Ek gaan ‘n Trofee wees

23 01 2015

P1330571

Hallo Maatjies

Ekke was vreeslik lank terug hier gewees.  😀  Sjoe, ekke en my perd was baie besig.  😯  Ons wil die volgende Trofee wees.  😆

Weet julle nie wat ‘n Trofee is nie?  😯

Oe!!!  Dit is erg om dom maatjies te wees.  😉  Moetie worry nie, ekke is die slimste, mooiste heks wat julle ken.  😀 Ekke sal julle alles vertel.

‘n Trofee is ‘n singitisie.  😛  Al die maatjies kom sing en dan sms en voëltjie die maatjies by die huis ‘n wenner.  🙂  Die wenner is dan die nuwe Trofee.  Net soos Elvis Bloukous en Hendrik Knipper.

En ekke het gaan tog wen!  Wê Pê Pa Lê La!  😀  Ek sing alklaar mooi.  Lispiek moet net nog leer om die tannie se tokkelklavier te speel.  😯  Wag, laat ek seker maak sy oefen.

Tata Maatjies!





Protestante

23 01 2015

P1330454