And I gave it up for music?

1 05 2014

Ek was nog altyd stout vir ‘n lekker tag speletjie.  Ek het so lanklaas een gespeel, dat ek sommer gaan vergeet om eers steen en been daaroor te kla.

Seegogga het my getag met ‘n speletjie wat ek dink Demoerin heeleerste begin het en Toortsie gaan afstof het.  Dit laat my wonder, skop die DMI nog of speel hy deesdae net pop?

Tot en met my volgende skrywe se verskyning, kan julle my enige iets vra.  Ek moet met ‘n liedjie antwoord.

😉 Gaan vir goud.