Tyd van liefdadigheid

1 12 2013

Ek het skaars my oë geknip en hier is ons weer:  die eerste Sondag van Advent.  Of anders gestel, ons is op die vierde Sondag voor Kersfees.

Wel eintlik moes ek dit sien kom het. Ek het al in Augustus die eerste aanmaning gekry dat Kersfees die tyd van gee is.  Ek was weer herinner dat daar baie kinders is wat nie op Kersdag ‘n geskenk gaan kry nie.  Ek is nie heeltemal seker hoe dit my verantwoordelikheid geword het nie.  Dit is nie asof ek kinders gemaak het vir welsyn tjek nie.

Ek weet ek klink nou net soos die Scrooge van A Christmas Carol.  Ek moet seker die Kersfees Spook te wagte wees om my die Kersfese van die verlede, hede en toekoms te wys.  As ek nie dood neerval van skrik nie, wonder ek of die Kersfees Spook sal luister dat dit nie te wyte aan inhaligheid of suinigheid is nie.

Die Spook is dalk net so sinies soos ek.  Hy wys my dalk ‘n tyd in die verlede wat die Kersfees vrygewigheid teenoor die minderbevoorregtes ‘n plesier was.  Iets wat in die gees van Kersfees geinspireer is.  Iets wat ‘n mens uit die goedheid van jou hart gedoen is.  Teenoor die hede, waar dit geëis word.  Amper soos E-tol wat jy teen wil en dank moet betaal, want iemand het besluit dat dit gedoen word.  Liefdadigheid gaan seker in die toekoms gegryp word.  Elke organisasie gaan hulle pond vat en jy moet seker hoop dat daar iets vir jou gaan oorbly.

Punt is ek hou nie daarvan om verplig te word om iets te doen nie.  ‘n Vriendelike verpligting maak dit nie minder van ‘n verpligting nie.  Maar kom ons wees eerlik:  Liefdadigheid gaan nou nie tot ‘n stilstand kom oor die aalmoese wat ‘n Bitterbek soos ek na hulle kant toe stoot nie.   Veral nie as ek dit met so ‘n houding gee nie.

Ek, soos die meeste ander mense, doen myself nie in met die krummels wat ek ook Kersfees (of enige ander tyd) na liefdadigheid gooi nie.  Siende dat dit my keer om geld te mors tot my nadeel, behoort ek die een te wees wat dankbaar is.  Ek kan nie juis die sleutel van die stad verwag of ‘n enkelkaartjie hemel toe nie.  Ek doen maar net die minste, dus het ek geen rede om suur om ‘n paar rand uit te deel oor Kersfees nie.

Nou die dag was daar op die Christmas Wishlist was daar iets wat my nogal laat dink het.  Hulle het op ‘n vrou gefokus wat haar flou sukkel om kos op die tafel te sit.  Haar man het vir maande lank nie ‘n werk gehad nie en daar was ook nog ‘n operasie waarvoor hulle moes betaal.  Genoeg probleme van haar eie sal mens dink, dit is nie ‘n piekniek om 6 magies vol te hou nie.  Die vrou het egter ‘n ma en 3 kinders ontdek wat in ‘n parkie gebly het.  Hulle was dus haweloos.  Sy het hulle huis toe geneem en die bietjie wat daar was nog verder gerek.  Dit is nou iemand wat haar kan roem oor die liefdeswerk wat sy doen.

Dit laat my dink aan die storie in die Bybel van die vrou wat 2 sent in die kollekte gegooi het.  Die offer wat vir God meer as die ander beteken het, want dit was al wat sy gehad het.

Dus, durf ons roem op skenkings vir minderbevoorregtes as dit ons nie juis iets kos nie?  Of doen ons net wat die hand vind om te doen?  Dit wat God van ons verwag om te doen?  Ons is immers Sy instrumente op aarde.  Nie net oor Kersfees nie, hoewel dit seker ‘n geldige begin is.

Breinvasbrand:  Wie het A Christmas Carol geskryf?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Tom Clancy.


Aksies

Information

6 responses

1 12 2013
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!

1 12 2013
Olga

Charles Dickens?

1 12 2013
Olga

Al die tolgelde wat betaal moet word is belaglik. Die petrolprys, btw, inkomstebelasting gee almal die padfonds ‘n deel. M.a.w, dis maar drie maniere waarop ons betaal om ons paaie instand te hou en nuwes te kry. Wat ek nie kan insien nie, is hoedat ‘n bestaande pad gesteel kan word, willens en wetens en dan word dit “opgradeer” en “VOILA julle blieksems djulle sal nou bataal om te ry hom op die pad wat julle klaar gekoop het.” Dis dieselfde met die bybetalings op elke mediese diens. Wie kry daardie geld? Net so betaal ons deur ons ore vir elektriseteit, maar in die lokasies kan buite-ligte en strate ligte deurdag brand op ‘n betrokke dag. Dis seker hoekom R209miljoen aan opknappingswerk aan Nkandla gedoen kon word. Hoe dink julle, hoeveel geld sal die staat kan genereer as hulle Nkandla aan buitelands toeriste verhuur? Daai ou R209miljoen sal dan ook binne veertig jaar afbetaal wees waarna die familie weer hulle tuiste kan terug kry.

2 12 2013
Toortsie

Ja, die Kersfeesspook is hier. En almal dink aan NOG projekte om goed te doen en wil dan almal daarby betrek…
Solank jy dit in ‘n goeie gesindheid doen. Anders moet mens eerder los.

2 12 2013
The Rider

Breinvasbrand: Charles Dickens

4 12 2013
Son

As mens gee sonder om dit te verkondig, en gee omdat jy regtig wil, of jy nou kan of nie, ek dink DIT is liefdadigheid. Dan moet mens ook onthou “charity begins at home”. Ek het jare gelede geweier om vir ‘n weeshuis in die Oos-Kaap te gee, waarvoor my werk geld ingesamel het. Ek het gevoel ek sal eerder vir ‘n weeshuis in my eie area gee.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: