Bewaringsgriewe

26 08 2013

Die afgelope paar weke het ek goed van die sogenaamde kenners van bewaring gehoor, waaroor ek nogal heelwat te sê het.  Ek wonder soms of hulle bewaringswerk hulle nie aan tonnelvisie laat ly nie.  Of jy stem volmondig met hulle siening saam of jy is Satan se eie bloedkinders.  Niks is oop vir bespreking nie.

Dit het alles begin toe ek een middag hoor hoe daar teen dieretuine uitgevaar word.  Blykbaar draai dieretuine almal ‘n rat voor die oë en lewer hulle geen bydrae tot bewaring nie.  Daar is sommer ook geskimp dat dieretuine eintlik baie wreed teenoor die diere is.

Ek sal toegee dat dieretuine nie kers kan vashou met die natuurlike habitat nie.  Baie dieretuine doen egter baie moeite om hulle hokke so na as moontlik aan die natuurlike habitat te kry.  Dit het natuurlik nie die ruimte wat die dier in die wild sou geniet het nie, maar dit is beslis ook nie kaal posseël koue nie.  Hulle het boonop ook die voordeel dat hulle gevoed word en toegang tot mediese sorg het.

Ek dink nie enige gerespekteerde dieretuin sal vandag nog diere in die wild gaan vang vir hulle uitstallings nie.  Daar word meer as genoeg diere in dieretuine reg oor die wêreld gebore om aan die aanvraag te voldoen.  Diere word ook soms van haaglike omstandighede gered.  Dit is diere wat nie die vaardighede het om in die wild te oorleef nie.  As alle dieretuine more van die aarde af verdwyn, wat gaan van die diere word?  Die genadigste sal wees om hulle voor die voet van kant te maak.

Daar is gevra watse waarde voeg dieretuine toe?  Ek dink die belangrikste is dat dit ‘n prentjie (ongeag of die prentjie ‘n foto, internet of televisie is) lewendig maak.  Dit maak die diere werklik.  Dit is baie makliker om ‘n snars vir iets om te gee wat jy ‘ken’ as ‘n prentjie.  Dit is nie almal wat bevoorreg genoeg is om diere in hulle natuurlike omgewing van nader te kan beskou nie.  Niemand so ‘n duit omgegee het as diere in ‘n hoekie gedruk was waar daar geen menslike interaksie is nie.

Voordat ek die heeldag oor dieretuine sanik, kom ons beweeg aan.  Noudie aand is daar ‘n insetsel op TV oor die verhoogde aantal haai-aanvalle in die Kaap.  Die ironie!  Die haai operateurs wat cage diving toelaat, blameer ‘n filmspan wat navorsing op die haaie doen.  Die pot wat die ketel swart noem?  Almal anders blameer juis cage diving.  Die aanbieders het volmondig saam gestem, tot volgende keer wat hulle die gewone verdagtes wil blameer.

In dieselfde program was daar ook sterk opinies teen haainette.  Persoonlik hou ek ook nie van die haainette nie.  Die som is vir my eenvoudig – ek sal op die land bly en die haai bly in die see.  Ek is taamlik seker die haai sal my nie op land kom byt nie.  Ek het wel laggekry vir die aktiviste wat verby die haainette gaan swem het om die haaie wat in die nette gedood is te protesteer.  Dit is mos nou so in die haai se kake.  As een haaikos geword het, sou hulle dit as ‘n offer gesien het.

Net gister hoor ek weer dat daar groepe is wat ‘n algehele jagverbod in SA soek.  So al asof die jagplase die diere gaan los om voort te plant soos hulle wil.  Dit is eenvoudig.  As daar geen waarde vir die dier is nie, is daar geen nut vir hulle voort bestaan nie.  Etiese jag help juis met bewaring.

Dink julle die diere aktiviste is redelik?

Breinvasbrand:  Watter jaar is die WWF gestig?

Breinlosbrand:  Facebook verwys na jaarboeke waar ‘n foto van ‘n persoon saam met sy / haar besonderhede gesit is.


Aksies

Information

10 responses

26 08 2013
Olga

Gedori donner!!!!!!!!! Hier is uiteindelik ‘n nuwe post.

26 08 2013
Olga

29 Gapril 1961

26 08 2013
Olga

O,ja,,,,,,,,,,,,,,,,,, E E R S T E !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

26 08 2013
Olga

Diereregte-aktiviste is van die slimste, belaglikste, verveeldste mense wie die ou aarde van ons bewandel. Hulle moet in hokke gestop word, dan sal hulle dalk hulle deuntjie verander.

27 08 2013
Olga

‘n Kat se lewe lyk darem idillies. Verbaas my die diereregte-aktiviste het nog nie ‘n bekvol te sê oor hulle (katte) se luilekker lewe nie.

28 08 2013
Selene Phoenix

Ek stem vir baie dinge wat Diereregte-Aktiviste doen, want soms vat die mens dit maar regtig te ver! (verwys hier na plekke soos China en ander Afrika lande) Van hulle dieretuine is om van te huil! Skilpaaie se koppe word vasgebind laat hulle dit nie kan terug trek nie, sodat mense munte (coins) op hulle koppe kan gooi vir “good luck” Hokke is baie klein, vuil ens.

So ja, dieretuine waar die diere nie versorg word nie moet toegemaak word! Ek vir een hou daarvan om deur die dieretuin te gaan stap… maar nie waar olifante toertjies moet doen nie. Dis wreed hoe hulle van babatjie af weggevat word en geleer (lees geslaan en mishandel) word.

See World en daai plekke waar dolfyne en Killer whales toertjies moet doen MOET TOEGEMAAK WORD!! Daai arme diere kan nie in sulke klein spasies lewe nie. Ja ek het dit ook geniet om na dit te kyk, maar dis baie hartseer waardeer daai diere gaan.

28 08 2013
Olga

Mense wie diere se Skillies) koppe vasmaak om te keer dat hulle hulle koppe kan terugtrek sodat ‘n spul dom donners munte op die weerlose koppe kan gooi, moet saam met die muntgooiers geteer en geveer word. Ons dieretuine in Suid Afrika vergelyk nog baie goed. Veral as mens die “changing structure” in ag neem.

28 08 2013
Toortsie

Persoonlik dink ek ENIGE fanatikus is net vreeslik erg. Ongeag wat die fanatiesgeit oor gaan. Hulle is gewoonlik verskriklik aanvallend en as jy nie PRESIES dieselfde woorde as hulle sê nie, al sê mens eintlik dieselfde ding, is jy VERKEERD.

29 08 2013
wheelbarrowjack

Was dit nou so swaar?
Bewaring is goed, maar beslis nie Bewaar Teen Elke Prys nie. Iewers moet die lyn rasioneel getrek word.

2 09 2013
wheelbarrowjack

Nok nok

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: