Laaste Wens

8 10 2013

Oom Neelsie het gesê:  “Dit beteken nie altyd veel om ‘n man van belang te wees nie. Die belangrikste persoon op ‘n begrafnis is die dooi man.”  Hy het bedoel dat dit nie help om jou aan te stel nie, dat dit nie altyd ‘n goeie ding is om die belangrikste mens in die omgewing te wees nie.

Nou nie dat ek die wysheid wil verdraai nie, maar ek wil eintlik die tweede gedeelte bespreek.  Die belangrikste persoon op ‘n begrafnis is die dooi man.  Dit maak immers sin – die begrafnis draai tog seker om die mens wat ter ruste gelê word.  Selfs al word daar lofsange van die oorledende gesing dat sy naastes en lieftes hom nie kan erken nie, word die fiksie rondom die afgestorwene geskep.

Terselfde tyd is die belangrikste persoon op die begrafnis die een wat nie ‘n duiwel omgee wat daar aangaan nie.  Dit kan hom nie traak wie opgedaag het, wat bedien is of selfs wat die predikant gepreek het nie.  Die begrafnis gaan dalk oor die dooie, maar dit is ‘n geleentheid vir die geliefdes, familie, vriende en kennisse om afskeid te neem.  Dit is kans om die naastes te bemoedig en te wys dat hulle op ander se ondersteuning kan staatmaak.

Die vraag is nou egter:  Wie se wense betreffende die begrafnis of roudiens weeg die swaarste.  Die middelpunt van die byeenkoms wat geen bewustheid het oor wat gaan gebeur nie of die naastes wat iets uit die begrafnis kan put en dit waarskynlik ook finansier?

Daar is byvoorbeeld die geval van die oom wat selfs die plek gemerk het waar hy begrawe wou word.  Hy het dikwels gepraat daarvan dat hy op die plek opgesoek kan word as hy nie meer in die land van die lewendes is nie.  Na sy dood het sy familie egter besluit om hom te veras.

Elke mens kan besluit hoe sy/haar besitting na sy/haar dood verdeel moet word.  Dieselfde mens het die reg om in die lewe te besluit oor sy/haar liggaam.  Die mens het dan seker die reg om dan self te besluit wat van sy / haar oorskot moet gebeur.  Veral as hy / sy voorsorg vir die roudiens of begrafnis getref het.  Dit kan seker ‘n laaste teken van respek teenoor die afgestorwene wees.

Aan die anderkant, dit is die naasbestaandes wat met die gebakte pere sit.  Hulle het seker ook die reg om te besluit wat werk vir hulle.  Hulle weet immers wat aangaan.

Hoe voel julle?  Wie se wil weeg die sterkste na iemand se afsterwe?  Kan die oorledene se wens sonder meer geignoreer word as dit die naastes beter pas?  Of behoort die naastes as ‘n laaste liefdestaak die gestorwene se wens deurvoer?

Breinvasbrand:  In watter kultuur word Satï beoefen.

Breinlosbrand:  Olga was reg met Kittie, Dawid, Tollie, Emma en Benjamin.


Aksies

Information

11 responses

8 10 2013
Olga

Indies?????

8 10 2013
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!!!!! EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!! EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!

Goeie genade, hier was so lanklaas ‘n nuwe post, ek dog jy is Timbuktu toe verban. Jou werk het seker nie meer internet toegang nie.

9 10 2013
Xena Phoenix

In die tronk en die wagte wil my nie die internet laat gebruik nie

8 10 2013
Olga

Ai, ai, ai!!!!!!!1 Dieselfde familie wie vir Pappa gaan veras terwyl hulle weet hy het sy graf lank voor sy dood gaan layby, sal jou vertel jy kan nie Pappa se knipmes kry nie, want hy wou hê Klein Naas moet dit hê. Tog gaan hulle hom veras terwyl hulle wel weet hy wou langs oupa Naas te ruste gelê word. Dit is net so sad.

9 10 2013
Xena Phoenix

Dit moet seker ‘n les vir almal wees: Maak seker niemand kry jou knipmes as jou stoflike nie volgens jou wens hanteer word nie.

11 10 2013
Olga

Dis ‘n blerrie goeie idee.

10 10 2013
wheelbarrowjack

Sal hy ooit weet dat hulle sy wense verontagsaam het?

11 10 2013
Olga

As ek ‘n agtergeblewene was, sou ek baie sleg gevoel het dat sy wense nie aan my saak gemaak het nie.

12 10 2013
Klip

Ek behoort nie aan n kerk nie , so ek weet nie wie gaan my laat verbrand nie.

12 10 2013
Klip

Sal seker maar as n spook hier iewers ronddwaal.

12 10 2013
Klip

Die afgestorwe mense praat van die anderkant af met sekere mense wat nou TV programme daarvan maak. Ek het nog nooit gehoor van n oupa of oupagrootjie wat se gat aan die brand is en hy sy agterkleinkinders in die gehoor vertel hoe lekker die “braaivleis” is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: