Noot vir Noot

30 03 2014

As mens deesdae die radio aansit, hoor ‘n mens wat se wonder OLX is.  ‘n Plek wat al jou goed waarvoor jy nie meer gebruik het nie, in ‘n goudmyn verander.   Natuurlik het OLX meer as ‘n knypie sout ingegooi, dit word goeie bemarking genoem.  Niemand glo tog regtig dat hulle ou goed hulle gaan ryk maak nie.  Wel, dit is nie asof dit so oud is nie. 😉

Ek verwonder my dikwels oor mense wat die laaste sent uit al hulle besittings probeer pers.  Veral as die persoon duidelik bevoorreg is en die ongewenste goed meer ‘n irritasie as iets anders is.  Hulle sal ou meubels, ou televisies, ou selfone en selfs ou klere verkoop.  Dit is nie asof hulle die geld nodig het nie.  Om dit reguit te stel, gaan die geld hulle nie opgewonde maak nie en hulle gaan niks daarmee doen wat hulle nie daarsonder kon doen nie.

Aan die ander kant, die gemiddelde koper van tweedehandse goed is gewoonlik iemand wat sente ‘n paar keer moet omdraai.  Wat hulle uit die kopie kan spaar gaan direk na ‘n ander gat toe wat dringend gestop moet word.

Aan die een kant het jy dus iemand wat eintlik ongeërgd is oor die ware en die geld wat dit kan inbring.  Aan die ander kant is daar ‘n ontvanger wat nie iets nuuts kan bekostig nie en die geld drasties nodig het.  Die bevoorregde verkoper doen niks verkeerd nie.  Nogtans lyk dit vir my half skeef.  Al daardie moeite vir iets wat in elk geval onder jou voete is.  Die grootste wen is om die goed onder jou voete uit te kry en nie die finansiële gewin nie.  Aan die ander kant, daar is iemand wat dit dankbaar sal neem.  Voel vir my een hand was die ander.  Hoekom nog die geld ook nog insleep?

Ek is dus ‘n voorstaander om iets wat onder jou voete is, weg te gee vir iemand wat dit graag wil hê.  Klink vir my na ‘n wen-wen situasie.

Aan die anderkant, sit ons reeds met ‘n bevolking waarvan 80% reeds wag dat alles in hulle skote moet val.  Hulle soek gratis elektrisiteit, gratis huise en natuurlik vet toelae.  Dit is ‘n ongesonde houding om mee deur die lewe te gaan.  Buitendien is daar geen groter bevrediging as om iets in jou hande te hou as waarvoor jy gewerk en gespaar het nie.

Wat natuurlik baie waar is.  Wat is die goue middeweg?

Breinvasbrand:  Wanneer is OLX gestig?

Breinlosbrand:  Tannie Gypsie was reg met Dark Lady.


Aksies

Information

5 responses

31 03 2014
Toortsie

Ja, dis ‘n moeilike vraag.
Ek hou nie daarvan om vir ‘n bedelaar iets te gee in die dorp nie, omdat ek glo dit help die gewoonte aan. Wanneer hier wel ‘n werksoeker op ons plaas aankom en hy vra vir my vir ‘n stukkie kos, gee ek in oorvloed. Daardie persoon is 30 km van die naaste winkel af, loop seker al ‘n hele paar dae, is regtig op soek na werk en is honger.
Ek gee ook graag my weggooigoed by die agterdeur uit, vir wie ook al om te gebruik. Ek dink dis anders as om vir ‘n bedelaar te gee. Hulle vra mos dan nie daarvoor nie, maar op die ou end is dit hopelik ‘n wen-wen situasie. Ek raak ontslae van my goed en hopelik help dit die ontvanger.

31 03 2014
Olga

March 2006.

31 03 2014
Olga

Soms is dit ook maar ‘n geval van “Easy come. easy go” wat maak dat mens nie goed wil weg gee nie. Ek het onlangs ‘n bed, ‘n perfekte dubbelbed, vir Bettie gegee. Dit neem nou nog plek op wat ek leeg wou hê.

31 03 2014
Olga

Maar nou ja, dikwels sal die mense wie die goed verkoop, ook maar ‘n plaas se prys verwag vir dit waaraan hulle geen verdere nut het nie. Wat weer beteken jy kan net sowel Mr Price toe gaan en nuut gaan koop.

14 04 2014
Son

Is dit nie in Holland wat mens goed wat hulle nie meer wil hê nie, buite op die sypaadjie sit en dan kan ander mense dit maar vat as hulle dit wil hê? Ek hou daarvan. Ek gee ook maklik weg. Soms dalk te maklik

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: