Die ouersvra ding

16 10 2014

Ons weet trou is nie perdekoop nie, maar wat is trou nou eintlik?  Verskillende kulture en gelowe gaan dalk ‘n ander antwoord gee, maar ek dink basies orals het dit begin as ‘n manier om jou ouerhuis te verlaat en ‘n huis saam met iemand anders te begin.  Die grondslag word ook in baie van die trougebruike en tradisies behou.

Ons lewenswyses het intussen drasties verander van die tyd wat jy onder jou pa se dak gebly het tot die dag wat jy trou.  Ek het iewers eendag gelees dat die troudokumente iets gelees het soos dat Susie Botha die voogdyskap van haar vader verlaat om onder die voogdyskap van haar man te staan.  Duidelik van ‘n tyd waar ‘n vrou nie vertrou was om op haar eie twee bene te staan nie.  As haar pa nie oor haar baas was nie, was haar broer tot sy getrou het.  As haar man nie meer kon pa staan nie, moes haar seun die rol oorneem.  Ek sal julle ‘n oomblik verskoon om op te gooi.

Deesdae verlaat seuns en dogters hulle ouerhuise om te gaan studeer of wanneer hulle op hulle eie voete kan staan.  Selfs al verkies hulle om in hulle ouerhuise aan te bly, is daar nie regtig sprake van voogdyskap nie.  Natuurlik hol hulle huis toe as daar probleme is of hulle aanvaar raad met tye, maar dit is anders as dekades gelede.  Al vir dekades lank bepaal ‘n vrou (en ‘n man) se ouderdom haar onafhanklikheid.

Dit spreek dus vanself dat trougebruike verander het.  Die meeste mense trou nie uit hulle ouerhuise uit nie.  Die dae wat bruide maagde was of dat wit reinheid gesimboliseer het, is grootliks verby.  Deesdae is dit nie net ‘n man en ‘n vrou wat met mekaar kan trou nie.  Jy kan selfs jou eie troubelofdes skryf.

Tog word daar nog aan sekere trou tradisies gekleef.  Die hoekom amuseer my geweldig.  Hoe word die tradisies geweeg en beoordeel?  Is dit ‘n weegskaal tussen behoeftes en respek?  Moet behoeftes eerder vervang word met drange?

Die tradisie van ouersvra kielie my regtig pienk.  Daar is op die oomblik ‘n liedjie van Magic! wat juis daaroor handel.   Die man staan vroeg op om sy meisie se pa se toestemming te vra om met haar te trou.  Die pa sê nee, net om beskuldig te word dat hy ongeskik is en dat die outjie in elk geval met die meisie gaan trou.

Hoekom dan vra as die antwoord irrelevant is?

Wat se respek behoort ‘n man aan sy aanstaande se ouers te toon?  Wat se respek is ‘n vrou aan haar man se ouers verskuldig?

Is dit nie op die ou einde ‘n geval dat die beste respek wat jy aan die onderskeie ouers kan betoon is die respek wat jy aan jou huweliksmaat betoon nie?

Maar dan weer – wat is respek?

Breinvasbrand:  Wie is die hoofsanger van Magic! wat Rude sing?

Breinlosbrand:  Tannie Gypsy was reg met God seën Afrika


Aksies

Information

5 responses

16 10 2014
rondomtaliedraai

Respek id die gom van goeie verhoudings … dit vol net of die mense dit begin vergeet…

16 10 2014
Sparkle

Kinders raak anders groot as 20 jaar terug. Dit gaan interessant wees om oor so 10 jaar hul volwasse opinies te hoor.

19 10 2014
Olga

Nasri? As mens kan egbreek, is dit seker reg om dood te slaan ook? Gaan doen die doodslaan tog net op die regte plekke.

18 11 2014
Toortsie

Ons is nog baie outyds, en genadiglik lyk dit of my kinders ook nog outyds is.🙂
Nee man, ek wil nou te baie skryf. Ek sal gaan skryf en jou tag.

18 11 2014
Ouers vra en al daai dinge… | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

[…] Merrie het ‘n baie interessante stuk geskryf oor ouers vra en al daai […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: