Jou Facebook Bakkies

10 04 2014

Ek is op my beste ‘n Facebook sluiper. Laat ek begin om te verduidelik wat ‘n sluiper is. In die koshuis het ons altyd die meisies wat jy nêrens sien behalwe soms in die gang sluipers genoem. Jy hoor en sien hulle nooit nie omdat hulle in die gange rond sluip.

Soos ‘n tipiese sluiper word ek selde op Facebook gewaar. My lewe is hopeloos te vervelig om dit in ander se kele af te druk. Siende dat ek wel in my “friends” belangstel, loer ek gewoonlik wat hulle die moeite werd vind om te deel. Ek wil nou nie per ongeluk die verjaarsdag, verlowing, doop of egskeiding van ‘n terloopse kennis mis nie.

Dit is so dat die meeste nuwe verhoudings op Facebook aangekondig word. Ek doen gewoonlik my sluiperding en gaan loer hoe die nuwe liefde daar uitsien. As potensiële werknemers Facebook gebruik om die koring van die kaf te skei, is dit seker nie so verregaande om iemand se profiel te gebruik as die baadjie waarop hulle getrakteer word nie. Spesifiek, wonder ek dikwels oor die foto wat hulle kies om hulle self mee te verteenwoordig.

Is ‘n foto maar net ‘n foto, of sê dit iets?

Ek is natuurlik geen sielkundige nie. Ek sien natuurlik altyd rooi ligte as ‘n man ‘n foto van homself plaas waar hy tot by sy tande bewapen is en ‘n dreigende houding aanneem. Ek sien iemand wat trots is op sy aggressie en nie sal huiwer om na geweld oor te gaan nie. Ek sal nie verbaas wees as so iemand van sy vrou ‘n slaansak maak nie.

Ek wonder ook oor iemand wat ‘n dronk foto van hulleself sal plaas. Onthou, ek verwys spesifiek na die foto’s wat mense kies om hulle profiel aan te koppel. Is hulle trots daarop om dronk te wees? Is dit ‘n prestasie? Dalk is dit net hulle doelwit in die lewe?

Ek kan verstaan dat mense gereeld hulle bakkies verander as hulle opwindende plekke besoek het of gereeld iets werd-om-genoem-te-word gedoen het.  Ek kan verstaan net nie die honderd en tien selfies wat hulle op ‘n dag kan op sit nie.  Vis hulle vir komplimente of dink hulle net hulle is besonders aantreklik?  Voel hulle binne ‘n paar minute soveel ouer dat hulle nodig het om hulle profile aan te pas?

Kan iemand vir my lig werp?  Wonder julle ook oor wat iemand se bakkies oor hulle sê?  My ma het ‘n gesegde van iemand het ‘n gesig soos ‘n bicycle.  Dit smeek om getrap te word.  Is dit waar vir profiel foto’s?

Breinvasbrand:  Olga was reg met Gugile Nkwinti.

Breinlosbrand:  Watter land was eerste om foto’s (mugshots) van gevangenes te neem in 1843 / 1844?

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

10 04 2014
Olga

Nog iets waar die Amerikaners later bygekom het. België?

10 04 2014
Olga

Fb foto’s. Ai, tog, dan is daar die mense wie hulle kinders se foto’s opsit as profiel foto’s. Dis net so verkeerd. Dit voel my hulle stel hulle kinders bloot. Weet jy hoeveel pervs is daar na my mening wat jag maak op fb? Ag, nee wat. Ek kan nie eers meer onthou hoe lank dit is vandat ek almal op fb delete het en iemand R340 wou hê sodat ek van fb af kon verdwyn. Nodeloos om te sê wat my antwoord aan die moroon was. Maar ek kry steeds ten minste een epos per week van FB om my te sê “YOU HAVE MORE FRIENDS THAN YOU KNOW ON FB.”

12 04 2014
jadeseden

Ek was nog nooit so lief vir myself om my gesig op fb te plak. My lewe ook nie opwindend genoeg om alles oor myself daar uitteblaker… en ek hou van privaatheid. Ek het ‘n kleintjiedood aan kinder foto’s want nes Olga voel ek dit stel hulle bloot aan ongure karakters wat sit en wag vir jong prooi. Ek glo die foto wat jy gebruik om jou as persoon te verteenwoordig op sosiale media sê baie van die persoon agter die foto.. of dit nou ‘n selfie is of nie, en ek glo dit pas in by jou Ma hulle se gesegde. 🙂 (dit was ons sin ook)

29 04 2014
seegogga

Hallooo! Huganit? Jy is getasg vir ‘n musiekspeletjie, hoor!

29 04 2014
seegogga

getag

29 04 2014
Toortsie se liedjiespeletjie: Speel saam, dis gratis! | Seegogga se Bloggie

[…] tag ook sommer vir Herriemerrie wat deesdae so skaars is, om saam te speel, asook […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: