Eienaarskap se gat

7 04 2014

Regtig, partykeer dink ek dit is ‘n wonder dat alle redelike Suid-Afrikaners nie alkoholiste is nie.  Wel, eintlik is dit geen wonder nie.  Persoonlik gee niks my ‘n groter kramp as om die regering geld te gee wat hulle nie toekom nie.  Sou ek ‘n alkoholis word, gaan hulle gryperige hande verheug wees oor die ekstra sondaarsbelasting wat hulle nie verdien nie, maar wel gaan kry.  Drank is dus nie ‘n opsie nie.  Dwelms is wel, tot tyd en wyl dit gewettig word en die regering hulle vraatsige pote ook daarop kan lê.  Noudat ek daaraan dink, as prostituut hoef ek ook nie belasting te betaal nie.  Ja, ek is al by sulke uiterstes.

Ja, ja – ek kerm weer oor iets wat my nie direk raak nie. Ek het geen belangstelling in die boerdery, so wat traak dit my dat die regering boere wil dwing om 50% van hulle grond aan hulle werknemers af te staan.  Die regering gaan hulle mos daarvoor betaal, al gaan die geld nie in die wettige eienaar se sak nie.  Nee, die meesters wat nie poep nie, het dit goed gedink dat ‘n trust van die geld geskep word.  Alle grondeienaars is aandeelhouers van die trust en dit word glo aangewend vir die verdere ontwikkeling van die plaas.  So met ander woorde, daar word van die boere verwag om die helfte van hulle koningkryk weg te gee sonder om te kla.

Duidelik het diegene wat die plan uitgedink het, hulle ook aan drank oorgegee.  Hulle is seker van die sondaarsbelasting vrygestel.  Blykbaar is selfs nie eers die swart landbou unies gediend met die plan nie.  Volgens die Rapport:  “Dr. Mandla Buthelezi, senior visepresident van Nafu, sê werkers móét opgehef word, maar die plaaseienaar het die kundigheid en behoort groter magte te hê om besluite oor die hele plaas te neem.”

Dit vat geen genius om te weet dat kos pryse eers deur die dak gaan styg voordat daar niks meer beskikbaar gaan wees nie.  Dit is seker tyd om ‘n groente tuin te onderhou en sommer ‘n vegatariër te word.  Nog iets waaroor armes verlig oor kan gaan slaap.

In hierdie wonderlike noot, lees ek toe hoe iemand reken dat dit die tyd is vir ‘n eenmalige welvaartsbelasting.  Vir alle rykes ongeag van wat die rykes se velkleur is.  Ek wonder nogal wat die implikasie van die welvaartsbelasting.  Gaan die sogenaamde rykes elkeen ‘n X bedrag moet betaal?  Gaan dit dalk ‘n persentasie van hulle bates wees?  Gaan hulle daarna gevrywaar wees ten die regering se bog planne soos om 50% van plase wat weggegee word en e-tol?  Mens kan tog nie net eis sonder om iets in ruil aan te bied?  Gaan die rykes dit met ‘n lied in hulle harte betaal?

Wie is die sogenaamde rykes?  Miljoenêrs?  Diegene wat al reeds belasting betaal?  Die 10% wat die res van die land dra?  Wat met ander worde vir die ANC komberse gee om stemme mee te koop en ekstra vir elektrisiteit betaal sodat die armes ‘n gedeelte gratis kry?  Klink al reeds vir my of welvaartsbelasting ingestel is en dit is nie eenmalig nie.

Terloops, glo enige iemand dat so ‘n belasting werklik net eenmalig sal wees?  Ons staat weet van bloed uit ‘n klip te tap.  Wie gaan hulle keer om elke keer wat daar ‘n Nkandla gebou moet word weer ‘n welvaartsbelasting in te stel?

Skielik is ek lus om in die donker te sulk.  Nie dat dit sal help nie.  Iemand betaal seker erfbelastig waar ek ookal my stert neer plak.  Hoeveel kan die regering nog gryp voordat genoeg genoeg is?

Is ek onredelik?

Breinvasbrand:  Wie is die die onagbare minister van landelike ontwikkeling en grondeise?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 2006.

Nota aan myself:  Tot die dag wat ek net soveel of meer as ‘n parlementslid verdien beter hulle nie as ryk na my verwys nie.


Aksies

Information

3 responses

7 04 2014
Son

Die wet van Transvaal – het hulle in die “ou” dae gesê

7 04 2014
kanwilsal

Daar kan nie van beskawing gepraat word sonder eiendomsreg nie. Belasting is diefstal punt, baie mense dink daar is geen ander manier om ʼn regering te finansier nie, maar hulle is verkeerd. In ʼn lokale nagwag staat (wat slegs regte en polisiëring as dienste aanbied) kan dit maklik op ander wyses gefinansier word. Belasting is en bly ʼn barbaarse manier van finansiering om van hierdie nuwe maltrap planne nie eens te praat nie.

7 04 2014
Olga

Gugile Nkwinti
Om eenkeer in te gee, beteken eenvoudig net hulle gaan terug kom met nog ‘n belaglike eis. En terug kom en terug kom en fokken terug kom. Die etol tekeninge hoop op in my “in” rak. Ek sal buk en hulle kan krap en kyk wat kry hulle.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: