Facebook Verpesting

4 08 2013

Ek kom al ‘n lang pad saam met Facebook.  Om eerlik te wees, ek was op Facebook lank voordat dit mode was.  Aanvanklik was daar nie veel om oor opgewonde te raak nie.  ‘n Paar kennisse van skool en universiteit, maar niemand oor wie ek eintlik ‘n duit omgegee het nie.  ‘n Cool website om rond te neus, mits ek natuurlik die belangstelling gehad het om dit te doen.

Spoedig het daar genoeg mense by Facebook aangesluit om dit interessant te maak.  Toe raak dit lekker.  Dit was ‘n wonderlike manier om kontak met mense te hou.  Op die stadium het mense net goed gedeel wat die moeite werd was om te deel.  “Jippie ek het graad gekry” of “kyk hier na my cool vakansie foto’s”.  Selfs “Oops, nou het ek aangejaag” of “Julle wens nou wragtig julle is ek.”  Dit was pret.

Dit was ook pret om in ander kennisse op te spoor.  Net om te sien wat van hulle geword het en waar hulle nou in die wêreld bevind.  Bonus was dat dit maklik was om reunies te reël en om mense se verjaarsdae te onthou.

Ek dink dit is regverdig om te sê daar was ‘n tyd wat ek mal was oor Facebook.

Daardie dae is in die verre verlede.  Deesdae is Facebook ‘n blerrie irritasie wat my soms by die mure uitdryf.

Kom ons begin met al daardie vervlakste speletjies.  Ek het hier en daar al saamgespeel.  Ek haat dit om gedikteer te word en die blote feit dat ek ten minste elke 3 ure (24 uur van die dag vir etlike maande, indien nie jare nie) moet inteken, voel na ‘n diktatorskap.  Geen mens met ‘n regte werk en ‘n skadu van ‘n lewe kan hulle lewe rondom ‘n speletjie reël nie.

NIemand kan jou dwing om saam te speel nie.  Facebook kan jou natuurlik dwing om op hoogte te bly met elke siel se speletjies.  Boonop moet die arme siele wat met speletjies gevange gehou word, ander siele kry om in die strik te val.  Die strik waaruit jy nooit kan ontsnap nie, want die siel wat jou gevange geneem het, het jou nodig om voor in die koor te bly.  As jy nou ‘n goeie vriend wil wees . . .

Verder het almal ook die geneigdheid om jou vir elkeen van hulle groepe / bladsye te nooi.  Sonder om teen enige iemand te diskrimineer.  Siende dat ek nog nooit in Prieska gebly het nie, het ek geen idee hoekom iemand sal dink ek graag sal wil saam skinder oor die Prieska gemeenskap nie.  Ek het ook nie honde nie, dus het ek geen belangstelling aan ‘n dagmoeder vereniging vir honde nie.  Dit is omtrent ‘n voltydse werk om dit daagliks te blok.  Wat het geword dat jy eers die bladsye / groep moet aanvaar? As ek enige belangstelling in Joyce Meyer of Joel Osteen gehad het, het ek hulle gevolg.  Al hulle volgelinge hoef nie elke woord van hulle daagliks te herhaal nie.

Ek mis die dae wat Facebook oor die mense gegaan het.  Waar ek op my tuisblad kon sien wat in my Facebook vriende se regte lewens aangaan.  Waar ek binne sekondes op datum kon kom en nie deur ure se stront moet sorteer nie.

Deesdae is Facebook nie ‘n plesier nie, dit is ‘n blad vir advertensies.  En persoonlik is ek gatvol.

Hoe voel jy?

Breinvasbrand:  Waarna verwys Facebook se naam?

Breinlosbrand:  Seegogga was reg met Armageddon.


Aksies

Information

9 responses

4 08 2013
MaanKind

Gatvol vir onpersoonlike prente en grappe wat oor en oor en ooooor geshare word

4 08 2013
Olga

Nou eers? fookit! Wat van al die prokurowers van ver en vreemde lande wie jou heeltyd wil werf omdat jou familie in die vreemde gesterf het en ‘n boedel van vele miljoene nagelaat het en die prokurower wil hê y moet hom/haar help om die geld te steel? Dan kan jy tussen 30 en 40% kry van wat in die boedel is.

6 08 2013
gerdajansen1

Die speletjies. Sit my af. Hoekom sal ek wil weet wie speel wat?

6 08 2013
Olga

Goeie aarde. Ek het al vergeet van die speletjies. Wat nog van elke dem weirdo wie reken hy het jou in n nader lewe geken? Kan jy dit nou oorvertel!

13 08 2013
Toortsie

Vir my, eensame Sannie, is dit nog steeds ‘n manier om te sien dat daar anderkant die wal lewende siele is. Maar ek raak ook geïrriteerd met al die strooi wat almal op die www raakloop en dan op fb kom plak. Nou ja, ek plak my blogstukke ook daar… En gesels met baie mense, wat seker ook ‘n irritasie is.

20 08 2013
wheelbarrowjack

M

20 08 2013
wheelbarrowjack

Wat gaan hier aan? Damn. Eers kan ek nie inlog nie. Toe kan ek nie comment nie. Toe is daar net mooi boggerawl nie. Het jy xena, juf phoenix nes jou vriende die herriemerries verlaat? He’ll man ek hom nogal na die enigste blog wat nie net gaan oor ek ek ek en my my my nie. Maar plaas dat ek n objektiewe mening kry oor adv barbie se vrylating om die res van haar vonnis in huis arres deur te bring kry ek net mooi niks. Ziltch. Boggerawl.

20 08 2013
Olga

Goeie genade oom Jack, lewe jy sowaar nog? Vertel haar, sy luister nie na ons nie.

23 08 2013
J W W

Eish ek was lanklaas hier…. facbroek is nou eenmaal net te veel kak… ek wil nie eers meer inlog en stront sien nie… ek dink dit kan nou maar aan die geskiedenis van die net behoort….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: