kry, minder ongerief verduur as diegene wat betaal vir hulle elektrisiteit?  Nee, regtig, my kop is te plat vir die vraag.

Verwag ESKOM regtig dat mense nie ‘n drupel krag moet gebruik tussen 5 en 9 in die aand nie?  Regtig?  Moet mense hulle kinders vuil, honger en vroeg bed toe stuur?  As ‘n mens eers na 5 by die huis kom, moet jy in die donker sit omdat ESKOM nie instandhouding gedoen het soos hulle moes nie?  Een van die hoofredes hoekom mens tog elektrisiteit het, is tog om van die donker gespaar te word.  Hoekom iets hê, wat jy nie mag geniet nie?

Hoe bespaar mens 10 % elektrisiteit?  As jy net twee keer ‘n dag jou ketel kook vir koffie en jou mikrogolf gemiddeld 5 minute ‘n dag gebruik?  As jy nie ‘n lugverkoeler, verwarmer of selfs ‘n waaier gebruik nie?  As jy nooit jou haardroër gebruik nie?   As jy dalk net so twee keer ‘n maand jou stoof gebruik?  As jy net een bondel wasgoed ‘n week was en nie eers by jou huis stryk nie?

Moet jy dalk 10% van jou weeklikse gebruik spaar?  As jy dus 14 koppies koffie ‘n week tuis drink, moet jy met 1.4 koppies afskaal.  Jy moet dus seker net 12 koppies ‘n week drink.  Jou yskas net 6 dae gebruik en sommer jou geyser laat uithaal sodat jy dit nooit kan gebruik nie.

My punt is dat die mense vir wie elektrisiteit ‘n voorreg is, al reeds so min as moontlik gebruik.  Moet hulle heeltemaal ophou om elektrisiteit gebruik?  Dalk net aanhou betaal vir die armes se gerief?

Praat van welvaartsbelasting.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Waarvoor staan ESKOM?

Breinlosbrand:  Die antwoord wat ek het is Piggly Wiggly.


Aksies

Information

4 responses

25 01 2015
Olga

Eerste.

25 01 2015
Olga

Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (EVKOM) / Electricity Supply Commission (ESCOM) Maar Eskom????????????? Dis seker Swahili vir dieselfde.

25 01 2015
Olga

Weet jy, ek het gehoor die “lammes en die kreupeles” wie in ons dorp “Chinaman huise woon, is daar dalk 3% regte lammes en krippeles. As dit dan nog hoe is, gooi die “lammes en krippelles” krukke en rolstoele eenkant toe entoyi toyi vir kak. Maar, hulle betaal nie vir krag nie, nie vir water nie, nie vir munisipaledienste nie. Daarvoor het hulle mos vir my en vir jou. Nee, jy moenie net eenkeer kak en kerm nie, maak ‘n punt daarvan en doen dit eenkeer per maand. As AFKOM die dorpe so rantoeneer, gaan kyk maar gerus, die lokasies is helder verlig. Want ons betaal mos daarvoor. Des was al my kinders tuis, weet jy, teen die einde van die maand het ek al slegs 49,3 kw krag gekry vir R100. Dis FUCKED UP om die heel minste te se. Ek stem vir krag soos selfoon lugtyd koop. Almal betaal dieselfde bedrag. Anders moet ons ook maar leer om ons gewetens te versmoor en krag te steel. Wie kom beurtkrag toe vra jy? Almal wie dit gratis en vir minder kry. Krag nes tersiere “fedda stadies” is ‘n voorreg waarvoor een en almal moet betaal. Die fokken goed wil wit wees, laat hulle soos witgatte betaal.

26 05 2016
Mariette

Ek huur en betaal die Eskom krag wat die eienaar my vra. Wat moet ek per eenheid betaal. Wil net weet dat ek nie meer betaal as wat ek moet nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: