Mostert na die maal

8 05 2014

Ek wou nog ‘n paar gevleuelde woorde spreek oor die verkiesing.  Helaas het die verkiesing gekom en gegaan voordat ek my bek daaroor kon rek.  Ja, ja; ek hoor die algemene sug van verligting.  Nogtans het ek ‘n paar gedagtes.

Die Pieter Mulder se aanval op Bobby van Jaarsveld se brief het my nogal ‘n paar minute in die verkiesingstou geamuseer.  Mulder het op ‘n stadium laat waai met:  ““Hy (Bobby) leef v[ir] Afr[ikaans], maar kies DA wat in [die] Parlement nie vir Afr[ikaans] veg [nie]. Hou liewer by musiek – moet [nie] pol[itieke] onkunde wys [nie].”  Mulder het seker op die stadium weereens Churchill se “The best argument against democracy is a 5 minute discussion with the average voter” heelhartig beam.

Nie dat ek met Mulder se sentimente saamstem nie, maar oom Churchill was nie jou gewone dom bitterbek nie.  Soos die verkiesingresultate instroom, moet ek weereens my kop skud vir die gemiddelde kieser.  Nasionaal loop die ANC met meer as 60 % van die stemme voor.  Die gemiddelde kieser het dus hulle kruisies met mening vir die ANC getrek.

Ek is verstom dat enige regdenkende mens vir die ANC kan stem.  Asof die hopie SANRAL rekeninge nie genoeg is om vir EAPADANC (enige ander party as die anc) te stem nie, laat min dinge so ‘n bitter smaak in my mond as Nkandla.  R250 mil kon ‘n skaflike duik in die Gauteng paie opgradering gemaak het.  Pad opgraderings wat veronderstel is om uit brandstofheffings betaal te word.  Dit bring my by die ekonomie en die gewoonte stakings wat dit nog net meer opdinges.  Swak ekonomie, dus minder geld vir noodsaaklike dienste soos onderwys en gesondheid.  Beide iets waaroor ons eerder nie praat nie.  Ek voel genope om weer op my seepkissie te klim oor die mors van my belasting geld.

Kom ons volstaan daarby dat die ANC nie het wat ons benodig om die land op sy voete te hou nie.  Boonop is daar iemand aan die stuur van sake wat jy nie met 5 c kan vertrou nie.  Die enigste manier om van hulle ontslae te raak, is om hulle uit te stem.  Waarom, o waarom sal enige iemand hulle kruisie vir die ANC trek?  Beteken ‘n SASSA kaart en kombers so baie?  Dit is tog immers nie die ANC wat die SASSA kaarte en komberse betaal nie.

Terloops, is dit net ek wat geskok is met die aantal partye op die kieslys waarvan ek nog nooit gehoor het nie?  Ek verstaan dit kos iets soos R600 000 om ‘n politieke party te registreer.  R600 000 elke 5 jaar!  Hoe bekostig party soos KISS dit?  Toegegee, ek dink KISS staan al van 1994 af, al het hulle op die oomblik ongeveer 2500 stemme.  Glo hulle aan aanhouer wen?  Wat nog van die 13 partye waarvan ek nog nooit gehoor, geruik of gesien het nie?

Dit is ‘n skrikwekkende gedagte dat die gemiddelde kieser die lot van die land in hulle hande hou.  Helaas!  Maar weereens het Churchill weer ‘n wysheid.  “”Democracy is the worst form of government, except for all those other forms that have been tried from time to time.”

Viva Suid-Afrika!  Vir wat dit werd is.

Breinvasbrand:  Wie is die hoof van die EFF?

Breinlosbrand:  Olga was reg met  België.

 

 

 


Aksies

Information

4 responses

8 05 2014
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!

8 05 2014
Olga

Daai ander tarragoppie met die Vaseline kop. Waar is hy op pad heen?

bobbie van Jaarsveld. Ag sjym man, sjym. Nog ‘n donnerse tarragop wie nie ‘n Afrikaanse sin van vyf woorde kan praat sonder om dit op te fok met drie Engelse woorde nie. So ‘n regte DA lid, dink jy nie? Ewentwel, ek staan verstom oor die mens se mentaliteit, dalk was hulle vertel dat as hulle nie vir die ANC stem nie, sou tannie Zillie R500miljoen op haar huis blaas en Lindiwe sou ‘n verdere R300miljoen en tannie Patty sou (not to be outdone) ‘n koel biljoen rand op haar huis geblaas het. Alles uit die staatskaste. Net sekuriteits opgraderings, mind you. Ons het mos almal anderdag gehoor dat Zuma se vrou verkrag was by Nkandla en dit was nog voordat hy prosident was. Maar dis die media wat die hele storie oor die R250miljoen uit hulle duime gesuig het, omdat hulle nie mag foto’s neem van Nkandla nie. Die 100% Zuluboy woon nie in ‘n kraal nie, hy woon in ‘n “homestead.” Die grootste deel van daardie beweerde R250miljoen was glo geblaas op ‘n kliniek. (In die fokken gopse) wat uit die lug lyk asof dit deel is van sy “homestead” ” HIE HIE HIE. (baie minagtend.) Lip op onderlip vasdruk en ogies in die rondte draai.’ Wat nie die geval is nie, Die hoenderhokke en beeskraal is seker deel van die kliniek wat ook net uit die lug lyk of dit deel is van sy “homestead” Die biblioteek en teater is daar vir die skool oorkant die pad wanneer dit nou eendag gebou word. Ek is seker Chaka draai in sy graf om oor die Vaselinekop en die 100% Zuluboy wat op ‘n homestead woon en ‘n biblioteek en amfiteater nodig het. Om nie te praat van sekuriteits foefies terwyl hy seker 100 familie lede het wat sy “Homestead” kan patrolleer om diens te gee vir daardie vet staatstoelaag wat hulle maandeliks ontvang nie. Nee wat mnr Prosident. As jy nie jou gesin kan onderhou nie, of jou eie bodyguard kan bekostig nie, gaan kry ‘n job in die privaatsektor waar dit alles as perks ingegooi sal word. Jy is oorgekwalifiseerd vir die job.

9 05 2014
Toortsie

Vir hulle wat SASSA kaarte het, is dit sekerlik belangrik, en … wag laat ek stilbly… daar’s BAIE mense wat SASSA kaarte het. Ja. Lang rye vol.

9 05 2014
Olga

Dis wat my so de vieste in maak. Die DA, Inkatha, ACDP, VF+, almal sal die SASSA kaart stelsel laat aangaan. Teen die tyd weet almal mos al omkoop is die enigste manier.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: