Koring van die Kaf

1 08 2013

As dit nou ‘n Hollywood fliek was, sou ek begin het met verbeel jou jy is die Amerikaanse president.  Dit is egter net Amerikaners (of is dit nou Amerikaanse draaiboekspelers) wat reken die ou in die ovaalkantoor in die Withuis hou die lot van die wêreld in sy hande.

Alhoewel, verbeel jou die wêreld gaan vergaan binne die volgende week.  Die enigste manier waarop dit verhoed kan word is om die menslike bevolking met ten minste 25% te sny.  Jy is verantwoordelik om te besluit hoe dit gaan gebeur.

Wat sal jy maak?

Gaan jy ‘n aankondiging maak en sien wie die sterkste is wat kan oorleef?  Gaan jy voor die voet almal bo ‘n sekere ouderdom van kant maak.  Gaan jy oordeel volgens die aanwins wat ‘n sekere individue vir die samelewing is?  Dalk met die tronke begin en kyk hoe groot duik jy aan die 25% kan maak.  Dalk hou jy net nie van blonde mense met blou oë nie of kan jy nie ‘n Australiër voor jou oë verdra nie.

Watter kriteria sal jy gebruik om die wêreld se bevolking uit te dun?

Breinvasbrand:  In watter fliek moet Bruce Willis en Ben Afleck saamspan om die aarde van ondergang te red?

Breinlosbrand:  Olga was reg dat Eugenie die 7de aanspraakmaker op die Britse Troon is en dat Kleinfontein in 1992 gestig is.


Aksies

Information

6 responses

1 08 2013
seegogga

Armageddon . Ag, nee man, hoekom moet ons nou die mense minder maak? dis baie lekkerder om hulle meer te maak!

1 08 2013
Flavia

ek dink juf phoenix die tronke kan n goeie beginpunt wees. kan jy dink hoeveel wrede geweldenaars wereldwyd in tronke is en floreer op die vrees wat hulle saai?

Dan wil ek graag die geleentheid gebruik om jo. te verwittig dat my liewe niggietjie haar nuutste eksamen ook geslaag het. die uhm, kat, uhm ryperd werk wondere.

2 08 2013
Olga

whoop whoop!!!!!!!!
Hier het so skelmpies ‘n nuwe post gekom. Ek dink die mense in beheer van hierdie ou landjie van ons sal ‘n blerrie goeie begin wees. Ek kan al sien hoe dit sneeubal. Omrol Zim toe, van daar Swaziland toe, dan Mosambiek ens. Teen die tyd dat dit in Kuba kom, sal dit al by 40% wees. Dink net hoe daar dan geteel kan word vir die kindertoelae.

2 08 2013
Son

Beslis die tronke – hulle beteken niks vir die samelewing nie

3 08 2013
Klip

As ek iets moet wens staan ek voor in die ry om dit oor te kom.

23 08 2013
J W W

Wel, ek sal kyk na al die 3de wereld lande…. daar waar dit so agterlik gaan… hulle reken ek sal Maklik die 25% opmaak – lets face it… ons het nie sukkelaars nodig nie, nog minder onder ontwikelde barbare nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: