Ritme wat ons sien, hoor en voel

22 11 2013

Gemiddeld is nie juis iets om oor huis toe te skryf  nie.  Dit is net so . . .  wel, . . . gemiddeld.  Daarom is ek dankbaar dat ek nie gemiddeld is nie.  Ek neig gewoonlik na die een punt of die ander.  Nie dat dit noodwendig ‘n goeie ding is nie.  Die een punt sal altyd ‘n skande wees. 😉

Tannie Flits het my gevra om oor musiek te skryf.  Gewoonlik as die onderwerp op die tafel kom, kan ek nie help om te dink aan my een onderwyser wat ons altyd vertel het sy vrou is musieklik nie.  Hy het dan verder gegaan om dit baie duidelik te stel dat sy vrou geensins musikaal is nie.  Hy het Aardrykskunde doseer en het ons dus nooit die definisie van musieklik teenoor musikaal gegee nie.  So ek kan dit met ‘n rein gewete misbruik soos dit my pas.

Ek beskou musikaal as die vermoë om uiting aan musiek te gee.  Dit maak nie saak of jy musiek in beweging sit, dit in woorde vertaal of dit self skep nie.  Ek is op die punt van die skaal wat ander bid om te vermy.  Benewens die feit dat ek geen ritme het nie, is ek boonop lomp.  Dans is dus ‘n ietwat ongemaklike storie.  Ek het ‘n stem wat skepe laat staan terwyl die manskappe hulleself vrywillig verdrink.  Alles net om van die stem verlos te wees.  Ek kan beslis ook nie noot hou nie en is dalk in ‘n mate toondoof.  Dit alles beteken net mooi niks om musiek te kan skep nie.

Aan die teenpool, reken ek weer dat musieklik die term is waarmee musiek waardeer kan word.  In vergelyking met musiekaal, is ek soos ‘n politikus voor ‘n verkiesing.  Heel aan die anderkant van die spektrum.  Ek is mal oor musiek, dalk nie oor alle tipes op dieselfde manier nie, maar ek het ‘n beslisde waardeering.  Ek geniet goeie choreografie, ek geniet ‘n besonderse koor en ek bewonder die werkers wat met sang hulle dagtaak verkort.  Ek is in vervoering hoe die verskillende elemente bymekaar kan kom om mense in vervoering te bring.  Niks onderstreep die oomblik soos die regte musiek nie.

Ek besef dat ‘n artikel oor musiek simpel is.  Eintlik behoort die musiek self te praat.


Aksies

Information

3 responses

22 11 2013
Toortsie

Dankie!! EK wonder of jy heeltemal die waarheid praat, want speel jy dan nie kitaar nie?

22 11 2013
Xena Phoenix

Ek probeer leer om kitaar te speel. Weens die genoemde gebrekke, sukkel dit maar. 😉

22 11 2013
Toortsie

😆 Solank jy steeds probeer, is dit WONDERLIK!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: