Regte Balans

22 01 2015

Sekere regte / vryhede is ononderhandelbaar in ‘n beskaafde wêreld. Dit sluit die reg op menswaardigheid (insluitende vroue- en kinderregte), spraakvryheid (insluitende persvryheid), vryheid van assosiasie, vryheid om te trou met wie jy wil en natuurlik geloofsvryheid in.

Die regte of te wel vryhede is basies daar om elke mens vry te los om hulle eie leef te leef. Die regte kom egter met ‘n prys en is nie absoluut nie: saam met regte kom verantwoordelikhede en jy mag nie in die uitoefening van jou regte ‘n ander van sy of haar regte ontneem nie. Eenvoudig gestel: Leef jou eie leef verantwoordelik en laat ander toe om hulle eie leef te leef.

Die aanvalle op Charlie Hebdo van 7 Januarie is betreurenswaardig. Dit was ‘n aanval op persvryheid en vryheid van spraak. Elemente waarsonder ‘n gesonde demokrasie nie oor die weg kan kom nie. Hulle het terug gekap met die steun van die wêreld. Voorstaanders van vryheid van spraak hou nie noodwendig van wat iemand sê en doen nie, maar sal altyd hulle reg om dit te sê en doen beskerm.

Dit was natuurlik nie die einde nie. Die ekstremiste het weer terug gekap, die keer buite Frankryk en op Christenne. Goed en wel as jy bereid is om persvryheid te sterf. Die vraag is of jy van ander kan verwag om vir persvryheid te sterf? Dit is nie asof Charlie Hebdo al ooit Christenne ontsien het as hulle iets wou sê nie.

Ons het dus aan die een kant Charlie Hebdo wat nie gelowe (geloofsvryheid?) respekteer nie. Dan het ons die ektremiste wat nie persvryheid of geloofsvryheid respekteer nie. Mens durf nie die ekstremiste daarmee wegkom nie, maar mens kan ook nie onskuldige mense daarvoor opoffer nie. Wat is die oplossing?

Kom ons wees reguit. Daar is groepe wie se regte swaarder weeg as ander. Vryheid van spraak / uitdrukking is een ding, maar gaan sê iets skeef oor swartes? Veral as jy die k-woord gebruik. Jy sal nie net wetlik aanspreeklik gehou word nie, maar jy kan amper verseker wees dat jy jou werk sal verloor. Dit is net een voorbeeld. Of gaan lig ‘n mening oor homoseksueliteit wat nie ‘n applous is nie. Jy sal nooit weer uit daardie gat kom nie.

Alhoewel, daar bestaan so iets soos geloofsvryheid. ‘n Klein bietjie respek vir gelowe is seker nie te veel gevra nie. Veral as ‘n mens in ag neem dat dit heeltemal onaanvaarbaar is om sekere groepe in die gesig te vroetel. Almal is seker dieselfde respek waardig?

Hoewel fisiese geweld teen persvryheid nie goed gepraat kan word nie, wat staan iemand te doen wat voel hulle geloof word nie gerespekteer nie? Geloofsvryheid beteken nie dat almal ‘n geloof moet respekteer nie. Tot op watter punt kan ‘n geloof bespot word voordat genoeg genoeg is? Hoekom kan geloof aangeval word sonder gevolge?

Moet geloofsvryheid nie net so aggressief as vryheid van spraak beskerm word nie?

Waar is die lyn?

Breinvasbrand:  Wat is die naam van Charlie Hebdo se voorloper wat in 1970 verban is omdat hulle met Charles de Gaulle se dood gespot het?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Alaska.


Aksies

Information

17 responses

22 01 2015
rondomtaliedraai

Dis reg mense vergeet baie keer te veel en te gou van die verantwoordelikheid.

23 01 2015
Xena Phoenix

Veral in SA. Hier soek die massas elkeen van hulle regte sonder enige verpligting of verantwoordelikheid.

22 01 2015
vuurklip

Geloofsvryheid is een ding. Respek vir geloof (of te wel religie) is iets anders.

Religie kry maar verdien nie meer respek as enige ander denkraam nie. In my opinie verdien religie veel minder respek as bv die evolusie teorie of die kwantum meganika. Laasgenoemde twee het ten minste ‘n waarneembare wetenskaplike onderbou en word aangepas namate meer kennis versamel word.

As die “feite” wat religie onderlê enigsins waarneembaar was, sou daar nie dosyne religieë bestaan het nie. Dis ‘n gestryery oor ìets waarvan niemand regtig iets weet nie – buiten tweeduisend jaaroue oorlewering en interpretasie deur bejaarde kerkleiers wat geen eerstehandse kennis het nie.

23 01 2015
Xena Phoenix

Ek vind jou seining van Evolusie en Kwantum Meganika interessant. 😉 Baie wetenskaplikes sal jou kwalik neem daarvoor, selfs diegene wat jou opinie oor geloof deel.

Ek dink daar moet ‘n lyn wees. Ons moet onthou dat baie mense beledigings / spot teen hulle geloof meer aanstootlik vind as wanneer jy hulle of hulle familie beledig of bespot. Onthou ook dat hulle mense kan vervolg wat hulle beledig. Wat staan hulle te doen as hulle nie hulle geloof kan beskerm nie?

Ek is nie seker of ons hier verwys na respek vir geloof, of respek vir die gelowige nie.

Terselfde tyd dink ek (self ‘n gelowige) nie dat geloof gevrywaar moet wees van kritiek nie. Kritiek is egter nie bespotting nie. Hoekom gaan krap waar dit nie jeuk nie? Veral as ander mense met hulle lewe vir die gekrappery betaal? Provokasie is ook nie iets wat toegelaat kan word nie.

En nee, die ekstremiste se aanval kan nie geregverdig word nie en moet ten sterkste veroordeel word.

23 01 2015
vuurklip

Hoekom sou (baie) wetensaplikes my kwalik neem?

Nie een van die genoemde rigtings is absoluut vas nie. The science is never settled! Bv. in Darwin se tyd was DNA onbekend. Die ontrafeling van die genoom het die basiese Evolusie Teorie aangevul en gewysig.

23 01 2015
Xena Phoenix

Vir party wetenskaplikes is Darwinisme amper ‘n geloof. 😉

23 01 2015
Olga

Hara-Kiri

Ek het ‘n subskribsie gehad vir ‘n godsdienstige tydskrif. Toe kry hulle ‘n nuwe redakteur en van daar af was alles wat fout, verkeerd of lelik in die lewe is, die wit mense se skuld. Ek het hujlle in geen onsekere taal vertel wat om met hulle tydskriffie te maak. Die het die ekstemiste vry gestaan om dieselfde te doen. Ek het so jaar of twee terug een aand ‘n sms van Vriendin gekry. Net eenvoudig gese, “Put your tv on 3.” Was ‘n joernaal program wat beweer het dat Jesus en Maria albei in India begrawe is. (Kon alle plek wys met dien verstande toegang was streng verbode.) Be that as it may, dit was hulle bewys dat ons bybel ‘n vet llieg was van Genesis tot Openbaring. Volgens hierdie program het Jesus en Maria albei in India gesterf na ‘n jare lange bloedskandige verhouding.

Maar o aarde wee jou as jy nie respek wys nie. Sjoes Olga. Netnou wei jy weer uit oor die heterosekueles wie so wal gooi vir die homoseksuele se regte.

23 01 2015
Xena Phoenix

Ek kon nou die dag net my kop skud. Die persoon wat alewig sy mond uitspoel oor almal anders. Hy verdedig homself dan met Vryheid van spraak. Maar toe hy aangeval word, kon hy vinnig hof toe hol om harassment te kla. Toe is hy nie meer gepla met Vryheid van spraak nie.

Ek dink baie van die mense is dieselfde. Hulle skree Vryheid van spraak tot daar in hulle gesig gevroetel word.

23 01 2015
Toortsie

Die geloofding is ‘n “ander” storie, spesifiek die een waarna jy verwys. Ek sal nou baie versigtig moet omgaan met my woorde en ek hoop ek kry dit reg.
Ekstremiste is waar ‘n groot probleem lê. Ekstreme groepe wat Islam aanbid, maak erns met die Jihad opdrag in die Koran. Die verdere gevolge, waarvan ons nooit in die media hoor nie, is dat wanneer so iets gebeur soos wat in Frankryk gebeur het, Christene in erg vervolgde lande, in sulke tye erger vervolg word. Dis of die ekstremiste “tuis” hulle woede dan meer op die Christene uithaal. “Iemand” moet betaal, en as ek dan nou nie in Frankryk kan wraak neem nie, doen ek dit sommer tuis.
Daarteenoor leer Christus ons, as ons Hom volg, ons met liefde moet antwoord. Nouja. Hoe ver gaan ons wat dit aanbetref?

23 01 2015
Xena Phoenix

Die ergste van alles is dat dit nie eers noodwendig ‘n Christen was wat die uitlating gemaak het nie.

Te veel van iets is nooit goed nie.

23 01 2015
Olga

Na my beskeie mening is wedersydse respek al wat nodig is. Daar is baie ander dinge om mee te spot. Ek dink egter net, as Islamiete wil uitdeel, moet hulle verwag om terug te kry.

23 01 2015
Olga

Skuus Grieters, ek raak nou weet “te” op jou blog.

23 01 2015
Xena Phoenix

😉 Pla my nie.

Ek dink dat enige iemand wat oorlog wil maak toe gesluit moet word (alleen – sonder iets om mee te kommunikeer) tot die gevoel oorwaai.

23 01 2015
Spokie sny spoor

Mmmm – jy skryf goed. Is jy joernalis?

Ek het die afgelope twee jaar ernstig debatte gevoer tussen agnostikuste, evoluste, verskillende religieê, wetenskaplikes en vegters vir taal. Voeg nog politiek ook by. (Sug) Eintlik is ek moeg daarvoor. Alhoewel ek baie goeie kennis opgedoen het, glo ek dit het my Teologie goed ondersteun. Maar het ek moeg geword vir die vegterye:

Wat ek WEL gevind het is dat kontroversiêle onderwerpe, al word dit hoe goed uitgetrap en vasgepen, nie skrywers of lesers maklik oortuig van hul eie sieninge. Jy moet werklik vrekgoed wees.

Oortuiging en verandering kan NET in die hart plaasvind, en dit slegs vanuit die oortuiging van ‘n Hoêr Hand. En ook net as daardie hart ONTVANKLIK daarvoor is. Rassionele redenasies bereik selde iets.

Maar, geniet dit. Vir my bly dit interessant en mag ek soms my siening ook ingooi hier. Ek dink dis nodig dat ons sekere paaie loop in Sy Koninkryk, en as jy geroep is as ‘n Petrus – doen dit voluit! In elk geval is ons tyd op aarde eintlik net ‘n leerskool na ewige beter dinge.

Ns: wat my wel nou op ‘n nuwe denkrigting het is om die oeroue feite, soos vervat in die bybel, in ooreenstemming met wetenskap te kry. As die 2 begin saampraat, kom revolusie.

En die ‘match’ is amper op die tafel … eks nogals opgewonde daaroor, maar wil dit eers bestudeer voor enige uitlatings. En hier praat ek nie van Kreasonisme nie. Dit iets heel nuuts en anders!

Jy’s ‘n vegtertjie. Go for it!!! (Ek dink saam sou ons nogal goed kon doen.)

24 01 2015
Xena Phoenix

Nee, ek is beslis nie ‘n joernalis nie. 😉 Ek weet van die dubbel nie.

Spokie, in my ervaring debatteer mense gewoonlik met emosie. En emosie maak hulle heeltemal doof.

24 01 2015
coetzee2014

So loop elke dag nuwe en interessante blogs raak. Tyd om alles te lees, net nie altyd daar nie. Dankie.

24 01 2015
Xena Phoenix

Baie welkom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: