“Gedrog” vir Roem

2 09 2013

Dalene Matthee het gesê:  “God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ‘n kind aandoen nie.”  Dit was natuurlik deur die ikoniese Fiela Komoeti gespreek.  En ek is verseker dat tannie Fiela die wêreld sou omgekeer het as sy hiervan geweet het.

Daar is iets wat my grief en nou moet julle dit maar ontgeld.  Ek gaan by Phantom of the Opera begin en op ons voorstoep eindig.

Daar kan baie gewroeg word oor die verbitterde man wat die Phantom geword het.  As ‘n jong seun was hy vasgeketting, geslaan, verneder en VERTOON as die Duiwel se Kind.  Sy sonde?  Die arme kind het ‘n geskende gesig gehad.  Vanselfsprekend het die seun geleer haat, wie sal hom dit verkwalik.  Diegene wat hom moes beskerm het, het sy pyn uitgebuit en hulleself daardeur verryk.  Ironies hoe bitter min van die toeskouers ‘n sweempie van deernis vir die seun gehad het.

Mens wil graag glo dat ons verby die dae is.  Niemand sal (hopelik) dit vandag waag om iemand wat erg geskend is te martel vir wins nie.  In elk geval nie fisies nie.  Vir ander redes . . . wel, ja.

Dit bring my tot seker die bekenste kleuter in die land, die slagoffertjie van ‘n lelike brandongeluk.  Niemand het veel hoop vir haar gehad nie, maar sy het weereens bewys dat die mens nie bevoeg is om oor lewe en dood te besluit nie.  Die hele land het gebid en duim vasgehou en almal was dankbaar en verlig toe die veloorplanting ‘n sukses was.  Die kind is ontslaan en behoort nou weer haar pad na normaliteit (wat dit ookal vir haar kan wees) te vind.

Daar was egter goed gedink om ‘n boek oor haar trauma te skryf.  Goed en wel, ek sal enige dag moed en deursettingsvermoë bewonder.  Deesdae is die kind ook aanwesig waar die boek bekend gestel word.  En DIT grief my eindeloos.

Kom ons gee die betrokkenes die voordeel van my twyfel en sê dat dit is om die publiek te inspireer en te bedank vir hulle bystand.  Dan wonder ek nog steeds of die prys wat die kind betaal het nie alreeds hoog genoeg was nie.  Haar karakter word nou gevorm en wat leer dit haar?  Ek is ‘n gedrog?  Ek moet jammer gekry word?  Persoonlik is ek nie seker watter beeld meer skadelik is nie.

My insiens heilig die doel nie die midde nie.  Dit is nou as die doel edel was.  Ek is seker vieslik, maar dit help sekerlik die boekverkope?  Dit maak die gesin ook glanspersoonlikhede wat nie die geval sou wees as hulle in privaatheid die stukke van hulle lewe sou optel nie.

Persoonlik maak die gedagte my siek.  Ek erken dat ek graag in die toekoms sou wou hoor dat dit goed gaan met haar.  Miskien dat sy matriek geslaag het, of selfs dalk ‘n dermatoloog geword het en dat dit goed gaan met haar.  Maar nooit ten koste van haar welstand nie.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wat was Fiela se kinders se name?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1961.


Aksies

Information

7 responses

2 09 2013
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!

Dawid, Kittie, Emma, Tollie en Benjamin. Jong, jy moenie kommentaar of ‘n opinie hê oor die kind en hoe sy grootgemaak / behandel word nie. Die ma val mense wie opinies lug mos verbaal aan. Elke keer met ‘n nuwe kleur geko ordineerde bril vir haar self en Pippie.

2 09 2013
Olga

Ek vind dieulke gebruik of blootstelling van ‘n kind, oumens of dier hoereerdery. Dit behoort glad nie toegelaat te word nie. Laat die kind die trauma verwerk sonder dat daar altyd ‘n kamera of ‘n angle of ‘n winsbejag is.

4 09 2013
wheelbarrowjack

Dit grief my ook diep dat ouers so kan ploeg met hulle eie kind.

4 09 2013
Selene Phoenix

Ek stem 100% saam met jou!! Maar bygesê, ek het die Pa nog bittermin op fotos en in die boeke (Huisgenoot) gesien? Of verbeel ek my?

Die Ma is omtrent voor die kameras!! En dit irriteer my grensloos! Sy stop oral dat mense kan fotos neem – jammer ek weet baie mense het geld gegee vir haar en soek seker ‘n foto, maar laat jou dogtertjie net eers weer haar ouself word! Sy moet deur die trauma werk, en sy weet nog nie eens wat gebeur het nie! Dis baie moeilik om ewe skielik nie te kan loop, eet of haarself meer in die spieel sien nie. Ai dit moet vreeslik wees… ek huil sommer as ek daaraan dink!

En vir Pippie se onthalwe hoop ek regtig dat die hele skandaal onwaar is!!!😦

6 09 2013
wheelbarrowjack

Ek sien Pippie se ma se in Huisgenoot “geld is nie vie lekker lewe nie” Maar nou mag ons mos nie die huisgenoot koop nie. Dus mag ek dit ook nie lees nie.

24 09 2013
wheelbarrowjack

Volgende post asseblief.

25 09 2013
wheelbarrowjack

Wie gaan saam met mu tooi-tooi vir n nuwe post?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: