Spaar jou sente

14 07 2014

Sover as wat my kennis strek, is die boom waaraan geld groei nog nie ontdek nie.  Salarisse groei minimaal jaarliks.  Tussen die petrolprysverhogings, inflasie, ESKOM en die vervlakste tol, is ‘n verhoging net meer rede om jouself by ‘n swart put af te gooi.  Dan praat ons nie eers oor stakings wat jou dalk maande lank van ‘n inkomste kan beroof nie.

Punt is dat ‘n mens maar moet bespaar waar jy kan.  Daar is goed wat noodsaaklik is, goed wat volgens jou noodsaaklik is en luukses.  ‘n Mens moet maar fyn na jou definisie van noodsaaklik kyk en nodige aanpassings maak.  Dit is bloot die verantwoordelike ding om te doen.  Anders moet jy maar kreatief raak.  Of slim.  Of ‘n kombinasie van die twee.

Daar kan byvoorbeeld geredeneer word dat ‘n gim lidmaatskap ‘n luukse is.  Aftrede is ‘n luukse wat min kan bekostig, dus is ‘n kort lewensverwagting dalk eerder ‘n voordeel as ‘n nadeel.  Aan die ander kant, saam met jou gimkontrak kry jy gratis wifi, gratis rekenaar toegang en toegang tot die meeste Supersport kanale as dit jou ding is.  Jy spaar dus op internet gebruik en sateliet televisie.  Boonop kan jy by die gim stort.  Behalwe dat jy elektrisiteit en water spaar, spaar jy ook jou ore van ESKOM se gesanik.

Ek weet van mense wat al hulle toestelle by die werk gaan herlaai.  Werksvoordele kan seker verder gerek word.  Hoekom enigsins soggens by die huis koffie maak?  Jy kan verder elektrisiteit spaar om dit by die werk te doen.  Verder kan jy toiletpapier bespaar om al jou toiletbesoeke tot kantoor ure te beperk.

Die vraag kan seker gevra word of ‘n mens dan enigsins ‘n huis (met meubels, sekuriteit ens) benodig.  Dalk kan jy sommer in jou kar bly.  Dink net hoe bly jy ESKOM gaan maak.  Jou kar het dan ook ‘n dubbel doel en kan dan as ‘n uitgawe regverdig word.  As jy sommer by die werk (of gim) parkeer, gaan jy minimum petrol gebruik.  As jy 24 uur kan uithou, kan jy in elk geval nie van die perseel afgeskop word nie.  Trek aan die begin van ‘n langnaweek in.

In die somer (vir die Vaalpense) kan jy jou vuil klere in die reën hang en in die winter moet jy net seker maak jy stink nie.

Siende dat alles jou vet maak of gruwelik ongesond is, moet ‘n mens dan seker nie eet nie.  As jy nou opsluit daar die lyn wil trek, is dit seker ‘n goeie tyd om iewers ‘n tuin te begin of om jag as ‘n stokperdjie op te neem.  Jag met ‘n pyl en boog.  Jy kort geld vir ‘n geweer met of sonder ‘n lisensie.

Watter “af” metodes het jy om geld te spaar?

Breinvasbrand:  Watter nasionaliteit is bekend daarvoor om suinig te wees?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Clementine

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

14 07 2014
rondomtaliedraai

Ek sal net by die huis moet bly

14 07 2014
seegogga

Dis goedkoper ‘n bakkie v Checkers se vrugteslaai te koop as om al d vrugte te koop en self te maak. En vroeer jare het ek en my nefie Camenbert saam met ons wyn geeet want ‘n halwe sirkel Camenbert het net 40c gekos en ‘n blok cheddar R 2+. ( in 1979 op Stellenbosch- goeie dae).

15 07 2014
pienkvolla

As ek en manlief die dag stoksielalleen in die huis is, sonder ons elke-dag-se bediende vir wie ek daagliks ‘n bord gekookte kos gee, sal ek beslis meeste van die tyd vir ons kos koop eerder as maak. Ons het al baie tot die slotsom gekom dat dit jou goedkoper kan uitwerk.

15 07 2014
Olga

Dink net as alle “Nie Swart” Suid afrikaners lewe volgens jou voorstel, kan Eskom soveel meer eletriseteit gratis in swart gatte opdruk. Behoort hulle tussen 3 en 6 maande te vat om sonder “nie Swart” Suid Afrikaners se geld hulle gatte good and solid te sien.

Die Iere?

Ek dink defnitief as ek werklik wil spaar, moet ek begin by die naweek kos beplanning en kook self te doen.

15 07 2014
JWW

As ek so na myself kyk – dalk die Hollanders is die suiniges !! Anyhow, ek raak al hoe meer suinig, en sien donker tye wat voorlê – letterlik, en figuurlik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: