Lispiek Vervel

28 02 2014

P1300633

Hallo Maatjies;

Sjoe!  Ekke was lanklaas hierso gewees.  :)  My perd hou my besig!  :|  Ekke moet haar bad, borsel, kos gee, watter gee en rond dra.  ;)  Dit put ‘n heksie kwaai uit.

Maar raai wat?  My perd het vervel.  :D  Sy is nou ‘n hele mensjaar oud.  :twisted:  Dit is ‘n hele 18 kringe in katjare, maar nog niks in heksjare.  :shock:  Ek het sommer geweet julle sal nie weet nie.  ;)  Ek is ‘n slim heksie en weet alles.  Gelukkig is ek nie selfsteler nie en deel ek al my kennis.

Ons gaan vandag koek eet, rooi koeldrank drink en blommetjies pluk.  :D  Lispiek is ‘n regte poppelop, sy hou van blommetjies.  :shock:  Goggas ook, sy dink dit is chips.

:oops:  Ouma sê ek moet kom help koek bak.

Tata Maatjies.

 


Aksies

Information

3 responses

28 02 2014
Toortsie

Jou stouterd! Waar was jy al die tyd?
Maar ek is nie kwaad vir jou nie. Veels geluk, liewe Lispiek met jou verveldag.
Lekker koek eet.
Ek het nie geweet van heksekringe en katjare nie.

28 02 2014
Olga

Veels geluk liewe Lispiek omdat jy vervel, mag die Here jou seën en nog baie jare seën. Sies Viga. ‘n Heksie mag nie haar maatjies afskeep omdat sy ‘n nuwe verantwoordelikheid bygekry het nie. Nee, a. Wat dink jy gaan Ouma sê as sy dit hoor? Geniet die naweek en kyk waar julle vlieg.

5 03 2014
Olga

Viga, het jy nie vir Lispiek koek gebak nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: