Carpe Diem

22 11 2014

Daar is ‘n advertensie op die radio waar ‘n vrou afgerig word om die dag te gryp.  Nadat sy onder andere gebrul het soos ‘n leeu, word sy los gelaat om die dag aan te gaan durf.  Die advertensie reken egter dat dit baie makliker en meer effektief is om ‘n sekere plek se ontbyt te gaan gryp.

Ek weet dat ontbyt die belangrikste ete van die dag is, maar daar is beslis makliker maniere om jou alie in rat te kry vir enige dag.  Ek meen, om ontbyt te gaan koop, moes jy al reeds uit die bed geklim het en ten minste darem jou tande geborsel het.  Tensy die ontbyt self agter jou aandraf, doen dit niks om jou uit die bed te kry nie.  Dit raak dan ‘n taak, iets op ‘n doen-lysie – nog iets waarvoor jy in die bed wil uitkruip.

Maar ek dwaal (alweer) af . . . Ek wil praat van die goed wat jou tande vir die dag slyp en sommer ook die hele dag ‘n glimlag op jou gesig hou.  Dit span sommer ‘n dak oor jou battery waarop niemand die dag kan pieps nie.  Dit is natuurlik net musiek wat dit kan regkry.  Veral as jy dit onverwags hoor . . .

Dus in geen spesifieke volgorde nie, bied ek ‘n onvolledige lys Carpe Diem liedjies aan.

Proud Mary – Tina Turner

Paint it Black- Rolling Stones

Sisters are doin’ it for themselves – Annie Lennox en Aretha Franklin

I love Rock ‘n Roll – Joan Jett

Thunderstruck – AC/DC

Wat maak jou soggens die koning / koningin van die planet?  Julle beurt om die lys volledig te maak.


Aksies

Information

4 responses

22 11 2014
seegogga

Interessante versameling, ‘n Mens sal nadese beslis wakker wees! Maar vir my dalk bietjie skokkend so op die nugter maag.T Met die dat ek nie meer soggens met die aaklige klank van ‘n wekker wakker word nie, verkies ek eerder die volgende voor ek die dag begin. http://www.youtube.com/watch?v=kMTET0xS50k en dan ‘n koppie koffie en beskuit ( verkieslik nog in die bed)…

23 11 2014
Die verkeer na jou blog | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

[…] van die eerste dinge wat Xena destyds vir my geleer het, is dat jy jouself moet bekendstel deur ander blogs te lees […]

23 11 2014
alleman

Wow, goeie keuses, veral Thunderstruck.

26 11 2014
Olga

Enige van daardie liedjies op my nugter maag sal my ook laat Carpe Diem. Sal dag lank ‘n huppel in my stap sit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: