Die Vark in die Verhaal

30 10 2013

Sonder die vark is daar nou maar eenmaal nie ‘n storie nie.  Ongeag van die die genre, moet daar iemand wees wat gaan krap waar dit nie jeuk nie.  Anders waar daar geen soet oorwinning in die gelukkige einde nie.  Daar is diegene wat glo dat gelukkige eindes bloot net onrealisties is.  Nogtans sal hulle nou ook nie juis booswig aan sy / haar horings gryp en uitsleep nie.

Ek kan natuurlik nou sanik oor hoe elke mens ‘n produk van goed en kwaad is.  Vandag stel ek nou nie juis regtig aan die goed in mense belang nie.  Daar is ‘n aansienlike hoeveelheid misdaad televisie reekse, met die verskeidenheid is daar verseker iets wat in elkeen se smaak val.  Tog is daar van Murdoc se dae daardie een booswig wat die duiwel na ‘n goeie ou laat lyk.  Daardie een wat vir niks stuit nie – tot die dag wat die Skoppensboer oor hom sal lag.  Sover my kennis strek was Murdoc die enigste vark in die verhaal wat vir Skoppensboer gelag het.

In ‘n reeks soos Bones, was daar verskeie booswigte wat mens ewig dankbaar sal maak dat jy nooit sy / haar pad sal kruis nie.  Soos die Engelse sal sê:  “Pure undiluted evil.”  Mense wat jy hoop net in fiksie bestaan, maar jou nou ook nie te diep sal laat krap nie.  Netnou krap jy net die verkeerde een los en dan los hy jou nooit weer uit nie.  So al asof ek nie genoeg varke van my eie het nie.

Daar was byvoorbeeld Howard Epps.  Die mannetjie het die FBI op die laaste oomblik aan sy onskuld laat twyfel.  Minute voor sy teregstelling besef hulle dat hy aan aansienlik meer skuldig was as waarvan hulle al ooit gedroom het.  Moorde waarvoor hy eers verhoor moet word voordat sy lewe kort geknip kan word.  Dit vat tyd en die tronk is ‘n vervelige plek.  Ledigheid is die duiwel se oorkussing en hy kry sy metodes om die Bones groep te laat bloed sweet.

Die Gormogon storielyn het van my ‘n Bones verslaafde gemaak.  Gormogon was ‘n kanibaal, wat verskeie mens geëet het om ‘n kunswerk na te maak.  Om alles nog meer bisar te maak, het hy boonop ‘n vakleerling gehad om die kuns voort te dra.  So het die een meester die volgende geleer om die regte mense te eet vir die beeld.  Nadat die forensiese span sy beeld gevat het, het hy doodeenvoudig net die kaal bene aan hulle gepos om die silwer bene mee te vervang.

Die Gravedigger het weer mense lewendig begrawe vir ‘n losprys.  Op ‘n stadium is ‘n effense foutjie begaan met die beskikbare lug berekening en die speletjie het moord geword.  Die Gravedigger het op twee geleendhede van die lede van die span begrawe.  Elke keer was die moeite verniet en kon die mense gered word.  Tydens die voorbereiding van die saak, word daar ontdek dat die gravedigger vroulik is.  Dieselfde vrou wat hulle met die saak bystaan.  Sy manipuleer hulle om die beskuldigings teen haar te laat vaar, deur geregtigheid vir ‘n kind te kry.  Alles pure verniet, maar opgee min.  Sy kry eers einde wanneer Jacob Broadsky haar kop wegskiet.  Hy is ‘n ander vark vir ‘n ander dag.

Christopher Pelant laat hulle almal seker hulle koppe van skaamte sak.  Die ou is briljant, tot so ‘n mate dat hy indirek skuld op moord kan herken, maar die FBI kan niks daaromtrent doen nie.  Hy kan met lyke rekenaarvirusse skep wat stelsels vernietig.  Alles terwyl sy enkelband wys hy is by die huis en onskuldig.  Hy kry Bones onder verdenking van moord en kry dit tot reg om ‘n wig in die groot agtergrond liefdesverhaal te dryf.  Nie ‘n man wat jy op ‘n nugter maag wil raakloop nie.  Dit is terloops ‘n foto van hom wat ek gebruik het.

Dit is eenmaal so dat niks die verbeelding so aangryp as ‘n ongure karakter nie.  Die mens het ‘n behoefte om te weet dat hulle ten goede uitwerk.  Die basiese doel van trauma berading is om die slagoffer juis tot die punt te kry waar hy / sy weer okay is.  Sulke ongure karakters help ons seker maar om te glo dat goed altyd kwaad sal oorwin.  Behalwe vir Murdoc, kry elke hond tog sy dag.

Filosofie ter syde.  Watter booswig is jou gunsteling?  Watter een moes eerder deur sy / haar ma doodgelê gewees het?  Watter een het aan jou slapelose nagte besorg?

Breinvasbrand:  Wie het die rol van Murdoc in MacGyver vertolk?

Breinlosbrand:  The Rider was reg met Dallas.


Aksies

Information

5 responses

30 10 2013
Olga

Michael Des Barres?

Gunsteling booswig? Kry mens dan so iets? Seker dan maar Zac in einste Bones. Alhoewel die kinkel in hulle kabel het my so vies gemaak. Arme ou Zac pas glad nie die profiel nie, Maar nou ja. Teen die tyd weet ek wetenskaplikes is mal. Hannibal Lecter en peste en plae soos hy se ma’s kan baie vergewe word, maar nie die feit dat hulle die goed in die kot gelos het nie.

30 10 2013
Olga

Eintlik is Jacob Broadsky ook ‘n held van ‘n booswig en die feit dat die akteur wat die rol vertolk nou baie aantrekliker is as in sy prille jeug het niks met die feit te doen nie. Ek kan wragtig nie glo hier is ‘n tweede post vir die week nie.

31 10 2013
Sonlig

My gunsteling booswig is defnitief Damon van “The Vampire Diaries”. Hy is ook pure evil, maar darem sooooooooooooooooo mooi om na te kyk!!:mrgreen:

4 11 2013
Klip

Mev Klip is my gunsteling spioen , sy weet ek gaan stront aanjaag nog voor ek begin het

5 11 2013
Son

Oooo – ek is ook mal oor Bones. Jy weet natuurlik dis op Kathy Reichs se boeke baseer – of altans min of meer. Ek het ook al haar boeke gelees

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: