Van waar gehasie

20 01 2015

Ek wil begin deur te sê dat dit alles Olga se skuld is.  Sy het my uitgedaag om weer aktief te blog en wie is ek om nee te sê?  As jy eers een keer ‘n ingeburgerde blogger was, sal jy seker altyd ‘n blogger bly.  In die sin dat ‘n mens altyd maar goeie onderwerpe identifiseer en bêre vir latere gebruik.  Daar is dus beslis ‘n paar herries wat geduldig wag.  Maar na ‘n afwesigheid (met net ‘n wuifie elke nou en dan) is dit seker gepas dat ek myself weer voorstel.

Nee, helaas is dit nie ‘n foto van die uwe nie.  Dit is wel die foto van die karakter waar ek my naam gaan steel het.  In my vakansie het ek ironies genoeg ook navorsing oor Xena (die regte een) gedoen.  ‘n Goeie rolmodel, een waarvoor ek maar eerder moet lig loop vir al die oneer wat ek haar naam aandoen.  Phoenix is uit die lug gegryp, maar nogal heel van pas vir die regte Xena.  Ironies genoeg het die aktrise ook al ‘n paplepel gewen met wat sy “gestir” het.

Nie dat ‘n paplepel ooit sal doen nie.  Hopeloos te klein.  Ek kort ten minste ‘n graaf.  Ek was op ‘n stadium ‘n berugde blogger gewees en dit was beslis nie met die lieftalige skrywes wat ek geplaas het nie.  Ek was al gevloek, met die hel gedreig, doodgewens en die onderwerp van bespreking in ‘n prokureur se kantoor gewees.  Gelukkig het my bang hare lankal uitgeval.

Iemand het onlangs die volgende opmerking oor my blog gehad.  “Ek het lanklaas so ‘n mengsel van lig en duisternis op een webtuiste gesien. Skokkend, eintlik, as jy daaraan dink. Natuurlik sal jy daarmee niks verkeerd sien nie want dit is dan ook juis hoekom jy die heilige en die diabolise so saam saam aanbied.”

Eerlik weet ek nie of dit ‘n kompliment of ‘n belediging is nie.  Ek dink darem nie of enige iets diabolies op my blog is nie.  Terselfde tyd sal ek beslis ook nie enige iets as heilig beskou nie.  Ek het nog altyd gepoog om ‘n wye reeks onderwerpe te dek:  daar is min goed wat ek taboe sal verklaar.  Wel, behalwe “copy & paste” natuurlik.  My filosofie was nog altyd dat as jy God of Satan in alles gaan soek, gaan jy Hom/hom daar kry.  Dit is jou keuse wie jy gaan soek.

Op die blog sal jy iets van alles kry.  Ek is so vlak soos ‘n paashaas, maar ek is tot kritiese denke in staat.  Ek hou van speletjies, maar geniet ‘n stel feite net so baie.  Ek pleeg soms fiksie, maar dit is niks om oor huistoe te skryf nie.  Ek is soms uiters liberaal, net om die volgende oomblik vreeslik konserwatief te wees.  En natuurlik het ek ‘n fietspomp vir ‘n hart, maar gee nie om om te help waar ek kan nie.

Dit is seker nie veel van ‘n bekendstelling nie.  Julle moet maar self probeer sin van my maak.

Enige vrae??


Aksies

Information

10 responses

20 01 2015
rondomtaliedraai

Welkom tuis!

20 01 2015
Olga

Welkom terug Grieters. Niks vraag nie?

21 01 2015
Xena Phoenix

All in good time, Olga.😉

20 01 2015
seegogga

welkom terug! Ons kort bietjie logiese berederings hier!

20 01 2015
KarinA

Dit is vanaand di 1ste keer dat ek jou blog raaklees en jy het my, want die lewe in afrikaans het rerig baie ernstig geraak: plaasmoorde, apartheid, eskom en dieete! Ek voel sommer beter en sien uit daarna om meer uit te vind!

21 01 2015
Xena Phoenix

Jy het gesien ek het ‘n diaboliese blog? Daardie goed word ook elke nou en dan oopgekrap. 😉

Baie welkom.

21 01 2015
Toortsie

Al wat ek te sê het, is BRAVO OLGA! En jy, Merrie, selfs al is jy nou ‘n jaar of wat ouer as wat jy was toe jy begin skryf het, beter hou by die uitdaging. Of…

21 01 2015
Xena Phoenix

Maar OF self is ‘n uitdaging. 😉

21 01 2015
Toortsie

Dit IS voorwaar ‘n job. Ag, en dan skeduleer ek verkeerd en kom al my posts op dieselfde dag…

23 01 2015
Sonlig

Ja. Die hoender of die eier?😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: