Tande uitskop

3 07 2014

Ek het eendag iewers gelees dat dit nie die aggressiewe-storm-vir-alles-mense is wat moord pleeg nie.  Dit is gewoonlik die sagmoediges wat se geduld ophou en dan snap.  Ek is nou nie seker of dit ‘n geval is van blaffende honde of stille waters nie.  Al wat ek weet is dat daar dae is wat ek graag iemand se tande sal wil uitskop.  Verkieslik moet die tande die pad af hop en ‘n bloedstreep saam sleep.  Sal dalk nie my frustrasie oplos nie, maar ek sal dan ten minste lekker kry.

Ek vermoed die heelal wil ook graag sien hoe ‘n irritasie se tande uitgeskop word.  Die frustrasies kom altyd in groot getalle.  Skielik sien ek ‘n ooreenkoms met al wat ‘n vakbond is.  Hulle moet altyd in massas wegkruip en onskuld pleit.  Sal ook nie omgee om ‘n paar onnodige stakers van hulle tande te verlos nie.  Maar ek dwaal af.

Dit is om te gaan inkopies doen in ‘n leë winkel.  Orals sit daar kassiere verveeld rond.  Dan sal die kassier waar jy betaal jou vertel om jou eie inkopies te pak.  Ek kan verstaan as die hande min is en daar is massas kliente.  Maar regtig?  Veral is dit by ‘n winkel is waar ek al my inkopies doen en waar hulle gewoonlik nie huiwer om my goed vir my te pak nie.

Ek wonder altyd hoekom word jy altyd as ‘n klient opgehemel as jy 300 uur moet wag om deur geskakel te word.  Ek soek nie my gat gelek nie, so antwoord net die dêm foon.  Ek sal dan nie onbelangrik voel nie.  Ek kan skree as ek vir 20 minute moet aanhou en na die mees irriterendste musiek nog te luister – net om te hoor dat die konsultant ook nie weet nie.  Grrr!

Dit laat my weer dink aan ‘n trotse Afrikaanse instelling wat ek nou die dag moet bel.  Ek was eers baie beindruk.  Hulle verseker my dat my tyd kosbaar is en dat ek my nommer moet los sodat hulle my kan terug skakel.  Helaas, dit is al 3 weke later, maar ek het nada van hulle gehoor.

Ek haat dit om skoene te koop.  Deesdae het winkels seker nie meer stoorkamers nie.  Alles word op die vloer uitgegooi.  Ek kan die piep kry as ek klient 34o08 vir die dag is en almal wat voor my daar was het al wat ‘n boks is oopgegooi en deurmekaar gepak.  Ek het simpatie met die 34007 wat voor my daar was.  In ‘n bondel kan ‘n mens net soveel doen.  Ek herinner my toe ek klein was, was daar een skoen van ‘n soort uitgepak.  Jy het na daardie skoen gewys en dan het die tannie vir jou die regte grote gaan haal.  Hoekom kan dit nie meer gedoen word nie.

Nou is ek weer van vooraf lus om iemand te laat soek vir vals tande.  Wat kan jou iemand se tande laat uitskop?

Breinvasbrand:  Wat is die mediese term as jy op jou tande kners terwyl jy slaap?

Breinlosbrand:  As Olga met die “tarragoppie met die Vaseline kop” na Julius Malema verwys het, was sy reg.

 


Aksies

Information

14 responses

3 07 2014
seegogga

hoe is jy dan so knerserrig? dis tyd om te kom vakansie hou by die see saam met daardie heksie

9 07 2014
Xena Phoenix

My arm raak rubber as ek op die oomblik enigsins aan die see dink.

3 07 2014
Olga

Bruxisme?

3 07 2014
Olga

Wat kan my tande uitskop kwaad maak? Ek sal dit nou nie kwaad noem nie. Dis deesdae my algemene gemoedstemming. Die dom sanna’s wat elke stoel vol sit en sweet blue boggerawl reg kan doen nie.

9 07 2014
Xena Phoenix

Tande uitskop kan dalk kwaai op die skoene wees. 😉 En dit is nog iets wat my na tande uitskop kan dryf.

4 07 2014
rondomtaliedraai

Jy klink erg opstandig!

9 07 2014
Xena Phoenix

Jy sou ook gewees het. 😉

6 07 2014
Klip

Iewers Praat hulle van n geween en n gekners van tande , en vir die wat nie tande het sal daar voor gegee word

6 07 2014
Klip

Iewers praat hulle van n geween en n gekners van tande , en vir die wat nie tande het sal daar voor gegee word

9 07 2014
Xena Phoenix

Party mense verdien dood eenvoudig nie tande nie. Veral as hulle my irriteer.

6 07 2014
Klip

Askies vir die dubble kommentaar

6 07 2014
Klip

Bruxisme………….Vannaand gaan ek vir Mev Klip beindruk met hierdie …isme.
My tande is al op gebrux………….nog net so n klein bietjie loopvlak oor dan is ek op die rims

7 07 2014
Gogga

As mens eers so begin fantaseer dan kan dinge net dalk te gou oorloop in aksie. Ek is nie ‘n agresiewe mens nie maar swak diens veral as hulle sit en niks doen nie maak my bietjie nukkerig.

9 07 2014
Xena Phoenix

GOGGA!!!!!

Lang tyd geen sien?! Hoe gaan dit?

Gelukkig is ek ‘n ou fantiseerder. Ek weet wat om in my kop te hou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: