Geheime Korrupsie

3 11 2013

Spoeinasie het nog altyd die mens bekoor.  Vandaar die gewildheid van James Bond, Jack Ryan en Jason Bourne (is daar enige betekenis dat almal se name met Ja- begin?  Moet ‘n teken wees, ‘n verskuilde agenda, ‘n kode . . . Wag, Wag; ek dwaal af).  Deesdae is dit egter nie die bose Russe, ekstreme Moslems of rassistiese Suid-Afrikaners wat die wonderlike spioen moet oorwin nie.  Nee, die vyand is deesdae in hulle eie agentskap.  Die vyand is nie geplant nie, maar eerder ‘n getroue agent wat besluit het de hel met volk en vaderland.

Ek besef dat fiksie iets is wat nooit met feite bederf kan word nie.  Waar kry ‘n mens dan die beter booswig as die een wat onaantasbaar is?  Tog, glo ek dat dit naïef is om te glo dat die mense in die sogenaamde inteligensie agentskappe edele siele is.  Mag en hoogs vertroulik is die teel aarde vir korrupsie.  Hulle hoef nie verantwoording te doen nie.  Sou hulle uitgevang word, is die kanse goed dat die opperhoofde dit gaan toesmeer om publieke paniek te voorkom.  ‘n Resep vir korrupsie.

Mag is verslawend en die wat dit het, doen nie maklik daarvan afstand nie.  Die agentskappe het toegang aan alles wat enige iemand graag sou wou toesmeer.  Nogal handig as jy iemand wil afpers.

Fiksie of nie.  Daar is mense wat vassweer dat die CIA verantwoordelik is vir die Twin Towers aanval.  Die teorie berus glo daarop dat hulle begroting gesny sou word en hulle het besluit dit is tyd vir desperate optrede.  As dit iemand van binne se plan was, het dit verseker gewerk.  Niemand sal egter toegee dat dit die paniek, verwoesting en lewensverlies werd is nie.

Dit sal nie die eerste keer wees dat die CIA van ‘n nasionale tragedie beskuldig word nie.  Ek het al iewers gelees dat die CIA verantwoordelik was vir JFK se dood.  Net so dat Diana se dood deur die MI 6 (dalk MI 5 – wie ken die verskil?) beplan is.  Plaaslik was daar al geskimp dat die Helderberg vliegongeluk en Samora Machel deur ons sinister agentskappe veroorsaak is.

Mens kan sê wat jy wil, maar die bewyse (wat mos toegesmeer is) moet daarmee ooreenstem.  Ons sal nooit verseker weet nie.  Tog kan ons verseker weet waar enige iets as hoog vertroulik is, gaan daar korrupsie wees.  Die agentskappe kan nie sonder hoogs vertroulik voortbestaan nie.  Tussen die duiwel en die diep blou see.

Is hierdie agentskappe enigsins nodig?  Dit is immers ongeskik om jou neuse in te druk waar dit nie hoort nie.  Sou daar nie minder tereur gewees het as mense nie gaan krap het waar dit nie jeuk nie?

Aan die ander kant, hulle suksesse is dalk wat ons nog in ‘n vrye wêreld laat lewe.  Net soos hulle oortredings toegesmeer word, word hulle suksess ook begrawe.  Nie dat ons ooit sal weet of daar enigsins suksesse was nie.

Dit is die voordeel om ‘n gewone, vaal, middelklas mens te wees.  Ons bestaan nie vir die agente nie.

Hoe voel julle oor intelligensie agentskappe?  Necessary evil?  Of net ‘n duur, interessante speletjie?

Breinvasbrand:  Wie is die meesterbrein agter Jack Ryan?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Michael Des Barres.


Aksies

Information

4 responses

4 11 2013
Son

Ek dink as die wêreld meer oop was, sou daar minder oorlog gewees het, want mens sou nie met alles kon wegkom in die naam van staatsveiligheid nie.

4 11 2013
wheelbarrowjack

Ek dink spioene is nodig. Nodiger as wat ons sal wil erken. In enige veld. Ek dink tog ook des te meer in staatsdiens. Kyk maar ons eie staatsdiens. Dis deesdae nodig dat die publiek n spioen in die staat moet he want onse staatsmense kan nie spioenasie eers begin begryp nie. Kan jy dink hoeveel gaan die knape verdien as hulle die geleenthede in dubbelagente moet onrwikkel?

4 11 2013
Olga

As jy die skrywer bedoel as die meester-brein, dit was Tom Clancy. Ek dink niks hoef eers hoogsgeheim te wees om ‘n teelaarde vir korrupsie te wees nie. Die Nuwe Suid Afrika het ons mos nou al gewys. Korrupsie vind sommer so in die openbaar plaas.

12 11 2013
Toortsie

Dom. Dis wat ek is. Heeltemal te dom vir hierdie moeilike vrae wat jy vra. Dom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: